Ons jagklub hou so 2 skietdae n jaar, baie op die formaat van die SA JAGTERS en Veldskiet. Ons is egter aan ECGMA geafillieerd
Ons doen ook n groeperingskiet. Ons laat slegs bona fide jaggewere toe. Maks 10 vergroting. Daar moet afstand geskat word, trofee skat, identifisering van spesies( nie noodwendig jagbare spesies nie) en plante.
Aparte afdelings vir handwapen haelgeweer en boog.
Die skiet self is op onbepaalde afstande van 50 tot 300 meter. Geen rangefinder toegelaat. Ons het selfs bewegende teikens en valplate.
Interesante statistiek
1. 308 musgrave 15mm
2. 7x57 Musgrave 16mm
3. 7x57 Musgrave 18mm
4 270 Musgrave 19mm
Wenners
1. 7x57 Musgrave
2. 7x57 Musgrave
3 270 Sako
4.270 Musgrave
Al die gewere is standaard fabrieks gewere behalwe die 308. Is n 303 wat omgebou is!!!!! Lee Enfiels aksies is mos nie akkuraat nie
Net gedog dit is interresant.
Drie van die wenners is lede van die forum
Frikkie
PS ons volgende skiet is April of Mei volgende jaar. Gaste is welkom.

