Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne ek het julle raad hier nodig, was die naweek weer op die familie plaas en 'n skrikwekkende openbaring het my in gewag. Een van die wildkampe wat in 'n bergagtige kloof gelee is loop ernstig deur met roofdier anslae. Om julle 'n voorbeeld te gee daar is 'n gesonde trop rooibok ooie en ramme in die kamp, ons het so 24 lammers die jaar ontvang, Saterdag kom ek op die rooibokke af en ek tel net 7 lammers iets vang hulle en ek vermoed dat rooikat se tjend die skuldige is. Die area is bergagtig, bebos en klipperig so dit is mooilik om spore op te tel. Tydens die onlangse veldbrande het die helfte van die kamp af gebrand - geen diere is tydens die brand verloor nie aangesien ons die gebied gefynkam het.
Dit is moeilik om in die aand te roep aangesien daar nie veel oop stukke is waar mens wyd om jou kan lig nie. Ek wil die afgebrande deel tot my voordeel gebruik om dag roep toe te pas en kyk of daar nie 'n moontlikheid is wat ek die kwaad doeners voor loop kan plaas nie. Het iemand al enige sukses met rooikat gehad tydens 'n dagroep ekspidisie en indien wel wat sal jou raad en tegniek wee.
Taffie, ek hoor wat jy se maar die rooibokke raak al minder nog voor die brande ons getref het ons kon net nie met sekerheid vastel wat presies die omvang van die skade is nie aangesien die habitat baie ruig is. Nou met die veld wat kaal gebrand is kon ek mooi tel...
Ek verskil nie met jou nie maar ek glo daar is 'n kietsie of 2 ook betrokke. As dit jakkals is behoort ek hom/hulle in die dag te kry, as dit rooikat is weet ek nie so mooi nie het nog nooit kat in dag geroep nie. Ek dink laat middag of baie vroeg oggend roep behoort te werk. Gaan die komende naweek terug om die score te settle en will voorbereid wees.
Ja, ek hoor dat daar 'n kat of twee is, maar jakkie sal die kaler veld baie goed gebruik en omdat rooibokke maar senuweeagtig kan optree in sulke veld. So eke reken ou jakkie help homself lekker daar.
Om die katte daar te roer behoort nie te moeilik te wees nie. Sorg net dat jy van sonsondergang af roep.
Die tema klink na brawade.
So boer in die Parys koepel het ook geen aanwas op sy springbokke gehad nie (verlede jaar). Baie bebos en bergagtig met ooptes tussenin.
Ons het vlekkies lank dopgehou op die aand (en wag vir 'n oop skoot). Hulle het pal naby die bokke gebly en skelm beweeg tussen en om hulle.
Het 'n sterk vermoede gehad rooikat het sy deel gedoen en hulle het ook miskien. (waarskynlik van die ooptes se kant af)
Soos Taffie s?, Mnr. JA Ckall in samewerking met Mrs. CA Racal in 'n midere mate.
Ten spyte van die groot ooptes langs die beboste/bergagtige areas het ek twee geskiet in die ruigtes, op verskillende plekke.
Het wel laatmiddag 'n rooikat in die hardloop opgemerk in 'n oopte.
Baie bebos en bergagtig met ooptes tussenin.
Ons het vlekkies lank dopgehou op die aand (en wag vir 'n oop skoot). Hulle het pal naby die bokke gebly en skelm beweeg tussen en om hulle.
.. ek stem ook saam met Jadri. Jag eenslag(4jaar gelede) by kli?nt met wild in redelike bosse ens. Die jakkalse het sy rooibokke en willebeeste gekarnuffel en skiet 22 jakkalse op die 1500 hektaar. By die voerplekke het die jakkalse soos sop in gekom.
Ja3 en Taffie, ek hoop julle teorie is reg want dan behoort die dagroep (vroeg oggend/laat middag) sukses op te lewer. Glo nie dit gaan maklik wees om kietsie in die dag in te kry nie maar ek gaan probeer. Wie ook al eerste voor die loop in stap/draf is in vir 'n vet surprise... Een ding is verseker, hierdie verliese moet baie vinnig stop gesit word so nie vreet hulle nog die plaas onder ons agterstewe uit.
FREEK
Ek wil nou nie die wa voor dioe perre span nie, maar n rooikat inroep in die daG... ek sou eerder sy krap boompie soek en spoor sny na die reen of hom maar tussen die water en blyplek probeer oorreed om te eet...die dag inroep is daai katjie vir my net te skelm en te wakker en hy vat sy tyd om te kyk en te kom eet. So in die nag is hy eintlik n dom dier..skuus kom ons se eerder nie die helfte so wakker soos n jakkals nie.
Jou kans om liewer net stil te sit en te hoop jy sien hom daar naby sy blyplek is beter.
Maar ander meer ervare manne en maninne mag verskil...
Ek stem saam met die vorige sprekers...gaan doen maar eers daai jakkals ding jy sal hom in die dag vroeg en laat leker uitoolre as jy net so oop spasietjie het om hom in te lok ...
Freek wrote:...daar is 'n gesonde trop rooibok ooie en ramme in die kamp, ons het so 24 lammers die jaar ontvang, Saterdag kom ek op die rooibokke af en ek tel net 7 lammers iets vang hulle en ek vermoed dat rooikat se tjend die skuldige is.
...hou met groot belangstelling die raad en die oplossings dop...