As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post Reply
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by JacquesT (Stompe) »

Dag Kerels,
Na aanleiding van Wouter se vraag aan JPS: “Wat se verskoning gebruik julle manne as julle nie n voltal skiet of as die bok nie le nie? ”, op die 300m Ladder toets thread, het ek gedink die kan ‘n lekker ligte thread wees, maar tog genoeg insae om iets uit ander manne se foute te leer.

Ons almal het al daai eendag op die kompitiesie gehad waar absoluut alles verkeerd loop, en hoe meer jy die fout soek, hoe meer neek jy op en ploeter maar net aan. Naderhand dink jy al sommer daar op die baan vir hoeveel jy die scope op Jaracal kan smous Maandag.

So hier is ‘n paar wat ek al beleef het op ‘n persoonlikke vlak.

1) Dail jou windage verkeerde kant toe
Nou omtrent op elke ALRHA shoot waar ek was, is daar een of ander ou wat dit oor kom. En die is nie gebonde net aan die newbies nie, ek het al gesoute manne gesien met die CBC wat net hul koppe in ongeloof skut as daai koel ‘n meter links of regs van daai gong val. Tussen my, Siebert, Ben en Louis dail jy nie meer jou windage sonder dat een van die span nie help kyk nie.

2) Vergeet om jou turrets te zero na die vorige relay
Man die afstand gaan mooi. Die gonge klap skoot na skoot, na jou skote highfive jy en jou skietmaats mekaar want vandag gaan die poppe dans. Jy kom op die volgende afstand, maak jou verstellings en boem, daar skiet jy amper bo oor die skietwal want jy het vergeet om na jou vorige relay te zero. Die het my oorgekom op ‘n Superliga kompitiesie vroer die jaar. Darem het ek met die proef my fout agtergekom.

3) Verkeerde dope data in jou app
Nou die is absoluut belaglik en het met die tweede laaste ALRHA shoot met my gebeur. Die eerste 2 afstande is ek sommer soos 30m kort van die gong, en vat dit my 3 skote om op teiken te kom. Daarna het ek net 3 punte om per afstand te maak. Na ‘n helse gesukkel sien ek dat volgens my app skiet ek ‘n 7mm 195gr Berger elite hunter teen 2750fps uit my 6.5CM uit, verander hom na 140gr Amax toe en sieda. Tot vandag toe sien ek dit maar as ‘n pocket dail foutjie,en het dit my bottom of the log verseker. Wat ek hieruit geleer het is om altyd seker maak dat die regte geweer op jou app gekies is met die regte data.

4) Jou geweer is nie gezero nie
Vroer die jaar op ‘n SAjagters gong skiet het my eie 243 in ‘n vriend se hande draaie om my en die Creed geskiet. Ek was so dem*%r in vir myself dat ek myself beloof het, ‘n kompitiesie met afstande nader as 300m sien my nie weer nie. Die maandag vat ek sommer verlof want ek kan nie aanvaar dat ek so swak geskiet het nie. Kom op die skietbaan, eerste 3 skote is 2moa lag en 2moa links. My geweer was nooit gezero nie… Om verder petrol op die vuur te gooi het ons geleentheid gehad om zero te check voor die kompitisie. PS. Ek sal weer komps skiet op nader afstande ook.

5) Skiet op die verkeerde teiken
Ek moet bieg, die het net nog op SAjagters tabel met my gebeur, en gelukkig was die ander man nie te kwaad vir my nie. Maar wat ek al so een of tweekeer by die Varmint afdeling gesien het is manne wat na die verkeerde afstand se gonge skiet. Skiet daar op 600m, dan poef, spat die stof op 400m. die RO’s is darem gawe manne, en sal jou sê jy skiet na die verkeerde teiken, maar daai 5 punte wat jy drop is duur.

Nou ja, waste simpel foute het jy al gemaak as die kompitiesie hoog loop
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by Frikkie Coetzee »

Jacques

Ek vloek sommer. Net nr het ek nog nie gebruik nie
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by Gawie(13mm) »

Ek vergeet soms om primers in te druk. ;D
....of ek kry so 'n rytjie in my ammoboks sonder kruit!
Dis mos daai rytjie wat jy laai vir die "uit die vuis in 45 sekondes" 8)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
CJNaude
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Thu Aug 25, 2016 7:24 am

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by CJNaude »

My ergste is as jy die twee ammo kussies omruil en 'n development load begin skiet eerder as die klaar beproefde een.

Lekker man

Hannes
BRNO No2 .22LR
Mauser/Boelher Rassant .243win
BRNO ZKK600 270Win
FN Mauser 7.62x51
Mauser 9,3x62
BRNO 30-06
Mauser 8x60
Howa .308 win
CZ75B 9mmP
Skiet reguit en wees veilig.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by THOMAST »

Ek sê maar altyd vir die manne: Hoe ouer jy word, hoe meer ervaring doen jy op.
Daarmee bedoel ek dat my tellings nie noodwendig vebeter nie, maar wel my veskonings. ;D ;D
User avatar
CJNaude
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Thu Aug 25, 2016 7:24 am

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by CJNaude »

Ek onthou heel in die begin van my herlaai dae...

Nog nie geweet van primer pockets wat rek nie.

Laai die dag klomp Philemon Maak PAtrone doppies om bietjie te gaan plienk. Derde rondte is 'n storing.

Maak versigtig die slot oop. toe die dop uit val is daar kruit orals.....

Sederdien nog nie weer gebeur nie....

Die ervaring ja...

Hannes
BRNO No2 .22LR
Mauser/Boelher Rassant .243win
BRNO ZKK600 270Win
FN Mauser 7.62x51
Mauser 9,3x62
BRNO 30-06
Mauser 8x60
Howa .308 win
CZ75B 9mmP
Skiet reguit en wees veilig.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by Eugene »

Nommers 1, 2 en 3 is ou gunstelinge by my. Ek het darem nou nommer een onder beheer, na baie sweet en trane, maar nog 2 en 3 het my al 'n paar keer laat sneuwel.

verlede week, wil ek vinnig 'n paar ladings gaan toets met my seuntjie se nuwe 308. Ek het 5 van elkeen gelaai en nadat die chrony opgestel en die teiken mooi op is, laat ek hom begin. 1ste skoot is nie op papier nie, 2de skoot ook nie en eers na die 3de skoot begin ek na die turrets kyk en onthou toe ons het nog laas op 850m in 15mph wind geskiet, so altwee turrets is 20moa van die zero af... Darem het ek 5 skote se spoed en 'n netjiese 2 skoot groepering op papier....
Aim small, miss small
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by Gian_dP »

Ek het self al Jacques se foute al gemaak.

Ander probleem wat ek al veroorsaak het het is skut en spotter wat ander "taal" praat. By die onlangse XSSSA skiet het temperatuur lekker opgegaan soos ons verby middagete gegaan het. My Streloc so opgestel on spoed aan te pas soos temp styg. Skietmaat sn nie.

Kom by baan, check elevasie en stel. Ek sê hy moet so 2-3 clicks minder opstel ipv driekwart minuut. Skoot loop, perfekte windage maar 2MOA onderdeur ghong. Hy het 3 minute minder gestel

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by JacquesT (Stompe) »

Gian,

Daai laat my dink aan ons vorige CBC.

Ek lê langs RangerLouis op die forum. Hy skiet ook 'n Creed en ek weet hy en Ben probeer hulle ballistics so na aan mekaar kry, omdat hul in 'n span skiet. Nou ek weet Ben skiet sy 140gr Hybrids teen 2700fps, en ek moet altyd so 0.5moa meer elevation gee as hy op 1000m.

Louis se skoot loop en hy slat seker die grond 2MOA te vroeg. Ek vra hom voor my skoot wat was sy elevasie, nee reken hy my 35MOA, ek gaan en stel van 33 na 35,5MOA toe. Skoot loop, windage perfek maar stof spat hoog oor die gong. Na die tyd sê hy my, nee hys nog nie op node nie en skiet hier 2640fps rond.

Hier het ek seker die beste les ooit geleer, hou op om jou ore uit te leen! As jy in span verband skiet, vertrou jou spanmaats se windcalls, maar as jy alleen skiet, vertrou jou dope.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by PWV »

Die vuil uil op die bakkie het nie stil gestaan nie!!
Last edited by PWV on Wed Nov 01, 2017 5:49 pm, edited 1 time in total.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld

Post by wlm »

My verskoning hoekom ek in die wal onder die teiken vasskiet op 200 m is die feit dat ek vergeet het om my silencer op te skroef.
Post Reply