Dags? Manne,
Na 'n LANG gewag het ek uiteindelik my Remington 700 SPS Varmint in .223 gekry. Ek sien die Rheinmettal Denel boekie dui S335 en S321 as geskikte kruit vir hom aan. As ek egter terug lees hier op die forum, wil dit lyk of S321 die meeste gebruik word. Watter voordeel sal S321 inhou bo S335? My geweer het 'n 26" loop, met 'n "rate of twist" van 1 in 12". Ek wil graag van 55gr Hornady V-max punte gebruik maak.
Die plan is ook om my lading ontwikkeling te doen met die OPTIMAL CHARGE WEIGHT metode. KAn iemand dalk vir my 'n aanduiding gee van die begin lading vir S335?
Lekker dag verder
Eugene
S335 vir gebruik in .223 Rem
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S335 vir gebruik in .223 Rem
Dopvolume word maklik 'n probleem en daarom is S321, wat'n balkruit is, makliker gelaai omdat dit minder volume opneem. Dit werk goed en gee goeie akkuraatheid.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
foxbat25
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm
Re: S335 vir gebruik in .223 Rem
Baie dankie vir die terugvoering Tripod. Ek het nou 'n paar rondtes gelaai met 23.8 gr S335. Dit laat die dop redelik vol, die lading is halfpad tussen minimum en maksimum. Sal hulle die naweek toets en mooi oplet vir tekens van druk.