Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by ROBBIE1 »

Naandse manne.

Ek sit met n taamlike delema. Daars n swart mamba, sy vel is 2.2m, wat besluit het hy trek in my huis op die plaas in. Ons het die vel in die dak gekry.

Dis n grasdak, baie hoe dak, met 2 loft dele, waar die kamers onder die lofts, plafon in het. Ek kry sy spoor, waar hy uit gaan en dan wragtag weer trug kom!!

Hoe verwilder ek hom uit die huis? Nou al al wat n plekkie is wat ons kan sien toe gestop, ma hy gaan sommer tussenndie gras en muur deur nou!

Die hele huis al met Jeyes gespuit, ma hy skrik ook nie daarvoor nie.

Die 11 1 11 is, as die meneer besluit hy kom trug as n man le en slaap, wat n gemors as jy da wakker word!!

Ek luister graag.

Robbie
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Johan Nel »

Robbie,
Kontak ,n plaaslike slangvanger/spesialis om jou te help. Ek is nie seker waar die huis is nie?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by ROBBIE1 »

Dis so 18km buite Steenbokpan, Ellisras omgewing. Die gemors is daars skynbaar nie n slagvanger op Ellisras nie!!!!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Johan Nel »

Jy het 'n PM. Net 'n vraag, hoe weet jy dis 'n swart mamba? Hoe het jy die slang geidentifiseer? Luislang word ook so groot.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
willienel
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Fri May 16, 2014 3:13 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by willienel »

Ons het paar manne in ellisras wat slange vang...ek sal mre sy naam en nommer probeer kry vi jou en jou pm..
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by win270 »

Slaap maar intussen in jou voertuig, Robbie! 'n Mamba is beslis nie my kamermaat nie.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Hansieslim »

1. Dalk n dom vraag, maar sal die "snake repellent" produkte wat mens by die kooperasie kry nie werk nie?
2. My werkers het al vir my goed hier aangebring wat hulle iets soos "kga-ga" noem. Dit is sulke klein blou kristalle wat mens in water oplos en dan spuit. Ek moes chemie twee keer doen so eks nie seker wat dit was nie...kaliumpermanganaat dalk
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by tripodmvr »

Diere en voëls kan giftige stowwe eet wat ons baie siek sal maak. Reptiele is nog meer onbekend. Die Aussies het al verklaar dat geen van hul "snake repellents" werk nie.

Hansie,
Kaliumpermanganaat = pers kristalle
Kopersulfaat = blou kristalle

Om "groen" te bly sou ek 'n poeier probeer - rooipeper, borrie of soortgelyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Supacow »

Sit melk uit as bait en hou die haelpomp reg
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by ROBBIE1 »

Johan ons het sy vel gekry. Dis verseker swart mamba.

Willie as jy kan naam en nommer kry sal ek baie bly wees, kyk ek en n ding met minder voete as 2, en meer as 4 is glad nie buddies nie!!!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by ROBBIE1 »

Ek sien geen PM nie Johan. My no is 082 297 8380.

Ek het koekmeel op die sement om die huis laat gooi, om te sien of hy uit gaan. Hys donderdag aand uit deur die nag, en wragtag op n ander plek weer trug in.
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Meteor »

Sit duidelike fotos van die kop gedeelte van die vel op facebook se snakes of south africa dat hule die slang korrek identifiseer. Hulle sal ook iemand voorstel wat kan uitkom.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Krobb »

Die meel is n goeie plan.Miskien kan jy dit saam n trailcam of gewone sekuriteits kameras gebruik om sy roetine te bepaal en hom dan voorlê.
Dis maar n moeilike saak.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Boesman10 »

Koop n paar rolle van daai gom papier wat jy so uittrek dan sit die vliee aan dit vas. Spyker of staple die papier op die plekke waar jy die slang spoor sien. As daai slang daaroor seil gaan hy onmiddelik begin vassit en dan kronkel hy en sit dan meer vas. Dit maak klomp geraas en maak hom maklik om te vang


Sent from my iPhone using Tapatalk
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Johan Nel »

ROBBIE1 wrote:Johan ons het sy vel gekry. Dis verseker swart mamba.

Willie as jy kan naam en nommer kry sal ek baie bly wees, kyk ek en n ding met minder voete as 2, en meer as 4 is glad nie buddies nie!!!
Weer gestuur.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Jake1 »

Gelukkig weet jy dit, werkers op ons plaas het my lank terug vertel hulle sien elke keer die mamba by my kamervenster.

Ek het eers besef hy bly in my kamer toe ek my laai oopmaak om my slaapbroek te kry, en hy op my slaapbroek gelê het. Hy was 2m lank, ek kon hom gelukkig skiet. Sterkte dis n baie slegte gevoel.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Meteor »

Eish ek wens ek was daar vir julle ouens toe julle die goed kry.
Ek sal julle handjie in myne vat diep in julle oe kyk en troosend saggies sê "TIA my kind...TIA".

Ps. Party velle is amper twee keer die lengte van die slang. Dit rek as dit afkom.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by THOMAST »

Iemand wat ek geken het het 'n radio aangelos in haar skuur om 'n kobra uit die skuur te dryf. Blykbaar word hulle verdryf deur die vibrasies.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by tripodmvr »

THOMAST wrote:Iemand wat ek geken het het 'n radio aangelos in haar skuur om 'n kobra uit die skuur te dryf. Blykbaar word hulle verdryf deur die vibrasies.
Robbie, speel rock n roll met lekker "base" om die vibrasies te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by ROBBIE1 »

Hahaha Meteor jy sal gespook het om my te vang, die ronde lyf kan nog soms spoed kry, en die is een van daai soms gevalle!!

Thomas en Tripot ek gaan dit verseker try, elke stukkie raad vat ek met oop arms.

My bediende se ek moet Madubula koop, glo so swart vloeistof soos Jeyes ma werk beter. Ken iemand dit?

Ai dankie solank vir julle almal se raad en joke hier en daar, waardeer dit!
Willem*
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Jun 02, 2015 10:53 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Willem* »

Dis baie maklik, brand die huis af....probleem opgelos.....

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by J le Roux »

Hello Robbie!

Ai, versigtig vir daai slang ou maat. Mabudula is ook maar 'n teer suur gebaseerde ontsmettings/skoonmaak middel soos Jeyes fluid. Of dit nou sterker is is moellik om te se.

Groete
Johan
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Carl »

Robbie

Die stories van Jeyes en "Snake Repelant" is al deur Johan Marais getoets en dit is alles foefies met 'n K. Dis ou vrou stories en iemand wat geld maak uit mense se onkunde. Jou huis stink en dis al. Ek dink slange het die meeste ou vrou lieg stories in omgang. Mambas wat loop, spring dans, bakkies jaag, perde moeg jaag, 3m+ lank is ens. :)

Die beste raad is maar 'n goeie slangvanger en dan moet jy begin seel waar die slang inkom - nie voor hy uit is nie ;) .
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Lamtjop »

Robbie, ek sal n slagyster vir hom stel. Stel die trapplaat lekker lig en sit dit voor sy inkom en uitgaan plek neer. Maak maar die honde toe. As hy daaroor seil behoort jy hom te vang, anker net slagyster lekker.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by win270 »

Plaas gerus foto's wanneer die meneer opgespoor is . . .
Post Reply