Riempies (Revo) wrote:My opinie is beslis genoeg "Gun". Daar is min kalibers wat so goed penetreer soos 6.5. E
Onthou toe ek gesê het "enough gun" dan verwys ek net na die kombinasie.
Soos byvoorbeeld 'n 270 met 110gr Vmax is nie 'n 270 met 160gr partitions nie.
Daar is nie te veel fout met die kaliber hier nie, maar dan moet mens ook appels met appels vergelyk. Die woord legendaries word gebruik as mense praat van die 6.5 se penetrasie.
Daai reputasie is NIE bekom deur die manier hoe mense die kaliber vandag gebruik nie. Daai jare was dit either solids, of lang en swaar punte met baie höe SD's.
N 156gr 6.5 punt se SD is .320 = wow
N 136gr 6.5 punt se SD is .279 = nie wow, niks spesiaal
Om die waarheid te sê dis maar net n 270 met 'n 150gr punt se SD.
So elke keer as ek hoor hoe goed penetreer 'n 6.5 dan vra ek altyd die ou hoekom, die antwoord is altyd want die 6.5 het 'n baie hoë SD, en as ek hom dan vra wat sy punt se SD waarde is dan het hy geen clue nie.
Op 'n ander forum het 'n ou nou al 'n paar duisend diere met die 6.5 geskiet, en hy is die eerste persoon om te noem daar is absoluut niks magical aan 'n 6.5 nie. Ek glo ook as jy hom vra of die 6.5 die aangewese kaliber is om 'n eland bul mee te tackle gaan hy straight vir jou sê nee, daar is beter kalibers daarvoor.
Ons moet ook in gedagte hou dat baie mense al 'n target punt sien goed penetreer het, met die exit wound wat klein is. Ons weet in hierdie geval het die koeel nie omgeklink nie, nou dit is voldoende om kleinwild vinnig dood te maak, maar skiet 'n eland met 'n punt wat nie oopmaak en die dag kan baie lank word. Een slim ou het eendag gesê jy weet 'n eland bul is so groot soos 'n buffel, en sy bene is net so groot, en mense soek groot kalibers om 'n buffel plat te skiet maar probeer 'n eland met die kleinste.
Nou kyk, dis moeilik om vir iemand so ervare soos Geno te preek, want as ek daar in die veld was met daai kombinasie sou ek ook seker die skoot gevat het. Maar as ek by die huis is, en ek BEPLAN nog die jag, nee wat, die 270’s en 308’s en goeters moet bietjie wag, die 338 steek sy hand op, want hy kan daai job doen, with room to spare.