Page 1 of 1

Help asb 6.5 x 55 Howa

Posted: Thu Oct 26, 2017 9:47 am
by Jay Jay
Goeie more,
Hoop dit gaan goed.
Praat gister met n vriend van my oor sy 6.6 x 55 Howa.

Sy probleem is dat hy van die begin af druk probleme onderving, al skiet hy met gekoopte ammunisie.
Sy groepering is ook baie swak.
Hy vertel dat sy spoed ook baie laag bly - hy wil baie graag 2800 vps skiet.

kan dit gebeur dat sy loop dunner is as die standaard.

Ek is te dom om hom raad te gee en sal enige raad wardeer.

Dankie en lekker dag.

Re: Help asb 6.5 x 55 Howa

Posted: Thu Oct 26, 2017 9:53 am
by FCLoretz
Jay Jay wrote:Goeie more,
Hoop dit gaan goed.
Praat gister met n vriend van my oor sy 6.6 x 55 Howa.

Sy probleem is dat hy van die begin af druk probleme onderving, al skiet hy met gekoopte ammunisie.
Sy groepering is ook baie swak.
Hy vertel dat sy spoed ook baie laag bly - hy wil baie graag 2800 vps skiet.

kan dit gebeur dat sy loop dunner is as die standaard.

Ek is te dom om hom raad te gee en sal enige raad wardeer.

Dankie en lekker dag.
Die eerste probleem is as jy 6.5 ammunisie in 'n 6.6 geweer skiet gaan jou spoed laag wees. Daai is net 'n grappie.

Hoe weet hy daar is druk probleme? Hoe laag is sy spoed en met watter ammunisie skiet hy?

Die probleem is dat daar te min informasie is om naby aan die regte antwoord te kom. Kan jy meer informasie kry? dalk fotos van die doppe wat druk probleme gee, tipe ammunisie ens.

Re: Help asb 6.5 x 55 Howa

Posted: Thu Oct 26, 2017 10:26 am
by airhunter
JayJay

Ek weet nie of dit een van die simtome is nie maar as jy van primer cratering praat dis in baie gevalle n Howa ding met die slagpen gat wat bietjie lol.
Myse Creedmoor smaak ook so.

Re: Help asb 6.5 x 55 Howa

Posted: Thu Oct 26, 2017 10:31 am
by Rudie
Jay Jay, jy noem nie met watse gewig koeƫls hy 2800fps wil skiet nie. As dit 123gr is dan kan hy dit gemaklik doen. Daar is 'n akkurate node by so 2920fps rond. As dit 140gr is gaan 2700fps so voorland wees. Albei nodes is met S365

Ons sal 'n nadere node kan bereken sodra al die inligting vir Quickload geplaas is.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Help asb 6.5 x 55 Howa

Posted: Thu Oct 26, 2017 10:35 am
by Andre308
Die enigste manier wat ons Jan alle man kan druk meet, is deur die spoed. As jy praat van min spoed, wat kry julle, met watter koel.

As dit druk tekens is op die dop se kop, en die slagdop, dan kan dit miskien n baie ruim kamer wees wat headspace probleem gee.

Soos hier bo ook genoem, sal jy meer info moet gee sodat jy op die regte probleem kan afkom.

Groete.

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: Help asb 6.5 x 55 Howa

Posted: Thu Oct 26, 2017 10:49 am
by Jan Meiring
Skietvriend van my het 'n 6.5x55 Sweed Howa wat groepe skiet waar die gate op die teken mekaar raak.
Bel hom en vra wat sy ladings ens is. 081 3ses een 59drie ses

Re: Help asb 6.5 x 55 Howa

Posted: Thu Oct 26, 2017 10:52 am
by tripodmvr
Jan Meiring wrote:Skietvriend van my het 'n 6.5x55 Sweed Howa wat groepe skiet waar die gate op die teken mekaar raak.
Bel hom en vra wat sy ladings ens is. 081 3ses een 59drie ses
Gewere is nie identies nie en ladings uitruil kan gevaarlik wees. Ons werk nie met koekresepte nie. Bring syfers na die tafel en dan kan ons help.