Stella dubbel moord

Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Stella dubbel moord

Post by NicoSmit »

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... uismoorde/
Die 19 jarige seun wat Saterdag inhegtenis geneem is vir die Hoërskool Stella dubbel moord is 'n jong jakkals jagter van die omgewing .Kan nie glo dat die seun so iets kon aanvang nie .Ek het hom onlangs by 'n jakkalsjag kursus ontmoet en hy het na 'n aangename en nedrige jong man gelyk.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Stella dubbel moord

Post by win270 »

Geweldig tragies en groot implikasies.
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Stella dubbel moord

Post by Kolhasie »

en ek het 2 weke trug besigheid gedoen met hom
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Stella dubbel moord

Post by OosKaapJagter »

Die foto's van die verdagte op Maroela Media wys waar hy sit voor 'n paar jakkalse wat hy geskiet het, asook een waar hy voor 'n springbok sit.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... e-bekend1/
Kyk net hoe vinnig ontaard die kommentare in 'n anti-jag agenda. Dit is in die lyn van enigiemand wat onskuldige diere so kan doodskiet, is tot sulke dinge in staat. Die onskuldige jakkalse speel tog so lekker met wildsbokke en skape se lammers in die natuur. Biltong kry jy ook in pakkies in die supermark, so waarom moes die onskuldige springbok so afgemaai word. Dit "bewys" die mannetjie se inherente boosheid.
Wees dus maar bedag op hoe jagfoto's versprei word.
Eendag gebruik jy dalk net jou wapen vir noodweer. Dan word sulke sosiale media foto's gebruik om jou "inherente sadistiese aard" aan te toon. Kyk hoe was Oscar se video oor die "zombie stopper" rondtes teen hom gebruik, al was dit geheel en al irrelevant in sy saak.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stella dubbel moord

Post by JJV »

Tyd om die doodstraf terug te bring, hulle gaan baie besig wees en daarna gaan ons land ‘n aangename plek wees om te woon en om te besoek. Net my opinie.
Maar ons weet nog nie die regte storie nie, dalk was nog iemand betrokke??


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Stella dubbel moord

Post by henried »

NicoSmit wrote:https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... uismoorde/
Die 19 jarige seun wat Saterdag inhegtenis geneem is vir die Hoërskool Stella dubbel moord is 'n jong jakkals jagter van die omgewing .Kan nie glo dat die seun so iets kon aanvang nie .Ek het hom onlangs by 'n jakkalsjag kursus ontmoet en hy het na 'n aangename en nedrige jong man gelyk.
Ai, Leon het my nou net laat weet...
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Stella dubbel moord

Post by Ds J »

Goeiemore, ek is in 'n mate betrokke by die saak.

Ons gemeenskappie op Stella is geskok en stukkend. Dit was onverwags en het diep ingeslaan. Daar is nog baie vrae wat onbeantwoord is.

Gerugte en stories sirkuleer alreeds. Sommige is heeltemal verkeerd, ander is gebaseer op hoorsê of vermoedens. Die berigte in die media bevat ongelukkig ook foute.

Ek wil almal ernstig en dringend versoek om u nie te veel te steur aan die berigte en bespiegelings nie, totdat die hofsake ens afgehandel is.

Bid asb vir die ouerpare en vriende - hulle het dit baie nodig.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Stella dubbel moord

Post by win270 »

Ek stem saam, Ds J. Gedurige spekulasie hieroor en selfs veroordeling is nie nou ter sprake nie. Dis egter GEWELDIG tragies en 'n baie hartseer storie. Sterkte, wat ookal jou betrokkenheid behels.
BandK
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm

Re: Stella dubbel moord

Post by BandK »

Hierdie is TRAGIES die familie en vriende van die slagoffers en die beskuldigde is in ons gebede.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Stella dubbel moord

Post by matewis »

Sterkte daar vir julle gemeenskap Ds
Post Reply