Newbie

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
Karin

Newbie

Post by Karin »

Hey julle die si darm ma n oulike site waar mens enige iets kan vra en iemand sal wel n antwoord he of raad he 
Nou vra ek julle met trane in my oe  ek vang vis nou al vi 4 jaar maar nog net 2 gevang  ek gebruik die selle as ane mense maar niks geluk nie  wat ek wel agter gekom het is ek gooi nie vreeslik baie ver nie  so +/- 50-60 m  maak afstand saak?  die tipe strops? hoe jy jou aas moet aansit aan die hoek? en so aan my verloofde en almal vang lekker met die strops at ek vi hulle maak maar dit werk nie vir my nie.  Eks ook al moedeloos
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Newbie

Post by Naas »

Hallo Karin

Welkom op die foorum.Moet se jy het deersetings vermooe,

Die mense hier het altyd raad.Ek sal nie kan help nie.net as
jy die visse dalk wil begin skiet.

Hoop jy geniet dit hier.

Naas Potgieter
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Newbie

Post by Cobus(Cobb) »

Karin

Yip, welkom hier...

My teorie oor visvang is as volg:

Dis soos manne met "green fingers"..daar waar hy iets plant, groei dit
Sport genies...gewone mense maar maak nie saak watse sport hy probeer nie, hy doen dit altyd goed

Ek glo nie enige mens kan 'n vis rerig uitoorl? nie, maar as jy die "green fingers" van die viswaters is, sal visse byt, en dan kan jy die fynere kunsies ook uit probeer.

Voor ek nog my "ritme" agtergekom het(meer daaroor later), het ek langs 'n Springbok visserman gesit...hy het naderhand sy aas op my hoek vir my gesit, vir my ingegooi daar waar sy aas l? en al die vis op sy eie lyne gevang...niks wou ooit by my byt nie..

Op 'n dag kom ek toe agter dat orals in die bybel waar daar 'n vis storie is, dit gepaard gaan met genade en wonderwerke en dien as 'n teken van God se voorsiening...(daar is baie nie Chritene wat baie meer vis as ek vang, maar dis hulle lewens en ons los mekaar daaroor uit)/.
Daar ontdek ek toe my ritme, raak heeltemal gerelaxed oor alles en siedaar...die vis byt...dan try ek toe al die tricks, stroppe, ase, dieptes ingooi, aasbote ens...maar my ritme/tempo waarteen ek vang bly onveranderd....my seun Dewald(Dewie op die forum), se vang ritme is 3 maal myne.Hy sal 'n vis vang daar waar niemand 'n byt kry nie....MAAR dis sy ritme/tempo en daaraan kan ek niks doen nie behalwe om hom met trots geluk te wens.

Soms gooi jy op die vis en trek 2 op een lyn uit(al 2 keer gebeur)...maar ek het ook al 2 dae omgesit sonder 'n byt..
Die frotste is as jy uiteindelik 'n mooi een vasmaak en jy breek lyn hier by die wal...ek kan dan my eie str@nt met klippe gooi, so teleurgesteld is ek...

Aas aanbieding, dink ek speel wel bietjie 'n rol...onthou, daai vis ken daai water soos jy jou slaapkamer ken...enige "onnatuurlike" ding sal hy uitken.

Afstand is maar 'n debateerbare saak...jy aan diekant van die rivier wil tot aan die anderkant gooi, en die ou daar wil weer jou kant toe gooi  ???..dit maak mos nie sin nie..ek glo nie ek het al ooit meer as 40m van 'n wal af gevang nie...ek glo visse voer/wei by drop off zones..
Laat die visvang TRIP saam met pelle en familie,die lekker ding wees, en die vis VANG...'n bonus wees...vra enige jagter...'n dag in die veld is altyd lekker, as jy iets skiet, is dit 'n bonus.

Jou tyd sal kom....probeer gerus die een...afgeslagte duif (vel ook af)op 'n no3 basshoek, 18 pond lyn...los maar rustig, die baber sal byt.

Hoop ek kon so bietjie die trane in jou o? opdroog
Hiers ander groot vis manne op die forum wat ook graag hulle idees met jou sal deel.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Karin

Re: Newbie

Post by Karin »

More julle 

Dankie Cobb en Naas 
Ekt jou stukkie gelees en ja dit maak my al beter voel 
Al ons vis vang trips was vir my die lekkerste. Ons gaar reeds die naweek weer bietjie visvang daar by Roodeplaat dam  baie lekker plek daar gekry
Dis n private stuk grond op 'n ou se plot oorkant Pebble rock  Baie lekke plekkie en nogal bedrywig  daar is welnet 10 staan plekkies maar glo myhulle is almal gevat

Die uitkamp is vir my die lekkerste van alles die rustigheid, lekker kuier saam met vriende en familie, tot my broer het dit al begin like , en hy was nooit regtig iemand vir dit nie maar ek glo hy het besef kamp is lekker en dit gee n mens kans om net bietjie buite jouself te wees en te relax en vars asem skep  hier ini stad lewe kry mens nie so n kaans nie

So moedeloos as wat ek is gaan my 2 pink stokke altyd  saam, hulle altwee gaan water toe  ek vra gewoonlik my verloofde om net 1 een vir my in te roei en die ane een om mee te gooi en nuwe goed te try 
my eerste vis wat ek gevang het was ook by roodeplaat gewees  my was so n halwe kilo  ekt hom gevang met daai berry flavoured jellytots gevang  dit was nogal oulik  dis maar ek daai ek sit enige iets aan my hoek  ekt al kfc se hoenerbene ook al getry  en die been het nie saam terug gekom toe ek my lyn uithaal nie  so ek glo die vis het lekke kfc geeet mar nie die hoek saam geeet nie

Maar dis soos jy se ek moet net geduldig wees.  my stokke gaan nog mal hardloop .
Ek het so n groot belangstelling in visvang ontwikkel ek het selfs opi internet vislyn knope gekry en geoefen  ek kan nou al 3 doen en vis my is dit baie lekker om sulke goed te weet en te kan doen stroppies vou doen ek al toe oe  hehe  want die in die winkels is nie so sterk nie .

eks regtig baie lief vir visvang en alles wat daarby saam gaan  al vang ek nooit iets nie sal ek dit nooit ophou doen nie
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Newbie

Post by PITSMIT »

welkom karin

gebruik denamiet soos crocodile dundee hahaha ;D ;D ;D

hoop jy geniet die forum soos naas se ons sal hulle vir jou kom skiet hehehe :o
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply