Page 1 of 2

Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Fri Mar 09, 2018 9:15 pm
by HennieL
Dagsê vriende,

Ek herlaai al vir so net minder as 40 jaar, en het die laaste klompie jare kontak verloor met wat tans die " latest & greatest" in die herlaaiwereld is (ek laai bv. nog 30 kal. Sierra Match King punte wat ek gekoop het vir R25.69 per boksie van 100 ++>: ).

My huidige skaal is 'n RCBS 5-0-5 wat ek seker so 35 jaar gelede gekoop het. Die skaal het al beter dae geken, en die mespunte is al redelik stomp - gevolglik is hy nie meer so akkuraat as wat ek sou wou gehad het nie, en is ek dus op soek na 'n nuwe skaal. My vriend Google het my nou egter redelik deurmekaar... daar is eenvoudig te veel nuwe skale om van te kies...

My eerste vereiste is dat die skaal baie akkuraat en herhaalbaar moet wees, en ek sal dus 'n meganiese balkskaal wat baie akkuraat is verkies bo 'n minder akkurate elektroniese skaal. Ek sal egter verkies om 'n elektroniese skaal te gebruik aangesien ek deesdae 'n bietjie sukkel om mooi naby te lees, en dit in die toekoms waarskynlik nie beter sal word nie... Ek sal ook 'n skaal verkies waarmee ek doppe en punte ook kan weeg, maar weereens is die kruit weeg die belangrikste.

Wat sal julle manne aanbeveel.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Fri Mar 09, 2018 9:32 pm
by JPS
Rcbs 1010

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Fri Mar 09, 2018 9:38 pm
by wlm
Peregrine se elektroniese skaal.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Fri Mar 09, 2018 9:50 pm
by HennieL
Dankie vir die inligting sovêr.

Kan julle asseblief so 'n bietjie uitbrei en sê hoekom julle die spesifieke aanbevelings maak. Ook asb meer inligting gee aangaande die betrokke skaal wat aanbeveel word - dit sal dan net makliker vir my wees om 'n finale besluit te maak.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Fri Mar 09, 2018 10:11 pm
by wlm
Hennie ek het ook aan balkieskale geglo. Die konsep is lekker betroubaar en maklik om te gebruik. Het ondervinding van 2X Lyman en 2 x RCBS balkieskale en nie een het my nog in die steek gelaat nie. Het later 'n 2dehandse Lyman elektroniese skaaltjie gekoop. Dis net makliker om doppe met hom te weeg en ook om dopvolumes vir Quickload-berekeninge te bepaal. Ek het hom ook vir kruit afweeg gebruik. Hy werk goed maar ek wou hom nooit heeltemal vertrou nie. zero hom maar kort-kort en "cross-check" met 'n balkieskaal. Ek is veral onseker as ek bv. 39.9 gr. kruit gooi met 'n kruitgooier en dan na 40gr. beweeg met 'n kruitdrupper. Die skaaltjie het dan so 'n tipe "time-lag" wat ek nie vertrou nie. Ek kry beter resultate deur dan die pannetjie af te haal van die skaal, paar korrels by te sit en weer te weeg.
Die Peregrine het ek maar onlangs gekoop. Sy goeie eienskappe vir my is:(1) ingeboude waterpassie wat opstel vergemaklik, (2) geen "time-lag" nie, ek kan kruit soos S365 letterlik korrel vir korrel by gooi en kyk hoe die gewig verander, (3) hy hou sy zero, (4) meet tot 1/100 van 'n grein vir regtig anale ouens wat presies wil meet en ek het vertroue in die Peregrine-handelsmerk.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 6:35 am
by HennieL
Dankie Wim,

Dis die tipe inligting wat vir my baie werd is.
...meet tot 1/100 van 'n grein vir regtig anale ouens wat presies wil meet
Ek's een van daai soort ouens ;D

Het iemand dalk al oorweeg om 'n chemiese skaal (balans is seker 'n meer korrekte term...) wat 'n .001 gram resolusie het te gebruik? 0.001 gram is 0.015 grein, wat nog steeds baie meer akkuraat is as die " gewone" herlaai skale wat beskikbaar is? Die herlaaiskale is tog almal maar net gewone skale wat ge "rebrand" is met bv. RCBS of Hornady se naam daarop. Die RCBS se 5-0-5 balk skaal was bv destyds deur Ohaus skale vervaardig en is daarna net groen geverf... weet egter nie van moderne skale nie...

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 7:40 am
by JPS
Ek het die 1010 voorgestel as jy meganies wil gaan soos geskryf was in die eerste post.

Ek self genruik nou ‘n A&D met autotrickler. Dink nie daar is komersieel beter kombinasie vir dit op die oomblik beskikbaar nie.

Dit vergemaklik herlaai werk baie en maak oruit gooi baie vinnig ek kan bv. So 100 tot 120 rondtes se kruit gooi in 1 uur. En dan is dit baie baie presies agemeet.

Die nadeel is natuurlik die prys, die koste is ongeveer 17K nou by CMh en 20K plus by ander verskaffer.

Meganies is die 1010 nog altyd die beste een beskikbaar sover my kennis strek. Ek het nog die Auhaus model.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 8:02 am
by HennieL
Dankie vir die terugvoer, JPS
JPS wrote:Ek het die 1010 voorgestel as jy meganies wil gaan soos geskryf was in die eerste post.
My eerste post was seker 'n bietjie onduidelik - Ek sal 'n akkurate elektroniese skaal verkies, maar sal eerder 'n akkurate balkskaal gebruik as 'n minder akkurate elektroniese skaal.
Die nadeel is natuurlik die prys, die koste is ongeveer 17K nou by CMh en 20K plus by ander verskaffer.
Sjoe, ja... dis so 'n bietjie buite my prysklas... Ek is bereid om so R5k tot R6k te betaal, maar ek skiet nie so baie (of so akkuraat...) dat 'n R17k skaal geregverdig is nie.

Van wat ek al vanoggend op die internet gelees het, en ook van Wim se aanbeveling, lyk die Peregrine na 'n wenner. Ek sal tog nog 'n tydjie wag om te kyk of daar ander aanbevelings gemaak word voordat ek die finale besluit maak.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 10:08 am
by Malan123
Ek het 'n MyWeigh Gempro250 gekoop en is baie gelukkig met hom. Hy is bitter sensitief en weeg tot 'n 100ste van 'n grein

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 10:40 am
by Geno
Kyk gerus na Scalerite se NHB150

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 11:14 am
by wlm
Geno wrote:Kyk gerus na Scalerite se NHB150
Prys Geno?

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 12:34 pm
by Pvdw
Geno wrote:Kyk gerus na Scalerite se NHB150

http://www.scalerite.co.za/balances.htm

Kyk hier.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 1:09 pm
by Geno
wlm wrote:
Geno wrote:Kyk gerus na Scalerite se NHB150
Prys Geno?
Kontak gerus vir Rupert hier op die forum. Hy is die agent.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sat Mar 10, 2018 8:11 pm
by HennieL
Malan123 wrote:Ek het 'n MyWeigh Gempro250 gekoop en is baie gelukkig met hom. Hy is bitter sensitief en weeg tot 'n 100ste van 'n grein
Geno wrote:Kyk gerus na Scalerite se NHB150
Albei hiedie skale is kommersiële chemiese skale. Hoe "perform" hulle as jy bv. kruit stadig in "trickle" - ek het gelees dat baie van die herlaaiskale nie baie sensitief is vir klein veranderings, soos wanneer mens "trickle" nie, en vermoed dat hierdie skale dalk dieselfde probleem sal hê?

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sun Mar 11, 2018 7:39 am
by Malan123
Ek het my skaal al so 2 weke. Hy is bitter sensitief. Verandee met elke korreltjie. Drag is ook baie min. Persoonlik dink ek dis baie skaal vir die.prys

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sun Mar 11, 2018 8:09 am
by J P
Malan, waar het jy jou skaal gekoop? Kan jy asb vir ons 'n aanduiding gee van prys?
Groete

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sun Mar 11, 2018 8:34 am
by Malan123
Ek het myne geskenk gekry. Hy kos omtrent R4000. Kyk op hierdie link.

https://www.wantitall.co.za/homegarden/ ... b004c3i3aa

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Sun Mar 11, 2018 11:32 am
by ruaanb
Geno wrote:Kyk gerus na Scalerite se NHB150
Wenner skaal die. Gebruik ook een

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:06 am
by Joe13
Hi almal, ek sal ook kyk na die voorstelle ek is ook in die mark vir elektronies.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:48 am
by RUPERT
Dankie Geno!!!! Manne ek doen die NHB vir Jaracal menne teen R 3050 excl.

Stuur asb julle navrae na sales@scalerite.co.za en noem asb ook dat jy van Jaracal af is.

Groete

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Mon Mar 12, 2018 10:54 am
by japievan
Hennie

Ek het n tweedehandse peregrine elektroniese skaal wat ek wil verkoop vir R1500. Het tans 4 verskillende skale en probeer maar van die oortollige goed ontslae raak. Hy is nog volledig met al die gewiggies papiere en boks. Laat weet indien jy belangstel kan ek vir jou 'n foto stuur. My nommer is 0846932 nul 69

Groete,

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Mon Mar 12, 2018 5:48 pm
by wlm
Sak so bietjie Jaap, ek het Januarie 'n nuwe een gekoop vir R1 500-00.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:14 pm
by HennieL
Kêrels,

Dankie vir almal se bydrae - dit word opreg waardeer.

Ek het toe besluit op die Peregrine, en het 'n winskoop reg hier in Bloemfontein raakgeloop - R1 100.00 splinternuut (BTW ingesluit) by Die Skietwinkel. Sovêr as ek weet het hulle nog een in voorraad teen daardie prys indien iemand dalk sou belangstel...

Groete tot 'n volgende keer.

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:17 pm
by Rudie
Gee asb terugvoer. Ek het is self tussen die Peregrine en die Scalerite.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Soek aanbeveling vir nuwe skaal

Posted: Mon Mar 12, 2018 8:55 pm
by HennieL
Rudie wrote:Gee asb terugvoer. Ek het is self tussen die Peregrine en die Scalerite.
Rudie, die Scalerite lyk na 'n baie goeie skaal, en ek het ernstig oorweeg om een te koop, maar vir die prys dink ek die Peregrine is 'n wenner. Ek kan nie verder oor die Scalerite kommentaar lewer nie, want ek het nog net een op papier gesien.

Die Peregrine... Dit werk met 4 AAA batterye of met 'n 9V AC kragbron wat ingesluit is by die skaal. Die skaal het 4 knoppies, 'n Aan/Af, 'n Tare, 'n Ucal, en 'n Mode. Die Mode knoppie kies tussen 4 maateenhede, nl 'n gram, 'n karaat, 'n grein, en 'n ons. Die Ucal is die kalibrasie knoppie. Vir algemene gebruik plaas mens die skaal in kalibreringsmode deur eenvoudig hierdie knoppie te drul, en dan 'n 50 gram gewiggie (wat saam met die skaal kom) daarop te sit. 'n Paar sekondes later is die skaal gekalibreer, en kan mens met sekerheid jou kruit afweeg. Die Umode het ook 'n "advanced calibration" mode, wat 'n liniêre kalibrasie doen - dan plaas mens eers 'n 20 gram gewiggie (wat ook met die skaal kom) op die skaal, en daarna die 50 gram gewiggie. Hierdie soort kalibrasie hoef mens nie so gereeld te doen nie...

Die skaaltjie is nogal baie kompak (blerrie klein is seker 'n beter woord) - net 120mm x 110mm x omtrent 70mm hoog.

Die skaal het 'n resolusie van 0.001 gram, wat so 0.015 grein is - al is die akkuraatheid net dubbel die resolusie (0.03 grein), is dit nog steeds baie akkurater as 'n 0.1 grein resolusie balkie skaal (of meeste van die "brand name" elektroniese herlaai skale).

Ek het nog nie ernstig met hierdie skaal herlaai nie, maar dit registreer baie klein inkrimente as mens kruit "trickle".

Ek sal hopelik eerskomende naweek die skaal gebruik vir herlaai, en sal daarna 'n beter opsomming vir jou kan gee.