NHSA nog die moeite werd?
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
NHSA nog die moeite werd?
Ek moet einde Julie my lidmaatskap by my huidige vereniging hernu, maar ek oorweeg dit om van vereniging te verander. My werksure is redelik vas en taamlik lank so ek kom net nie by die vergaderings en georganiseerde skietdae uit nie.
Sal die manne wat tans by NHSA geregistreer is, asb hulle ervaring deel sodat ek n ingeligde besluit kan maak?
Sal die manne wat tans by NHSA geregistreer is, asb hulle ervaring deel sodat ek n ingeligde besluit kan maak?
Groetnis
Philip
Philip
-
Monster
- Sr. Member

- Posts: 361
- Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
Re: NHSA nog die moeite werd?
Dit help baie as jy min tyd het. Sal nie maklik skuif of kan skuif nie.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: NHSA nog die moeite werd?
Ek het laas jaar Augustus oor gegaan na NHSA toe moes dit al lankal gedoen het..
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: NHSA nog die moeite werd?
Geen issues nie en maklik om te onderhou, sonder enige foeffies
Sal nie maklik skuif nie
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Sal nie maklik skuif nie
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Last edited by jdpretorius on Thu May 31, 2018 7:27 pm, edited 1 time in total.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Dit is nie jou tradisionele jagters vereniging nie, maar hulle is baie professioneel en effektief in die manier hoe hulle dinge doen. Ek is self 'n lid en sal dit aanbeveel. Om my toegewyde status te behou moet ek 3 aktiwiteite per jaar op my eie tyd voltooi en elektronies instuur. Baie maklik en eenvoudig.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Ek is al Baie lank lid by NHSA en Nog baie gelukkig daar.
Soos genoem veral as jy nie baie tyd op hande het nie.
Soos genoem veral as jy nie baie tyd op hande het nie.
- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 562
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Ek is 200 dae van die jaar uit die land uit, dit werk vir my perfek.
Ek het dedicated hunting en sport shooting status deur hulle. Om dit te behou elke jaar is so maklik soos 3 keer in die jaar skietbaan toe gaan en een van hul teikens skiet wat jy uitprint van die website af. Jy laat jou pel ook op hom teken, scan hom in en laai hom op die website, so neem jy basies aan hul posliga deel en hy wys automaties as 'n actvity.
Ek was lui die laaste tyd, maar wil nou 'n punt daarvan om elke keer as ek by 'n skietbaan kom ten minste een van hul teikens te skiet en op te laai, dis 'n maklike manier om te bewys jy is aktief by jou volgende lisensie aansoek.
Ek gaan nou aansoek doen vir 'n Howa 223 onder Sec 16 dedicated sport shooting en Legally Armed het net gevra vir my login details om al my activity reports en sertifikate te download en het 'n endorsement ook gekry.
Alles doen jy op hul website, baie professioneel en baie maklik.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Oom Pieter het verlede jaar aangesluit, na my aanbeveling, en nou is hy n 105 dus betaal hy nie meer lede geld nie, maar is nou lewenslank n lid. Hulle voorsien jou van n gratis endorsement by elke vuurwapen lisensie aansoek. Kaapjag vra R140 vir n endorsement.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Beslis die geld werd!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Ek werk enige denkbare tyd van die dag of die nag. Daar is soms n oggend los om gou n varkie te gaan soek of kruit op n skietbaan te brand. Dit tel alles om die statusse in stand te hou.
Skiet of soek of herlaai; kry die bewys reg; stuur dit oor die epos op jou foon. Afgehandel.
Skiet of soek of herlaai; kry die bewys reg; stuur dit oor die epos op jou foon. Afgehandel.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: NHSA nog die moeite werd?
As jy reeds sportskiet status het by SAJWV, kan dit oorgedra word ba NHSA of moet jy weer deur toetse gaan?
Groete
Ruan
Sent from my iPhone using Tapatalk
Groete
Ruan
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Sover ek weet kan jy dit oordra. Beste sal wees om hulle 'n email te stuur en self te vra.musgrave270 wrote:As jy reeds sportskiet status het by SAJWV, kan dit oorgedra word ba NHSA of moet jy weer deur toetse gaan?
Groete
Ruan
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: NHSA nog die moeite werd?
Wat is hulle lidmaatskap fooie?
And as thy days, so shall thy strength be
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Hier is n skakel na hulle webtuisteSwede wrote:Wat is hulle lidmaatskap fooie?
https://natshoot.co.za/about-nhsa/e-cat ... rship-fees
Groetnis
Philip
Philip
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Dankie manne. Dit lyk my dan tog soos die roete wat ek gaan volg.
Groetnis
Philip
Philip
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Ek skiet basies net Steel Challenge en kleiduif en dis nie 'n ding waarvoor jy kan toegewyde status ontvang nie. Jy kan dit wel as 'n sportskiet aktiwiteit lys in NHSA as deel van jou verpligte 3 aktiwiteite per jaar. Selfde met kleiduif skiet of gongs of pin shooting, ens. Solank as wat dit 'n amptelike kompetisie is en jou naam kom op in die uitslae. Sodoende kan jy jouself blootstel aan 'n hele paar disiplines sonder om aan elke liggaam ledegeld te moet betaal voordat jy finaal 'n besluit geneem het. En dan skiet ek natuurlik NHSA se postals met die 9mm en van nou af met 'n windbuks (ek "skiet hom in vir die kleintjie wat oppad is" as iemand my vra).
Of so iets
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Net so bietjie terugvoering
Ek het Vrydag my aansoek deurgestuur en betaal. Dis binne 15 minute aanvaar en e-posse met tersaaklike inligting het terselfdertyd arriveer.
Ek het ook sommer dadelik aansoek gedoen om my eie skietbaan te gebruik vir amptelike skiete en het gisteraand die e-pos ter bevestiging ontvang. Regtig n baie aangename ervaring tot dus vêr.
Ek het Vrydag my aansoek deurgestuur en betaal. Dis binne 15 minute aanvaar en e-posse met tersaaklike inligting het terselfdertyd arriveer.
Ek het ook sommer dadelik aansoek gedoen om my eie skietbaan te gebruik vir amptelike skiete en het gisteraand die e-pos ter bevestiging ontvang. Regtig n baie aangename ervaring tot dus vêr.
Groetnis
Philip
Philip
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Hulle spring nogal. Dis so verfrissend om vinnige diens te kry in Suid-Afrika. Kan jy jouself indink as Telkom en SAPD so flink was.Philip J wrote:Net so bietjie terugvoering
Ek het Vrydag my aansoek deurgestuur en betaal. Dis binne 15 minute aanvaar en e-posse met tersaaklike inligting het terselfdertyd arriveer.
Ek het ook sommer dadelik aansoek gedoen om my eie skietbaan te gebruik vir amptelike skiete en het gisteraand die e-pos ter bevestiging ontvang. Regtig n baie aangename ervaring tot dus vêr.
Of so iets
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
So hoe maak mens met toegewyde status by hulle? Skryf jy in en betaal as normale jagter of skieter en doen jy dan aansoek vir jou toegwyde sportskiet status?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Jy sluit by hulle aan, betaal en wag vir jou lede portal. Dan op jou login page doen jy aansoek vir toegewyde status en maak die betaling, hulle stuur dan vir jou CD's met studiemateriaal op. Wanneer jy dan hard geswot het log jy in op jou portal en skryf die aanlyn toets. Dan stuur jy vir hulle 'n amptlikke teiken wat jy geskiet het en binne 'n dag of wat is jou status goed gekeur.Capt. Oblivious wrote:So hoe maak mens met toegewyde status by hulle? Skryf jy in en betaal as normale jagter of skieter en doen jy dan aansoek vir jou toegwyde sportskiet status?
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
Cappie, ek het nog nie daardeur gelees nie. Ek het nog nie toegewyde statusse nie. Al die inligting oor hulle vereistes is goed uiteen gesit op hulle webtuiste. https://natshoot.co.za
Groetnis
Philip
Philip
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: NHSA nog die moeite werd?
Presies soos Jacques dit noem. Baie eenvoudig.
Om jou status te behou moet jy 3 geverifieerde aktiwiteite n jaar doen, soos postal shoots, jagte etc.
Om jou status te behou moet jy 3 geverifieerde aktiwiteite n jaar doen, soos postal shoots, jagte etc.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: NHSA nog die moeite werd?
JacquesT (Stompe) wrote:Jy sluit by hulle aan, betaal en wag vir jou lede portal. Dan op jou login page doen jy aansoek vir toegewyde status en maak die betaling, hulle stuur dan vir jou CD's met studiemateriaal op. Wanneer jy dan hard geswot het log jy in op jou portal en skryf die aanlyn toets. Dan stuur jy vir hulle 'n amptlikke teiken wat jy geskiet het en binne 'n dag of wat is jou status goed gekeur.Capt. Oblivious wrote:So hoe maak mens met toegewyde status by hulle? Skryf jy in en betaal as normale jagter of skieter en doen jy dan aansoek vir jou toegwyde sportskiet status?
Kan jy nie maar langs my kom sit met die eksamen nie?
Dankie manne, ek het vrydag al die nodige goed op hul site gedoen en sien hull het vir my n email gestuur, ek sal dan maar maar maak soos Jacques se en die res doen vir toegewyde status
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.