Seisoen waarnemings

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Biltongjagter

Seisoen waarnemings

Post by Biltongjagter »

'n Paar waarnemings mbt hierdie 2011 seisoen tot dusver - dinge wat iets voorspel, maar wat?

1.  Volstruise in die Bosveld (Limpopo se w?reld) broei gewoonlik hierdie tyd van die jaar - vanjaar broei hulle glad nie, nie eers neste met eiers nie.

2.  Werf henne loop gewoonlik met kuikens rond hier in September - vanjaar is geen hen eers broeis nie.

3.  Ooie (Boerbok en Damara) lam eenlinge tot nou toe - gewoonlik is tweelinge redelik algemeen onder hulle.

Is hierdie 'n tendens wat in ander gebiede ook voorkom?

Wat s? die ouer boere hiervan?

Groete,
Koos.
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Seisoen waarnemings

Post by FE »

Nog nie so op gelet hier in die vrystaat nie. Behalwe dat my vrugte bome almal klaar bloeisels het. Wat bietjie vroeg is dink ek.
Born to hunt, but forced to work!
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: Seisoen waarnemings

Post by HUNTER »

Biltongjagter

Ek is en wil nooit 'n doemproefeet wees nie maar die tekens dui op laat reens of op die ergste droogte. Die natuur is wonderlik en die diere weet instinktief om voor te berei. Wanneer die wilde diere begin paar en broei kan jy somme maak wanneer dit gaan reen en daar veld sal wees. Is dit nie te vroeg om jou ooie nou al te laat lam nie?

Groete

Hunter
Biltongjagter

Re: Seisoen waarnemings

Post by Biltongjagter »

Hunter,
Is soos jy s?, ou wil nie negatief wees nie, maar die natuur praat mos duidelik met jou, jy moet net o? oophou en sy taal reg verstaan - dit help man baie om bietjie 'n kykie in die onmiddellike toekoms te kry.

Hoofsaaklik beesboerdery saam met my broer, maar het gelukkig aangeplante weidings onder besproeing vir die klompie kleinvee. Lammers en ooie is dus goed voor voorsien en hoe vroe?r hoe beter.

Normale re?ns kom gewoonlik eers middel November, later as dit raak dit 'n strawwe jaar van voer vir die bees tot minstens 6 weke n? die eerste re?n - re?n mos nie gras nie  ;)

Vertrou maar en kyk Boontoe al die pad.

Groete,
Koos.
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am

Re: Seisoen waarnemings

Post by Berg-Bewer »

Hallo julle

Ja dit is nogal interresant om al die natuur verskeinsels dop te hou, en kan 'n mens sodoende ook redelik baie "wys" word. Wat ons (Vasvat) nogal waarneem die laaste tyd is die dragtigheids stand van veral Springbokke wat ons ge-oes het. Alles dui daarop dat veral die Karoo streek moontlik November / Desember goed kan re?n kry!

Maar nou ja, wie is ons nou eintlik om te besluit, GOD se hand beskik oor alles en almal.

Groetnis 
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Seisoen waarnemings

Post by Ponkie »

Bergbewer

Ons het self sommer vir privaat verkope 35 springbokke die laaste week geskiet. Daarvan was 12 ooie en 10 was dragtig, maar almal se fetusse was baaaie klein. Dink hulle sal eers nader aan Nov/Des lam. Dis vir my ook snaaks, want by ons in die karoo sien jy gewoonlik in jagseisoen (Jul/Aug) al heelwat klein bokkies wat in die kamp rondhol!

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am

Re: Seisoen waarnemings

Post by Berg-Bewer »

Hallo Ponkie en Ander

Ons het dieselfde waargeneem, en daarmee wil ek eintlik s?, bokke ge-oes in die Suid - Suid Oostelike dele was klein dragtig en bokke in die sentraal / Bo-Karoo en meer Weste kant toe was al groot dragtig. Ek stem vir 'n goeie lam seisoen vanaf Oktober tot November! Die grote van die fetusse het kenmerkend verskil van streek tot streek. "Dalk dui dit op tipiese Jaloersbuie!" 'n Ander opmerkende ding was en is die bedrywigheid en teenwoordigheid van Brommers, Motte, ens regdeur die winter, alhoewel dit goed geryp het en wat winter temperature betref redelik meer aan normaal was glo ek. 

Ek glo goeie re?ns is oppad!

Groetnis

Berg-Bewer
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Seisoen waarnemings

Post by Gerhard »

As ek so na die verskillende weer web sites kyk kan ons hier in die Transvaal dalk teen einde van die week bietjie reen kry...

http://www.yr.no/place/South_Africa/Gauteng/Pretoria/
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply