Karin
Yip, welkom hier...
My teorie oor visvang is as volg:
Dis soos manne met "green fingers"..daar waar hy iets plant, groei dit
Sport genies...gewone mense maar maak nie saak watse sport hy probeer nie, hy doen dit altyd goed
Ek glo nie enige mens kan 'n vis rerig uitoorl? nie, maar as jy die "green fingers" van die viswaters is, sal visse byt, en dan kan jy die fynere kunsies ook uit probeer.
Voor ek nog my "ritme" agtergekom het(meer daaroor later), het ek langs 'n Springbok visserman gesit...hy het naderhand sy aas op my hoek vir my gesit, vir my ingegooi daar waar sy aas l? en al die vis op sy eie lyne gevang...niks wou ooit by my byt nie..
Op 'n dag kom ek toe agter dat orals in die bybel waar daar 'n vis storie is, dit gepaard gaan met genade en wonderwerke en dien as 'n teken van God se voorsiening...(daar is baie nie Chritene wat baie meer vis as ek vang, maar dis hulle lewens en ons los mekaar daaroor uit)/.
Daar ontdek ek toe my ritme, raak heeltemal gerelaxed oor alles en siedaar...die vis byt...dan try ek toe al die tricks, stroppe, ase, dieptes ingooi, aasbote ens...maar my ritme/tempo waarteen ek vang bly onveranderd....my seun Dewald(Dewie op die forum), se vang ritme is 3 maal myne.Hy sal 'n vis vang daar waar niemand 'n byt kry nie....MAAR dis sy ritme/tempo en daaraan kan ek niks doen nie behalwe om hom met trots geluk te wens.
Soms gooi jy op die vis en trek 2 op een lyn uit(al 2 keer gebeur)...maar ek het ook al 2 dae omgesit sonder 'n byt..
Die frotste is as jy uiteindelik 'n mooi een vasmaak en jy breek lyn hier by die wal...ek kan dan my eie str@nt met klippe gooi, so teleurgesteld is ek...
Aas aanbieding, dink ek speel wel bietjie 'n rol...onthou, daai vis ken daai water soos jy jou slaapkamer ken...enige "onnatuurlike" ding sal hy uitken.
Afstand is maar 'n debateerbare saak...jy aan diekant van die rivier wil tot aan die anderkant gooi, en die ou daar wil weer jou kant toe gooi

..dit maak mos nie sin nie..ek glo nie ek het al ooit meer as 40m van 'n wal af gevang nie...ek glo visse voer/wei by drop off zones..
Laat die visvang TRIP saam met pelle en familie,die lekker ding wees, en die vis VANG...'n bonus wees...vra enige jagter...'n dag in die veld is altyd lekker, as jy iets skiet, is dit 'n bonus.
Jou tyd sal kom....probeer gerus die een...afgeslagte duif (vel ook af)op 'n no3 basshoek, 18 pond lyn...los maar rustig, die baber sal byt.
Hoop ek kon so bietjie die trane in jou o? opdroog
Hiers ander groot vis manne op die forum wat ook graag hulle idees met jou sal deel.
Cheers