Page 1 of 4

Swak werk

Posted: Sun Sep 11, 2011 5:06 pm
by Johan04
[img width=560 height=420]http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 0617-2.jpg[/img]
Ek het laasjaar die kudu geskiet en 'n trofee daarvan laatmaak.[img width=560 height=420]http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 0349-1.jpg[/img]
Dit is wat ek terug gekry het.

Johan

Re: Swak werk

Posted: Sun Sep 11, 2011 6:34 pm
by 300Winmag
Ek is regtig jammer man - het jy die ou darem gevra of hy geweet het jy het
vir hom 'n koedoe gegee het om op te stop?

Re: Swak werk

Posted: Sun Sep 11, 2011 7:31 pm
by Kallie404
Hello johan
dit is altyd sleg om so iets terug te kry.ek ken daai gevoel,n mens skiet iets besonders,gee dit in,wag maande net om teleurgesteld te wees.kan jy nie dalk net kripties laat weet wie dit aangevang het nie??so kan ander jagters dit gespaar bly??

Re: Swak werk

Posted: Sun Sep 11, 2011 9:41 pm
by Johan04
Ek het met hulle gepraat, en hulle is bereid om dit oor te doen. Natuurlik moet hulle 'n ander cape iewers kry,so dit gaan nie my kudu wees nie. Wat my so kwaad maak is dat hulle dink 'n mens is 'n aap,want die oorspronklike kudu se kleur , die v voor sy kop, die kolle op sy kakebeen en sy bek se kleur verkil. Hoe hulle gedink het ek gaan dit nie agterkom nie,weet ek nie.Die horings is darem my kudu sin.
Natuurlik is die ou wat die werk gedoen het nie meer by hulle in diens nie.
"n Ander ding is dat omtrent 'n derde van die hare af is,so dit is totaal 'n gemors.

Groete

Johan

Ek sal vir eers nie die naam bekend maak nie. Hoop nie iemand anders kom dit oor nie.

Re: Swak werk

Posted: Sun Sep 11, 2011 10:29 pm
by theedge
Johan hoe lyk dit die mense het n blesbok mould geneem om jou kudu te maak

Re: Swak werk

Posted: Sun Sep 11, 2011 10:41 pm
by Sako75
Manne,

Ek het twee jaar terug 'n 16,5dm bosbok ingegee by 'n gewoonlik betroubare taksidermis om gemonteer te word en toe ek na lank se geduldige wag bel om te hoor hoe dinge vorder kry bestaan die nommer nie meer nie?  Daarna ry ek na hulle plek toe wat toe ook verlate is.  Uiteinde van die storie is dat die taksidermis tot niet is en die mense ge-emigreer het.  My "cape", horings en deposito is daarmee het en die mense is weg.....  Soos vir Johan is 'n besonderse trofee nou daarmee heen as gevolg van iemand sonder integriteit!

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 6:48 am
by Johan04
Sako75

Dit het ek ook al oorgekom. Ek het 'n baie mooi springbok hier op Upington ingegee saam met 22 volostruis skeen veletjies wat ek vir leer wou gebruik. Die skeen veletjies maak 'n baie mooi stukkie leer, maar die plek is later bankrot verklaar en het ek als verloor,my diposito ook.
As jy iets bestel by iemand,of in die geval van 'n taksidermie moet daar 'n diposito gegee word en voor hulle die trofee stuur,die res van die geld,maw as jy ver ven hulle is kan jy nie die werk sien nie en dan kom jy soos ek oor. Hulle het die geld en ek sit met 'n bol str..nt.

Johan

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 9:16 am
by herley
Liewe ouers die koedoe se neus lyk soos n vark sin

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 9:53 am
by Stefan764
Manne ek glo nie wat ek hier lees en sien nie...........

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 11:07 am
by BLOK
Uit watter animasie prent is daai foto geknip :o :o

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 11:16 am
by 300Winmag
;D Lyk die koedoe nie soos daai worshond in die Tastic advertensie ...

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 3:26 pm
by afriventure
Johan

Hierdie is SWAK en ek wil nie verder vet op die vuur gooi nie, maar dit is ook nie jou cape/vel nie!

Die wit V op gesig en die wit kolle op kant is nie dieselfde vel nie, Jou V loop deur en is nie gebroke nie en die kolle op die kant is "kolle" en nie sulke langerige vaag wit strepe nie.

Gee hulle gas ou maat!

Johan

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 6:02 pm
by Johan04
Wat stel julle voor doen ek. My cape sal ek nooit weer terug kry nie.

Johan

Ek het gesien dit is nie my cape nie, daar is 5 verskille wat ek kan sien. Ek kan nie verstaan wat se holtetjies op die bo-kaak is nie. Dit lyk of dit van binne met gare vasgewerk is en toe getrek is.
Die enigste uitweg is om my geld terug te vra wat ek al gedoen het, maar hulle se hulle sal dit net vir my oordoen. Met wie se caoe weet ek nie.

Groete

Johan

Re: Swak werk

Posted: Mon Sep 12, 2011 7:05 pm
by douw
Ek het mooi gekyk en gewonder? Ek herken dan die bok.

Nou sien ek wie se "cape" dit is.........



Dit is Rudolph the Red nose reindeer sin ;D ;D

Groetnis
Douw

Re: Swak werk

Posted: Tue Sep 13, 2011 8:05 am
by Hugov
Se vir hulle jy gaan nog n bul moet skiet en hulle moet die kostes dra.
Hulle Moere man dis belaglik, hy lyk amper soos my great dane!
Cheers H

Re: Swak werk

Posted: Tue Sep 13, 2011 8:18 am
by BLOK
Is dit nie juis vir gevalle soos die wat die nuwe gebruikerswet geskep is nie. Dreig hule met daai wet en as dit nie werk nie bel sommer die verbruikers terbinaal en gee hulle aan

Re: Swak werk

Posted: Thu Sep 22, 2011 8:22 am
by Piet Breedt
Ek s? "Name en shame" hom. Dit sal keer dat dit met iemand anders gebeur. Dit is duidelik dat hulle niks van taxidermi weet nie.

Ek het ook al so n stel afgetrap. Ek het n Koedoebul en n moerse  Elandbul van 36" wat 404kg uitgeslag het ingegee en toe ek hul gaan haal, is die Eland en Koedoe se nekke ewe duk. Die Koedoe was pragtig, maar die Eland het gelyk of hulle hom op n Eland Koei se mould gedoen het. Nadat ek hom foto's van die Eland gewys het, het hy ingestem om hom oor te doen met n ander cape. Toe hy my bel en s? hy is klaar kry ek amper die stuipe. Selfde mould, kyk net ander kant toe en het ook geen skropborsel op die voorkop soos myne gehad het. Nodeloos om te s?, is ek my trofee en n deposito van R 3800.00 kwyt, en die taxidermi sit met n 36" Eland horing in sy hol.

Re: Swak werk

Posted: Thu Sep 22, 2011 8:37 am
by BLOK
Ek is geneig om saam met Piet te stem, se wie die man is en dat die manne hom bespreek. Kyk net watse goeie diens het ons n lid van die forum deur Mkonto laat kry as dit nie was vir sy naam wat bekend gemaak was nie sou daai lid nou nog met sy foutiewe demper gesit het.

Blok

Re: Swak werk

Posted: Thu Sep 22, 2011 8:49 am
by Piet Breedt
Daardie lyk vir my na werk van  sekere vrou wat taxiopdonner werk doen naby Babsfontein. Is ek reg?

Re: Swak werk

Posted: Tue Oct 25, 2011 3:38 pm
by Johan04
Manne

Ek het maar besluit om nie die taksidemie bekend te maak nie,omdat ek nog aan die onderhandel was met hulle.Die persoon wat die werk gedoen het, werk nie meer by die spesifieke plek nie en die eienaar was uit die land gewees tot vroeg die maand. Hy het na my besware gekyk en het toe besluit om die volle bedrag aan my terug te betaal.Het die geld vanoggend in my rekening inbetaal.
Ek het darem nou my geld terug al hoe wel ek nie my kudu gekry het nie.

Groete

Johan

Re: Swak werk

Posted: Tue Oct 25, 2011 4:53 pm
by axe942
Ai dis jammer. Al het jy jou geld terug gekry het jy nogsteeds skade gehad. Kon jy iets soos die horings herwin ?

Re: Swak werk

Posted: Tue Oct 25, 2011 5:51 pm
by KalahariKlong
Ai, dis groot skade. Ek is so jammer dat ek na daai trofee van jou se foto gekyk het. Daai steek dwars in my krop. Jy vat so baie van die dier en die jagter weg deur 'n trofee so op te F Foeter. Dis vir my as persoon baie spesiaal om 'n trofee dier te skiet en dan nog die kostes daaraan verbonde, harde werk en baie trots. Ai en dan om so mooi dier na die tyd in so toestand te sien.. Ek sou soos oom Piet s?, "hom met daai horing in sy hol laat rondloop het".

KK

Re: Swak werk

Posted: Tue Oct 25, 2011 8:53 pm
by Sam Kelbrick
Johan

Ek voel vir jou! Niemand verdien dit nie.

Re: Swak werk

Posted: Wed Oct 26, 2011 10:58 am
by Johan04
Ek het nou maar vrede gemaak met die hele ding.
Ek het nog die hele trofee hier by my,lyk my nie hulle wil opgeskeep sit met die "ding" nie.
As ek dalk eendag weer 'n mooi kudu skiet wat ,n mooi cape het sal ek maar die werk weer laat doen, maar verseker deur iemand anders.

Groete

Johan

Re: Swak werk

Posted: Fri Oct 28, 2011 2:43 pm
by Drenalinjunkie
Ek sal vir jou kan help met n goeie taksidermis. Sal jou goeie afslag kan reel. Neet een voorwaarde. Jy moet sy werk dan hier sit sodat die mense kan sien wat kwaliteit is. Hy het ook n leeftyd waarborg op al sy werk. Nou watse ander taksidermie kan dit se?