Rooibok met Rage 2 lem

Post Reply
Philip

Rooibok met Rage 2 lem

Post by Philip »

Ek het hierdie seisoen my eerste Rage kill gehad.Ons het so paar weke terug by Japie van Bloubank gaan jag.Saterdagmiddag het ek in n treestand seker 5m hoog gesit.Die rooibok was 17m en so effens quarter away.Toe ek skiet lyk dit of die pyl uit die bok spring,ek het ook n harde geluid soos wanneer jy been tref gehoor.Sy het skaars 30m gegaan.
Ek het rustig gesit en wonder wat gebeur het.Ek kon vanuit die boom sien dat die pyl rooi van die bloed is en met die blote oog kon ek die bloedpoor 22m ver sonder moeite sien.
Toe Japie die bok kom oplaai het alles sin gemaak.Weens die hoek waaruit ek geskiet het,het dit net snaaks gelyk.Die pyl is dwarsdeur die bok en het die anderkantste voorbeen getref(vandaar die klapgeluid).Die hart was vlenters geskiet en die bloedspoor was indrukwekkend.
Op hierdie stadium is ek beindruk met die Rage,maar sal maar nog n paar bokke wil skiet voordat ek n waardige opinie kan lig.Die ingangs- en uitgangswonde was skrikwekkend.
Daar was nie te veel skade aan die lemmetjies nie,hulle moet net geslyp word.
Dit was ook my Invasion se eerste bok.
Groete
Philip
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Rooibok met Rage 2 lem

Post by Christo J »

Hi Phillip.

Rage-2 is al wat ek gebruik. Ek het wel German Kinetics vir eland..., eendag.  Ek het nog net puik resultate gehad met Rage. Belangrikste vir enige boogjagter is geloof in jou setup, en met rage voel ek baie gemaklik. Sal vlg week n paar bokkies wys wat die entry sny van Rage mooi wys.

Groetnis
Wimpie le Roux

Re: Rooibok met Rage 2 lem

Post by Wimpie le Roux »

Ek het my blouwilde bees (jong bul) met rage geskiet en is beindruk met die punt, ek is voorstaner van fix blade maar woou sien wat die punt doen. die bees het sowat 80 m van die hide af om gekap. Ongelooflike bloedspoor gegee en groot ingangs wond die uitgangswond was bietjie kleiner.

Ek het ook Europese bosvark met die rage geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Rooibok met Rage 2 lem

Post by Jeep 1 »

Naand manne ek het n vlak vark gekwes met 2 lem rage hy het quetering to me gestaan en ek wil hom op die die knoppe skiet to maak daai vark nork en hol hy het op gevli n end voor my maar bloed het op geraak en het hom nie gekry nie was baie kwaad en die pyl sit nou nog in hom ja ek het darrem later die dag een gekry wat ek mooi quetering away geskiet het en net da geval was baie bly en pyl was deur hom.                    Dankie
25 06 !
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Rooibok met Rage 2 lem

Post by Gerhard »

Jeep,

Sonder om snaaks te wees.

As jy n dier quartering towards jou skiet en jy kwes hom.

Maak nie saak wat se uit rusting jy gebruik nie dan kan jy maar net vir jouself kwaad wees.

Met die boog skiet mens plank dwars of quatering away skote...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply