Verskillende pryse

Post Reply
ablm468

Verskillende pryse

Post by ablm468 »

Ek het nou bietjie op die web rondgesoek vir pryse op 'n Nikon Monarch 8-32x 50 Scope, dit is opngelooflik hoe die pryse verskil.

Safari and Outdoor        R7000
Wantitall                      R 10277
Huntersboma                R7400
Gunshoppe                    R6400
I Warehouse                  R7129

Van heirdie manne wil mens lekker vir 'n ride vat, hoe kan een ou dit vir R6400 verkoop en die volgende ou vir R10277????????????

Mens moet maar jou oe oop hou?

As iemand weet van 'n winkel wat die goed nog goedkoper verkoop, laat hoor van julle ek is in die mark vir een.


Hansman
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Verskillende pryse

Post by Koos Barnard »

Dags?
Miskien kan ek verduidelik hoe van die pryse werk. Groothandelaars (suppliers) het 'n spesifieke prys wat hulle vra. Dan is daar 'n sogenaamde MAP prys (dit is die Minimum Advertised Price wat die groothandelaar aan die kleinhandelaar stel). Dan volg die voorgestelde retail prys. Kleinhandelaars kan dus enige prys vra iewers tussen die groothandelprys en die voorgestelde retailprys. Die groothandelaar wil gewoonlik nie h? 'n kleinhandelaar moet onder die MAP verkoop nie want dan ondergrawe hy ander kleinhandelaars se pryse. Maar daar is eintlik niks wat die kleinhandelaar verbied om dit te doen nie. Onthou ook dat sogenaamde stockists (kleinhandelaars wat voorraad dra) nog afslag op die groothandelprys kry. En nou het jy die groot prysverskil wat verskillende kleinhandelaars vra. Die ouens wat baie lae pryse vra (internethandelaars is sulkes) het gewoonlik nie overheads wat betaal moet word nie en is bereid om op omset te werk in plaas van groter winste per item. Handelaars wat goedkoop scopes verkoop maak dus min op daardie betrokke item maar sal weer duurder vra vir ander items. Dis alles 'n speletjie van vraag en aanbod en hoe om jou kompetisie te uitoorl?.
Groetnis
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Verskillende pryse

Post by blaser »

Ja en die beter handelaar voer self in en skip die groothandelaar
Post Reply