Effek van knaldemper op .300WinMag

Post Reply
langloop

Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by langloop »

Kan iemand my asseblief 'n aanduiding gee van die effek van 'n knaldemper op die recoil en report van 'n 300Win Mag.  Hoe geskik sal die kaliber (nadat 'n knaldemper opgesit is) wees vir probleemdiere gegewe 168g of 180g punte?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by BLOK »

Langloop

Ek skiet met n 300H&H en voor ek die demper opgesit het kon my suster van 23 nie met die geweer skiet nie, hy het haar staande een dag gestamp dat sy op haar gat sit. Nou dat hy op is skiet my seun wat graad 3 is skoot vir skoot met hom. Aan die begin het dit gewoond geraak om hom te gebruik maar nou haal ek hom net af as die geweer kluis toe gaan. Wat loop wip betref dit is ook aansienlik beter en ek kan nou sien waar die skoot val.

Wat jakkals skiet is dit seker nie die beste kaliber om te gebruik nie meer oor die duur prys van patrone maar myne loop stroopsoet met 150g Nosler balisstic tips moet net byvoeg jy skiet n tonnel deur n jakkals. Ek wag nog vir die 243 se liksens so wat ek aangeskaf het vir die jakkals ding.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Naas »

Langloop.

Die dempers maak n groot verskil,
Ek het een op my 270,en moet se,voorheen het
ek dit gehaat om van die bankie af te skiet op die baan.net omdat
hy my laater in n kopseer in geskop het,maar nou sal ek heeldag daar sit en skiet.

Wat die Jak roer aangaanIs dit net soos blok se.eenege kalieber sal werk,han net af hoefeel jy wil betaal
vir die amo.Ek gebruik my 270 vir die jakke.want dis al wat ek op die oomblik het.Die hone is net partymaal
so bietjie te stukkend dan los ek hulle maar net daar waar hulle geskiet is.

Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
langloop

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by langloop »

Dankie Ludwig.

Ek het bietjie gaan lees.  Interessant dat een lid beweer sy 300WM klap nou so hard soos 'n 223!

Ongelooflik!  Klink of ek reeds te lank gewag het!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Geno »

Corniel,
Daai Ruger van jou sal stroopsoet loop met 'n KD op!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Vosman »

Jy sal nie 'n fout maak met 'n kd nie.
My 308 klink soos 'n 22 hornet, en skiet soos 'n droom.
langloop

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by langloop »

Hi Geno,

Ek is vreeslik beindruk met die KD en decelerator pad op Vince (jagmaat) se 270.

Dit klink of Clarence se KD baie hoog aangeskryf word.

Ek hoor Tewis bou ook goeie KD.

Is die twee vergelykbaar, of kom dit neer op persoonlike smaak?

Groete

Langloop
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Geno »

Nauta,

Ek het Clarence se KD op my .25-06, hy werk baie goed. Ek ken nie Tewis se produk nie.
Wie se KD het Vincehond op sy .270?

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
langloop

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by langloop »

Hi Geno,

Sal laat weet sodra ek 'n antwoord het.

Ek weet Nic Roets (van SAJWV-faam) praat met groot lof van 'n geweersmid wat KD maak in Bloem.  Die geweersmid is 'n paar keer genoem in die Brits omgewing.  Onseker of dit wel Clarence is.

Groete

Langloop
langloop

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by langloop »

Hi Geno,

Vince se hy het sy KD by dieselfde plek opgesit waar jy joune opgesit het.  :)

Waar het jy jou KD opgesit?

Langloop
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Geno »

My 308 se kd is deur Kevan Healy gemaak, en die .25-06 se kd deur Clarence....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Piet Breedt »

Hier by ons waar ons baie tussen die beeste jakkalse skiet, sou ek ietwat ligtig wees om met so n groot kaliber wat oor penetreer soos die 300Win Mag te skiet. Maar as dit al is wat mens het, sal hy werk. Mens moet net ekstra seker maak van wat agter die jakkals is, maar partykeer gaan dit maar dol soos hulle inkom. n KD gaan beslis baie van die skop wegneem en hom baie gebruikers vriendelik maak.
Pottie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Pottie »

Hallo, ek oes wild met my 300WM, en ek gebruik hom net met die knaldemper. Die voordele van die KD is so groot bo die oop loop dat dit vir enige ernstige skut n moet is om die KD te laat opsit. Op beide die skietbaan en die jagveld gaan jy n baie gewilder kollega wees as jou 300WM so bietjie stiller is. Gaan sit gerus voor in n bakkie en laat iemand n skoot met hom hier oor die dak laat loop, ek kan jou verseker jy sal liewer vir jou skoonma en Juiliuls Malema wees as vir hom. As mamma nie die modifikasie wil toelaat nie laat sy voor inni bakkie sit.
My 300WM was lank net n rak geweer oor hy geskop het soos Naas Botha nie kon nie, nou het hy al sy tweede loop op en wat n plesier is dit nie om met hom te skiet nie. Oom Dirk Human van Bobaas Knaldempers op De Aar het myne op gesit en ek kan hom met vrymoedigheid aanbeveel.
Geniet jou 300WM, dis n puik geweer, en dis n MAN se geweer. 
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 502
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Fanie Nel »

langloop
ek het een op my 300wsm en vat skop omtren heeltemal
weg, en klap verseker nog sagter as n 223. As ek moet se klap
die 300 met kd op omtrent soos my pa se 22 hornet.
Groete
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Petrie303 »

Hoe lank en dik is die kneldempers en hoeveel weeg hulle?

Weet dit werk lekker van skietstoel af ma gan dit nie bietjie ongemaklik wees as mens met hom moet loop in die bos as mens 'n 24 duim loop het nie op mens se 300 nie?

Groete,
Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by Chevvy SS »

My groot vraag met KD is of dit enigsins spoed be?nvloed?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by BLOK »

Ek loop en skiet ook met my KD op, al wat ek gedoen het is my geweer belt omgedraai en loop nou met die geweer se punt na onder plaas van bo.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by James Wilson »

My 300 het n 26 duim loop, dit het een keer se jag gevat om die kd gewoont te raak. Ek (kan nie) dink ek sal sommer weer sonder die kd jag nie. Geen van my gewere se spoed is beinvloed deur kd's nie.my groeppe het wel marginaal kleiner geword
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
coco
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 23, 2011 1:28 pm

Re: Effek van knaldemper op .300WinMag

Post by coco »

Hallo Manne

Ek skiet ook met 300WM. Het eers sonder KD geskiet. Lank gevat om te besluit maar nou dat ek dit op het sal ek nooit weer daarsonder kan gaan nie. Dit het my groepe bietjie kleiner gemaak, maar meer as gevolg van die recoil wat gedemp word. Ek het die refleks tipe opgesit. Dit is die een wat terug oor die loop skyf. Dit is +/- 24cm lank skyf halfpad terug oor die loop en is 40mm dearsnee.

Ek stem saam met my ander kolega, dit is nou deel van die geweer.
Post Reply