Haelgeweer keuses?!?!

figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Haelgeweer keuses?!?!

Post by figjam »

Hello da!

Ek wil vanjaar vir my 'n haelgeweer aanskaf. Ek het bevoegdheid vir 'n haelgeweer, maar het nie een op my naam nie. Ek woon op 'n plaas en soek 'n lekker all rounder - self verdediging, pesbeheer en moontlik so paar keer 'n jaar bietjie kleiduif skiet as ek die geleentheid kry.

Ek weet dit is moeilik om een ding vir alles te kry, maar van wat ek op die internet al gesoek het en in belangstel is die volgende opsies:


Semi-auto:
1. Mossberg 930 jm pro
2. Benelli m2
3. Beretta 1301 comp

Pompaksie sou ek nie 'n semi-auto kan kry nie:
1. Mossberg 590a1
2. Benelli Supernova
3. Winchester SXP

Uit die aard van die saak is die Benelli m2 duurder en daarom is hy 'n tweede opsie by die semi-auto's. Die benelli supernova is wel goedkoper en langer as die mossberg by pompaksie, maar ek hou maar net meer van die mossberg. Hierdie is maar my voorlopige kortlys. Ek is deeglik bewus dat hierdie goed duur is, maar ek voel dat as ek een keer koop kan ek iets ordentlik koop wat ek actually kan gebruik ipv 'n nice dubbelloop wat net gaan staan in die kluis. Ek wil ook nie die hol uit die hoender ruk wat pryse aanbetref nie, so ek sal my onderhandelings-taktieke ook gebruik of kyk wanneer daar op promosie kom of op die tweedehandse mark ook soek.

ENIGE kritiek is welkom asook voorstelle!

Soos, altyd....julle terugvoer word waardeer!
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Harambe »

Jy sal moet een kry wat chokes vat en ten minste 'n 20 duim loop het. Langer is beter vir kleiduif, maar 20 duim is kort genoeg dat jy hom redelik maklik binnenshuis kan gebruik as jy moet. Veral as jy 'n verstelbare kolf aansit en hom op sy kortste hou as jy nie sports doen nie.

Ek het 'n Khan Atac pompaksie. Dis 'n heel skaflike een en ek het vir hom R4500 betaal. Maar as jy geld het vir 'n Italiaanse haelgeweer, dan koop jy 'n Italiaanse haelgeweer 10/10 keer.
Of so iets
johannvdg
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by johannvdg »

Harambe wrote:Jy sal moet een kry wat chokes vat en ten minste 'n 20 duim loop het. Langer is beter vir kleiduif, maar 20 duim is kort genoeg dat jy hom redelik maklik binnenshuis kan gebruik as jy moet. Veral as jy 'n verstelbare kolf aansit en hom op sy kortste hou as jy nie sports doen nie.
http://www.ctsasa.co.za/wp-content/uplo ... -RULES.pdf
kyk op bladsy 2 onder "Shotguns"
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by obasch »

Daar bestaan eenvoudig nie iets soos 'n "All-Rounder" nie. Jy sal eenvoudig jou behoefte MOET prioritiseer.
Kyk gerus na die volgende in semi-outo:
Winchester SX3
Fabarm L4S
Franchi Affinity
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Krobb »

Lees bietjie op oor die Beretta A300 en A301 semi auto.
Hulle is in die sewentigs en tagtigs deur musgrave aanmekaar gesit met ingevoerde parte van Beretta af.
Ek het nog nooit n skewe woord oor hulle gehoor nie.
Hulle is lig en skop min omdat hulle "gas operating" is.
Hulle is vollop 2 de hands in wapenwinkels vir tussen R4000 en R8000.
Kanniedood haelgewere!

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by figjam »

Dankie sover vir die terugvoer manne! Word waardeer. Krobb en Obasch ek sal beslis gaan verder lees oor daardie modelle. Ongelukkig ken ek nie baie boere hier met semi-auto's nie, beslis nie van die moderne modelle nie. Hier is wel 'n man met 'n mossberg 930 jm pro wat ek kan gaan toets. Johannvdg ek sal bietjie later daai artikel lees. Ekt egter nou al 2 verskillende opinies by mense ook gehoor oor die lisensie. Die wapenwinkel sê ek moet toegewyde jagterstatus he en een persoon wat ek ken reken omdat dit my enigste haelgeweer gaan wees (vir nou) kan ek dit op die gewone lisensie kry met die regte motivering.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Harambe »

johannvdg wrote:
Harambe wrote:Jy sal moet een kry wat chokes vat en ten minste 'n 20 duim loop het. Langer is beter vir kleiduif, maar 20 duim is kort genoeg dat jy hom redelik maklik binnenshuis kan gebruik as jy moet. Veral as jy 'n verstelbare kolf aansit en hom op sy kortste hou as jy nie sports doen nie.
http://www.ctsasa.co.za/wp-content/uplo ... -RULES.pdf
kyk op bladsy 2 onder "Shotguns"
Ek skiet alte lekker kleiduif by Valsbaai, Kraaifontein en selfs Durbanville met my 20 duim pompaksie. Ek weet wel dat as ek na Valley Gun Club toe sou gaan, die omies my skeef sal aankyk omdat hulle ernstig is oor CTSASA. Maar as jy net wil 'n ou rondtetjie skiet vir die genot daarvan, is daar klubs waar jy dit kan doen met 'n pompaksie of semi.
Of so iets
zipp
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by zipp »

Na my mening: Bly weg van die pistoolgreep "tacticool" haelgewere.
die ouer generasie semi's is nie almal toepaslik vir SD. Die Beretta 300/301/302 hou net 3 rondtes in die magesyn.
N pomp aksie sal alles skiet wat jy deur hom will sit, van die semi's is bietjie kieskeurig oor hulle diet, ook met nr 7's.
Die 930 JM pro lyk na n gooie semi - nie persoonlik genoeg ondervinding oor genoeg rondtes nie. ook goedkoper as jou ander opsies.
Beretta 1301 comp is n wonderlikke geweer, net duur.
As jy besluit op pomp Mossberg 590 of selfs 500
As jy die geweer vir SD will gebruik gaan kyk: https://www.youtube.com/watch?v=PibJlzpAMdo
Jy moet vining kan laai vir SD of as jy 3 gun will skiet. Nie alle haelgeweere kan so gelaai word nie.
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by figjam »

zipp wrote:Na my mening: Bly weg van die pistoolgreep "tacticool" haelgewere.
die ouer generasie semi's is nie almal toepaslik vir SD. Die Beretta 300/301/302 hou net 3 rondtes in die magesyn.
N pomp aksie sal alles skiet wat jy deur hom will sit, van die semi's is bietjie kieskeurig oor hulle diet, ook met nr 7's.
Die 930 JM pro lyk na n gooie semi - nie persoonlik genoeg ondervinding oor genoeg rondtes nie. ook goedkoper as jou ander opsies.
Beretta 1301 comp is n wonderlikke geweer, net duur.
As jy besluit op pomp Mossberg 590 of selfs 500
As jy die geweer vir SD will gebruik gaan kyk: https://www.youtube.com/watch?v=PibJlzpAMdo
Jy moet vining kan laai vir SD of as jy 3 gun will skiet. Nie alle haelgeweere kan so gelaai word nie.
Dankie Zipp. Janee ek is nie agter 'n pistoolgreep aan nie. Die 590a1 het fantastiese aftermarket accessories in die Magpul goed. Glo jy sal baie van dit kry vir die 930 jm pro ook. Ek weet SD het oor algemeen korter lope vir makliker rondbeweeg en so. Ek gaan beslis nie in 3 gun kompetisies deelneem nie, hier by ons weet ek nie eens van sulke goed nie.
User avatar
Chant
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Mon Dec 25, 2017 9:43 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Chant »

Ekt n Winchester sx3 gekoop en kan nie wag vir my lisensie nie.

Hoor die m2 is ook baie goed.

Het die pomp aksie sxp al vas gehou.baie nice pomp aksie.net nie seker of hy kan chokes vat nie.

Ek sal persoonlik vir alles wat jy wil doen die cz 712 ook sterk oorweeg.baie goed geprys.kan chokes vat.jy kan n mag extender tube ook opsit.Laaste prys by Safari was so in die omgewing van 10k.


Sent from my iPhone using Tapatalk
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by figjam »

Dankie Chant. Ek sal nog 'n bietjie rondbel. Op die internet kry mens maar skaars pryse en of die shops die modelle aanhou. Safari se website het nooit stock of prys van enigiets nie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Carl »

Vyekonfyt,
Het jy reeds 'n betroubare pistool?
Indien jy 'n ernstige SV wapen soek sou ek al die kriteria 1ste stel en dan probeer om die ander dinge se boksies af te merk. Die haelgeweer is nie 'n towerstaf wat alles regmaak nie, daar is beperkinge en daar is beperkte aanwending. Doen voldoende navorsing hier oor op goeie webtuistes.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Ratel »

Krobb wrote:Lees bietjie op oor die Beretta A300 en A301 semi auto.
Hulle is in die sewentigs en tagtigs deur musgrave aanmekaar gesit met ingevoerde parte van Beretta af.
Ek het nog nooit n skewe woord oor hulle gehoor nie.
Hulle is lig en skop min omdat hulle "gas operating" is.
Hulle is vollop 2 de hands in wapenwinkels vir tussen R4000 en R8000.
Kanniedood haelgewere!

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
My Beretta loop soos stroop selfs met 28gr no 7s. Bietjie lank miskien vir in die huis maar hiervoor het ek my G23 met die regte boontjies. 'n Haelgeweer met Buck 00 is net die medisyne vir 'n klomp "hyenas" wat onskuldige mense aanval verkrag en vermoor.
Maak 'n verskil
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by figjam »

My navorsing het neergekom op die beretta 1301 comp en die benelli m2. Ek le sterk na die benelli toe. 26" of 28"? haha

Ek wil sommer net nog 'n ding hier vra op die topic. Soos ek dit het (en elke 2/3 mense sê dit) kan ek 'n semi-auto haelgeweer koop met toegewyde jagterstatus. Die 3de persoon hou elke keer vol dat ek 'n SLR-bevoegdheid ook nodig het. Kan enige iemand meer informasie hieroor gee asb?
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Ranger »

No need for SLR/HMC competency but you do need dedicated status. Shotgun competency covers all action types. Check your competency book to check for yourself. Have you seen the Benelli M2 SP? Nice gun but I'm a Beretta fan and have a 1301 myself.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by obasch »

Bevestig dat jy semi-outo lisensie kan kry met toegewyde jagterstatus. Het nie selflaai geweer bevoegdheid nodig nie.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Harambe »

Ja die ouens wat seg jy't self-loading Rifle bevoegdheid nodig se so want die CFR se koppie raas en hulle staar hulle blind teen "Semi-automatic" en dan moan hulle.
Of so iets
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Rasmus »

obasch wrote:Bevestig dat jy semi-outo lisensie kan kry met toegewyde jagterstatus. Het nie selflaai geweer bevoegdheid nodig nie.
Obasch

Ek het n Bereta A 301 se lisensie gekry sonder Selflaai bevoegdheid. Ek het slegs toegwyde jagters status.
User avatar
Smittie86
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Jan 25, 2018 11:24 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Smittie86 »

Menere,

Ek het gister met 'n baanbeampte en skiet bevoeterde man gesels. Ek is ook in proses om aansoek te doen vir Semi Auto Haelgeweer.

Semi-Auto Haelgeweer kan blykbaar volgens die persoon SLEGS op Toegewyde SportSkut verkry word, en volgens hom NIE op Toegewyde Jagter nie.

Nog minder op Occasional. Daai aansoek is totaal AFgekeer by SAPS.

Maak net 100% seker en ek luister gerus.

Groete,
Smittie86
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by obasch »

Jou baanbeampte het dit verkeerd, jy kan dit beslis as Toegewyde Jagter bekom. My drie S/A is aldrie as Toegewyde Jagter bekom.
User avatar
Smittie86
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Jan 25, 2018 11:24 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Smittie86 »

obasch wrote:Jou baanbeampte het dit verkeerd, jy kan dit beslis as Toegewyde Jagter bekom. My drie S/A is aldrie as Toegewyde Jagter bekom.
Mmmm...... Laat mens dink.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Viking »

Menere,

Julle verwys graag na die kundiges waarmee jy "gesels" het of "wat ek ken" ens....en dan is hulle nie SO kundig nie!! (Irriteer die 11.1.11 uit my uit)

Hier is die feitelike (uit die Wet aanhaling - my bold druk)

Licence to possess firearm for dedicated hunting and dedicated sports-shooting
16. (1) A firearm in respect of which a licence may be issued in terms of this section 20
is any—
(a) handgun which is not fully automatic;
(b) rifle or shotgun which is not fully automatic;
(c) any semi-automatic shotgun manufactured to fire no more than five shots in
succession without having to be reloaded; or

Afdeling 16 is die enigste afdeling wat 'n semi-outomatiese haelgeweer toelaat en dis vir BEIDE toegewyde jagter en toegewyde sportskiet van toepassing.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by figjam »

Julle manne is ysters op hierdie forum! Dankie, ek sal beslis dan my toegewyde jagters-status in orde kry en dit van daar neem, ek waardeer dankie!!
Terug by die haelgeweer. Ranger, die Kaap is die naaste stad aan my en ek weet net van 1 Benelli m2 in die hele Kaap op die huidige stadium, haha. Weet van die m2 SP ja. Hyt 26" barrell en 'n paar extra chokes alreeds by. Dis baie nice, ek wonder net of die 28" m2 Field nie meer veelsydig sal wees nie?
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by Gbyleveldt »

Nice thread,

Ek het self laas week vir my 1301 comp gekry. Gelukkig het ek dedicated hunter en sport shooter. Ek het ook SLR competency, so ek is redelik veilig daar.

Dit gese, ek het een pure vir gat jeuk gekry. Ek hou daarvan om een keer klaar te koop, as iets meer kos dan spaar ek maar langer. Ons wag in elk geval so lank vir lisensies so daar is nie rerig moontlikheid an ‘impulsive’ buy nie.
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Haelgeweer keuses?!?!

Post by figjam »

Gbyleveldt wrote:Nice thread,

Ek het self laas week vir my 1301 comp gekry. Gelukkig het ek dedicated hunter en sport shooter. Ek het ook SLR competency, so ek is redelik veilig daar.

Dit gese, ek het een pure vir gat jeuk gekry. Ek hou daarvan om een keer klaar te koop, as iets meer kos dan spaar ek maar langer. Ons wag in elk geval so lank vir lisensies so daar is nie rerig moontlikheid an ‘impulsive’ buy nie.
Wel baie geluk is dan in orde! Ekt die 1301 comp gehanteer by SO laas week. Voel amazing, maar ek is net bang die loop is 'n rapsie kort vir meer veeldoelige gebruik. Soos Kleiduif en jag en so. Dis waarom ek na die Benelli M2 26 of 28" se kant toe le. Ekt 'n Mossberg 930 JM pro die naweek geskiet en dit was ook heel nice.
Post Reply