Growwe jagplaas gesoek!?
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Growwe jagplaas gesoek!?
Goeie more,
Ons is opsoek na 'n plek waar ons kan gaan jag, soos die plekke toe jy nog saam jou pa gaan jag het?
'n kamp waar jy jou stort water warm maak met 'n donkie, en saans om die vuur kan sit met net die sterre wat die nag verlig. Erens waar die enigste nag geluide van die natuur af kom!? Waar iemand elke nou en dan almal stil maak om te vra of hulle dit ook gehoor het? Waar jy moet koes vir die red romans om die vuur se vlamme.
Die laaste paar jagte het ons op die "verkeerde" plekke gaan jag, en het nou en dan 'n trekker gehoor wat gaan voer aflaai het, of 'n hond hoor blaf vir iets. 'n Aircon en 'n yskas wat saggies in die huis hummm. Iemand wat skiet op die plaas langsaan.
Ons 3 broers jag 1 keer 'n jaar saam, en het gese hierdie jaar soek ons iets grofs. Ons is van Gauteng en gee nie om om te ry nie. Ons jag vir die pot, en al is dit lekker om iets mooi's te skiet gaan dit meer oor die tyd saam en die stories om die vuur elke aand.
Het julle enige voorstelle van 'n plek wat ons sal terug vat na die dae toe ons nog klein was?

GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Gesels met Flash hier op die forum hy het net die plaas vir jou.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1838
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
My pel se plaas is net so ...
Plaas is gelee in Northam
Plaas is gelee in Northam
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Dit klink darem lekker. Ek hoop my eerste jag is soos jy beskryf.
Mooi bly
Mooi bly
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Praat met Flash.
Hierdie klink soos sy setup.
Hierdie klink soos sy setup.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Ivy Safaris in Munnik het ook so 'n jaghuis met basiese geriewe. Soek hulle op google, hulle besonderhede is daar.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Wildegansvlei...
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=61029
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=61029
Goed, beter, 6millimeter!
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.
Oom Kobus ( Hy bly in PTA ) 0813563811/0814202020 Wees maar geduldig as hy nie antwoord nie en probeer weer. Hy het mooi elande, rooibokke en Koedoes. Lekker om in die aande om die kamp vuur te sit en jakkalse en hienas te hoor. Red romans en skerpioene is volop daar so koes maar betyds

- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Hoe lus maak jy my nou!!!Kallie404 wrote:Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.
Oom Kobus ( Hy bly in PTA ) 0813563811/0814202020 Wees maar geduldig as hy nie antwoord nie en probeer weer. Hy het mooi elande, rooibokke en Koedoes. Lekker om in die aande om die kamp vuur te sit en jakkalse en hienas te hoor. Red romans en skerpioene is volop daar so koes maar betyds
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
........neem aan daar moet iewers n aircon'tjie en koelkamer loop om jou vleisies v dag een koel te hou...jy wil hom netnie "hoor" nie.
Flash is jou man daar ja.....lekker tentslaap, net n longdrop en plaasdamwater.....
Cheers
Flash is jou man daar ja.....lekker tentslaap, net n longdrop en plaasdamwater.....
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Kallie, hoe maak mens daar met verkoeling van wild?
Just smile and wave boys 
-
F.L.A.S.H
- Hero Member

- Posts: 854
- Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Dankie almal
Theunodb, jy het n PM
Lekker aand
Theunodb, jy het n PM
Lekker aand
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Nella, daar is wel n hangplek wat amper soos die ou tipe "safes" werk vd ou dae. Ek bly soos jy gelukkig naby Alldays dus het ek nog nie n problem gehad nie. Manne wat ver bly jag al jare daar en het sover ek verstaan nog nie teenspoed met vleis gehad nie veral as n man in Junie/Julie maand jag wanneer die Bosveld op sy "koudste" is.Nella wrote:Kallie, hoe maak mens daar met verkoeling van wild?
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Theuno, jy noem dit "growwe jag"
Vir my is dit "standaard jag"
Veral as die manne beurte maak om hulle lieste in die krip te gaan was en die koedoe karkas sommer in die windpomp ophang vir 2 dae!! Slaap plek is langs die bakkie onder die grootste kameeldoringboom.
Ek het darem nou opgradeer; ek slaap nie meer in die slaaprol op die grond nie (oor giftige redes) slaap nou op stretcher.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
JacoVOS
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Wed Mar 21, 2012 9:12 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
More Flash wil jy nie vir my ook biekie inligting stuur as jy nog n plek oop het.
Jaco
Jaco
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Dis normaal vir ons hier in die Kalahari se kant.
Heeeeeerlik!!!
Groete KH
Heeeeeerlik!!!
Groete KH
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 991
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
JacoVos.JacoVOS wrote:More Flash wil jy nie vir my ook biekie inligting stuur as jy nog n plek oop het.
Jaco
Kyk Flash het weer sy Advertensie geplaas.
Dit sukkel maar met die sein op die plaas en hy kan beter op WA praat.
Groete
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Baie dankie vir almal se voorstelle! Ek is besig om kontak te maak met hulle almal. Ek sien uit om 'n foto of 2 saam hulle stories op te laai!
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- JuanVE
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Ongariwanda Hunting Safaris in Namibie noord van Omaruru het 'n heerlike kampplek in die bos, 6 km vanaf die opstal. Daar is net 'n donkie vir warm water, toilet en die bos. By die opstal is alles, koelkamer, ens. Daar is jy in die bos onder die sterre en die natuur. Ongelooflike ervaring. Kontak vir Johnie, kyk op die net na hulle webbladsy. Lekker om so iets in die vooruitsig te he.
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Definitief iets om na uit te sien! Kortpad deur Botswana is 17 ure! Ek dink die road trip sal net so lekker wees soos die jag! Nie iets wat jy oor 'n naweek beplan nie ;-)JuanVE wrote:Ongariwanda Hunting Safaris in Namibie noord van Omaruru het 'n heerlike kampplek in die bos, 6 km vanaf die opstal. Daar is net 'n donkie vir warm water, toilet en die bos. By die opstal is alles, koelkamer, ens. Daar is jy in die bos onder die sterre en die natuur. Ongelooflike ervaring. Kontak vir Johnie, kyk op die net na hulle webbladsy. Lekker om so iets in die vooruitsig te he.
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Ek kan jou moontlik help. Pm my as jy belangstel. Dis in zululand.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Kallie, nou dis n klein wereld! Ek jag al die laaste 25 jaar op n plaas basies reg langs aan daai plaas!!! Ons draai ook op die Linton grondpad af en ry so 15km tot by Kongo se grond. Daai area is moeilik om te jag maar dis waar my jag as kind begin het. Ek het jare gesukkel om n bok te skiet en het hard geleer hoe om te jag. Nou ken ek daai plaas goed en kom elke jaar met n klomp bokke terug.Kallie404 wrote:Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.
Oom Kobus ( Hy bly in PTA ) 0813563811/0814202020 Wees maar geduldig as hy nie antwoord nie en probeer weer. Hy het mooi elande, rooibokke en Koedoes. Lekker om in die aande om die kamp vuur te sit en jakkalse en hienas te hoor. Red romans en skerpioene is volop daar so koes maar betyds
En voor ek vergeet daai area is vrot van die mambas veral in die fonteine op die plaas.
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Nico Harris wrote:Ek kan jou moontlik help. Pm my as jy belangstel. Dis in zululand.
Ek stel belang ;-) Jyt 'n pm
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Sien klomp ouens het nou gestuur. Ek gaan eers by theunodb hoor. As hy nie vat nie laat weet ek die res.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Growwe jagplaas gesoek!?
Kan jy dit glo Simon..........ja dis mooi wereld daai, veral met al die mopanies en kremetarte. Weet presies waar Kongo is, as jy aanry met pad sluit jy weer by teerpad aan voor Mapungubwe park. En ja.........mambas is daar heelwatDrenalinjunkie wrote:Kallie, nou dis n klein wereld! Ek jag al die laaste 25 jaar op n plaas basies reg langs aan daai plaas!!! Ons draai ook op die Linton grondpad af en ry so 15km tot by Kongo se grond. Daai area is moeilik om te jag maar dis waar my jag as kind begin het. Ek het jare gesukkel om n bok te skiet en het hard geleer hoe om te jag. Nou ken ek daai plaas goed en kom elke jaar met n klomp bokke terug.Kallie404 wrote:Bel oom Kobus Venter. Sy plaas ( Giesendam ) is tussen Alldays en Messina .Verby Venetia Myn op die Linton pad. Lekker jagplaas met plein jagkamp met geen Eskom/Krag nie. Stil binneplaas van ongeveer 1200 Hektaar. Hy gebruik wel "generator" om water te pomp.Jy sal verseker n skoot of twee hoor op buurplase want in jagtyd in Alldays is elke plaas vol.