Ek herlaai al vir so net minder as 40 jaar, en het die laaste klompie jare kontak verloor met wat tans die " latest & greatest" in die herlaaiwereld is (ek laai bv. nog 30 kal. Sierra Match King punte wat ek gekoop het vir R25.69 per boksie van 100
My huidige skaal is 'n RCBS 5-0-5 wat ek seker so 35 jaar gelede gekoop het. Die skaal het al beter dae geken, en die mespunte is al redelik stomp - gevolglik is hy nie meer so akkuraat as wat ek sou wou gehad het nie, en is ek dus op soek na 'n nuwe skaal. My vriend Google het my nou egter redelik deurmekaar... daar is eenvoudig te veel nuwe skale om van te kies...
My eerste vereiste is dat die skaal baie akkuraat en herhaalbaar moet wees, en ek sal dus 'n meganiese balkskaal wat baie akkuraat is verkies bo 'n minder akkurate elektroniese skaal. Ek sal egter verkies om 'n elektroniese skaal te gebruik aangesien ek deesdae 'n bietjie sukkel om mooi naby te lees, en dit in die toekoms waarskynlik nie beter sal word nie... Ek sal ook 'n skaal verkies waarmee ek doppe en punte ook kan weeg, maar weereens is die kruit weeg die belangrikste.
Wat sal julle manne aanbeveel.


