NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
-
immelmanw
NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Die afgelope naweek by die Boland Ope het 7 uit die Top 10 Skuts met Nightforce teleskope geskiet! (en almal het hulle teleskope met hulle eie geld gekoop - niks gebrog nie) Jaco Brink het een gekry met die SA OPE - Protea Span maar het daarna twee self gekoop!
1.Jaco Brink
2.Arnold Viljoen
3.Andre Volschenk
4.Marius Cloete
5.Jan Melk
6.Willem Immelman
7.Wayne Klaver
Laat n mens dink....het jy al jou Nightforce gekoop?
navrae: willem@safariandoutdoor.co.za - 082 854 0804

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Willem
Jou eerlike opinie tussen nightforce en swarovski.. ek het beide..
Vir n jaggeweer wat jy mee stap sal ek swarovski aanbeveel-- baie ligter meetal en beter field of view..
Vir baanskiet en groepe natuurlik die nightforce maar leer hom maar eers ken met die kleiner field of view.. maar dit wat jy sien sien jy baie helder.
Ek dink ook die nightforce se parralax is bietjie meer sensitief as Swarovski..
My menig en ek is maar n amateur as dit by die tegniese kennis kom, Ek praat net van my eie ervaring .
Vir Nagskiet..mmm ek gebruik net die swartworse vir dit .. en die koning van almal die 8X56...vir my...
Groete
Jacques Botha

Shoot straight and tell the truth!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
JB
Is dit nou daai Swarof van jou met die gekraakte kruishaar waarvan jy so breg

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Hallo Willem
In die Nightforce reeks is daar 'n hele paar scopes , wat sal jy aanbeveel vir, nagskiet , veldskiete, dagjag en groeperings skiet.
Die beter scope vir elke afdeling en dan moontlik 'n aanbeveling van 'n enkele scope vir die veld en baan skieter.
Skiet ook met 'n Nightforce maar Saterdag bitter sleg geskiet , natuurlik die Nightforce se skuld plek nommer een, en dan die rangefinder wat verkeerd gelees op die gongs.
.
Mooi loop
WALLIE

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Willem
Ek dink die ander manne kan net nie skiet nie. Kom sommer so bietjie Aliwal toe laat ons kan sien wat maak die NForces daar en reken ook self dat van die cheapies is NForce regtig nie bad nie.
Mooi geskiet manne!

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Skiet dam nou al amper 8 jr met myne sonder probleme
Jakkals ,springbok, alles wat in die pad kom.

Knou die gediertes AF.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Chris101
Maar jy is stadig met die reaksie, sou eintlik meer van jou en Kojak wil hoor.
Lekker om julle 2 se bene te trek met die NForces. Ja-nee, 'n baie goeie scope.
Mooiloop daar in die noorde
Maar jy is stadig met die reaksie, sou eintlik meer van jou en Kojak wil hoor.
Mooiloop daar in die noorde
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
TASCO
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Sun Jun 05, 2011 3:07 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Willem,
Hoe het Nightforce gevaar in Kareedouw?
Gee weer die ranglys tot die eerste 10 manne!
Groete
Tasco

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Nee wat dit lyk my die S&O man kom gooi net gou die appelkar om dan waai hy weer. Hy het seker 'n gap vir 'n goeie bemarkings geleentheid gesien! Koos Barnard het in sy Nightforce toete 'n paar jaar gelede gese, 'n scope wat so duur soos 'n Nightforce is behoort darem helderder te wees op die hoe vergrotings.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
ablm468
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Wat my nogal kwaai afpippie in die lewe is manne wat toerusting ophemel, dit is die toerusting wat maak dat die skut gewen of in die top plekke geskiet het. Dit is soos flyfishing, as jy nie ten minste 'n Redding flyrod teen R8000 per stok het nie , kan jy nie visvang nie, golf is ook dieselfde, jy moet ten minste 'n Callaway golfstel het teen R15-R20k anders maak jy dit nie.
Verstaan my, ek begryp toerusting speel 'n rol maar ek dink dit is al honderd keer en meer op die forum bespreek dat dit die po@pol agter die geweer is wat maak dat die geweer goed skiet. Om hierdie tipe van opskrifte "Nightforce kraai weer koning" op te sit getuig van dieslefde, dit sit my skoon daarvan af om ooit enigsins daarna te kyk on 'n Nf scope te koop want dit blyk net die veld van die "select few" te wees.
Ek weet daar sal seker manne wees wat verskil en dit is hulle reg ook, ek het egter 'n broertjie daad aan die beginsel van "as jy nie die beste het nie is jy uit".
Almal van ons streef na die beste en wil onsself graag verbeter, as mens oor so iets berig hou jou persoonlike opinies daaruit en skryf die feite, die feit dat die top manne almal met Nf skiet is toevallig, die feit is egter dat die manne ure en dae op die skietbaan spandeer om hulleself te verbeter. Gary Player het gese "the more I parctice the luckier I get".

300Winmag
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Ek verstaan nie hoekom jy hulle poepolle sal noem oor hulle goed skiet nie.Hansman wrote:
Verstaan my, ek begryp toerusting speel 'n rol maar ek dink dit is al honderd keer en meer op die forum bespreek dat dit die po@pol agter die geweer is wat maak dat die geweer goed skiet.
-
ablm468
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
300 Winmag
Dit is "spreek taal" ek noem nie hulle spesifiek po@polle nie, ek praat van enig "po@pol", myself ingersluit, wat goed wil skiet, sy toerusting moet ken en tyd moet spandeer op die baan. Die toerusting is nie die Alfa en omega nie, soos vroer in die post berig word. Die indruk word geskep dat as jy nie 'n NF scope het jy nie 'n kompetisie sal wen nie.

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
.300WM,
Ek dink dis ookspreektaal soos die "M0@r agter die roer"
Groete
JP
Ek dink dis ookspreektaal soos die "M0@r agter die roer"
Groete
JP
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
hansman
Het jy al deur n NF gekyk en met n geweer geskiet wat toegerus is met n NF scope??
101
Het jy al deur n NF gekyk en met n geweer geskiet wat toegerus is met n NF scope??
101
Knou die gediertes AF.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Waar word die Nightforce Scopes gemaak?Chris101 wrote: hansman
Het jy al deur n NF gekyk en met n geweer geskiet wat toegerus is met n NF scope??
101
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Hansman, ek hoor wat jy s? en stem saam met sekere punte.
Ek dink egter nie dat dit toevallig is dat baie ouens met die scopes skiet nie.
Ek self het so stukkie glas op een van my gewere. Afhangende van waarmee jy die scope probeer vergelyk laat dit my nie beter skiet nie of beslils ja.
Om in 'n kompetiesie te kan sien waar jou skote op die papier val is vir my 'n groot voordeel. Nou kan ek effense korreksies maak en v-kolle skiet in plaas van net fullscore.
Enige hoe vergroting scope laat dit nie toe nie en ander is net in 'n ander prysklas. Hiermee saam gaan die "vertroue" in die brand net soos ouens sweer by Leupold.
Dit is maar my mening. Ook nadat S&O die agentskap oorgevat het het die scopes se pryse taamlik geval. Nou koop ek eerder 'n NXS voor ek 'n Leupold MK4 koop ...

Ludwig, ek dink die US Optics is net in 'n ander prysklas. Dit en omdat die scopes eintlik custom scopes is is daar te veel opsies waarvan bestel kan word en dit maak dit moeilik om van voorraad te hou.
Ek is seker dat as jy een soek jy met relatiewe min moeite een sal kan bekom.

- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
yes ArnoldArnold wrote:
Nou kan ek effense korreksies maak en v-kolle skiet in plaas van net fullscore.
Dis darem fyn brag daai!!!
Ek probeer net die teiken tref, as vol punte het is ek DIEP dankbaar en smile ek BAIE breed....
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
projag wrote: Willem
OP 'n ernstige noot.
Veels geluk met jou 6de plek.
Sien n?rens iets van Nikon nie -- net NF onder die eerste 10.
Bemark jy nou nog Nikon Monarch X ---- hoe motiveer jy in eerlikheid iemand om nou een te koop.??
Jy gee nou seker 'n Nikon M X as pasella weg saam met elke NF wat gekoop word -- want hoe gaan jy nou van jou voorraad ontslae raak. Hou dus vir my een van elk.
Ja, ek dink hulle sorteer ook onder die cheapies. Hoop die swakker (verloorder) scopes is binnekort vir goedkoper beskikbaar
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Projag, elke man het sy opienie en is verseker geregtig daarop.
Ek dink wat ook belangrik is om in gedagte te hou is die doel van die scope.

Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Hou in gedagte Heinrich het 'n manier om goed(ander brands ook) te breekprojag wrote: en wil/sal nie weer een koop nie!!
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
DOS
gaan na nightforceoptics.com daar word alles uiteen gesit
gaan na nightforceoptics.com daar word alles uiteen gesit
Knou die gediertes AF.
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Projag
Ja Funk het nie n goeie woord vir NF.
Party het nie n goeie woord vir n WIT TOYOTA.
En dit bly die beste ryding.
101
Ja Funk het nie n goeie woord vir NF.
Party het nie n goeie woord vir n WIT TOYOTA.
En dit bly die beste ryding.
101
Knou die gediertes AF.
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Manne
Ek persoonlik hou nie baie van die toon wat hierdie gesprek aangeneem het nie. Dalk omdat ek self dieselfde toon gehad het oor NF scopes todat ek die dag actually op 'n skietbaan en nie net daar in handelaar se winkel deur 'n NF gekyk het. Hierdie is 'n puik scope vir die ou wat 'n passie het vir papierskiet kompetisies en bereid is om geld daarop te spandeer.
My persoonlike ondervinding van 'n NF scope was op 'n vriend wat ook veldskiet doen se geweer. Die scope is op 'n Ruger 243 met brougthen loop. Met die scope was dit vir my moontlik om tot op 400m die 8'' gonge skoot vir skoot raak te skiet en dit in 'n 15km/h wind. Ek se vir hom hoe ver dit is, hy draai die knoppe en ek vat dood. Dis regtig 'n plesier vir die ou wat bereid is om geld te spandeer op sy geweer EN die geweer uitsluitlik vir baanskiet gebruik.
Daardie selle geweer met die groot scope is effens lomp in die jagveld. By ons in die karoo staan die kudus net vir 'n sekond of twee en dn moet jy vinnig gooi en dan is daar nie tyd vir range en stel nie.
Ons ouens wat nie NF scopes het nie moet pasop om nie suur druiwe te wees nie. Ek se dit openlik omdat ek al suurdruiwe was en spyt daaroor is. Dis SWAK gedrag!
Skiet met jou Lynx/Burris/ nikon of watokal cheapie jy wil gebruik, maar hierdie manne wat 'n groot passie vir die sport het, gee hulle hul eer!
Groetnis en lekker skiet
POnkie

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Henk
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Ponkie,
Gelukkig het die toon van die gesprek darem so effens gedaal na 'n ligter trant.....
Ek dink egter jy slaan die spyker op die kop !! Ek is self nie mal oor die NF se PRYS nie, want ek kan hom nie bekostig nie......

Alle eer aan die manne wat hom kan bekostig en hom KAN gebruik.
Persoonlik maak dit nie saak wat ek op my geweer sit nie, ek skiet nog net dieselfde.....
Sodra ek egter een kan bekostig.......koop ek hom !!! (Want my gat jeuk vreeslik.....
)

Skiet naby....skiet raak !!