Page 1 of 1

Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Fri Feb 02, 2018 2:38 pm
by SoutieBoer
Bestanddele:

Springbok loin
Netvet
Spices (Sout, peper, koljander)

Draai netvet om die springbok loin.

In die oond met hoe temp. (of Braai) vir 10min

Nou het jy super sagte vleis, sal nie droog wees nie, met lekerrrrr vet

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Fri Feb 02, 2018 2:56 pm
by willienel
man jy sal laat ek sommer n koedoe fillet bymekaar maak hierso...ons het mos ni springbokke hier ni ai man!!!! lyk lekker sappig

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Fri Feb 02, 2018 6:21 pm
by SoutieBoer
Koedeo sal week.... Maar....

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Fri Feb 02, 2018 8:17 pm
by Heinz Petersen
Soutie, ek wonder of jy op die regte forum is met al jou kosmaak idees.
Ek sal volgende naweek die een probeer. Daai vet is goed vir jou are, dat die bloedklonte nie vassteek nie.

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Fri Feb 02, 2018 9:26 pm
by BenJacobs
Weet van iemand wat dit met lies lappe ook doen.

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Fri Feb 02, 2018 9:40 pm
by Jurgen Visser
Heinz Petersen wrote:Soutie, ek wonder of jy op die regte forum is met al jou kosmaak idees.
Ek sal volgende naweek die een probeer. Daai vet is goed vir jou are, dat die bloedklonte nie vassteek nie.
gout my vrind !!!!!!!!!!!

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Sun Feb 04, 2018 3:03 pm
by SoutieBoer
Heinz,

Jag en kosmaak is... soos Berger en Lapua wat saamloop

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Mon Feb 05, 2018 10:22 am
by TOKELOS
As ek mag...... koop bees murgbene. sny die stuk steak halpad in lengte en stop daardie murg daar in en maak hom daarna met die netvet toe!

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Mon Feb 05, 2018 10:26 am
by ruaanb
TOKELOS wrote:As ek mag...... koop bees murgbene. sny die stuk steak halpad in lengte en stop daardie murg daar in en maak hom daarna met die netvet toe!
GOUT in hoofletters maar lekker.....jinne

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Mon Feb 05, 2018 11:07 am
by THOMAST
Mmm, my dokter het juis gesĂȘ ek moet meer "witvleis" eet..

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Mon Feb 05, 2018 12:15 pm
by JuanVE
Man nou water 'n man se mond darem! Die week gaan lank wees!!

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Mon Feb 05, 2018 12:25 pm
by Stefan Fourie
TOKELOS wrote:As ek mag...... koop bees murgbene. sny die stuk steak halpad in lengte en stop daardie murg daar in en maak hom daarna met die netvet toe!
Tokelos, wil graag weet of jy die murg vooraf gaar maak of nie?

Groete

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Mon Apr 08, 2019 1:04 pm
by TOKELOS
Stefan sal nou, n jaar later seker nie die raak lees nie, maar ingeval iemand anders dalk sou wou weet, nee jy sit die murg rou in die steak.

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Mon Apr 08, 2019 5:28 pm
by Meteor
Dankie...eerste dat ek die fred sien.

Re: Springbok-Netvet-Droom vir Naweek

Posted: Tue Apr 09, 2019 10:59 am
by avo
kan ook indien jy meer -fancy- wil wees, eers vleis toedraai in bacon en daaarna die netvet.
Heerlik met gemsbok asook rooibok,
bitter belangrik is om dit saam met n gesonde bord vol krummelpap te geniet.