Vlakvark Spit

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Vlakvark Spit

Post by FCLoretz »

Dagse

Ek is opsoek na resepte/idees om n vlakvark te spit. Varkie weeg so 23kg.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Vlakvark Spit

Post by FHM »

Fred ek kon die raakloop.

http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... s-Butchers
Resep van Henk Brazos

Eerstens kry vir jou 'n lekker groot inspuiting spuit ( so groot jy kan).

Kry dan vir jou so twee, drie van daai dun harde swart pypies wat mens gebruik met sommige mikro besproeings en sny die een punt skuins af sodat dit 'n lekker skerp punt het. Jy sal sien dat die pypie lekker op die spuit se punt pas.
Kry nou bunddraad, tang, foellie en fris mes of kapbyltjie.

Kap die vark se borsbeen oop in die middel, breek die bors oop.

Plaas die vark op die spit se dwarspaal en spalk hom oop en maak vas, pote en tenminste drie plekke om die rugstring/dwars paal.

Span bors gedeelte oop en maak vas op 'n manier om dit so te hou.

Vat nou die foellie en draai met die blink kant na binne om die bors gedeelte. Foellie moet nie te styf wees nie. Vat nou die bind draad en sny +_ 5cm stukkies (klomp) en buig hulle in U vorms met langerige punte. Steek hulle soos kramietjies deur die foelie in die vleis om die foellie orals vas te hou teen die vleis terwyl dit op die spit gaan wees. Gebruik maar 'n klomp, dit help baie.

Die sous:

So 8/10 2lt lemon twist.
3 bottels chutney (fun, nie stukkies in he nie)
2 bottels tamatie sous
swart pepper
sout
gemengde speserye
2 bottels Woschester sous
2 bottels olie
enige kruie waarvan jy hou
Uie sout
Knoffel poeier.

Meng alles in 'n lekker groot pot emmer.

Stop die vark met stukkies spek en heel knoffel huisies.

Vat die spuit, vol en spuit die vark in met die sous. Spuit hom maar goed in orals.

Berei nou die vark met die foellie voor soos bo en plaas op die spit.

Vat nou 2/3 van die lee 2lt bottels se proppe en maak gaatjies daarin. (moet so groot wees sodat jy so vyf daarin kry)

Vul die bottels met van die sous, draai die prop terug, skud en spuit dan van die sous oor die hele vark soos hy draai op die spit.

Onthou om matige kole te behou die hele tyd.

Spuit die vark so elke dan en wan in met die spuit sommer so deur die foellie, die selfde met die bottels oor die vark.

Braai vir omtrent 4ure dan behoort hy naby aan reg te wees( toets maar)
So 1/2uur voordat jy beplan om af te haal, verwyder foelie en spuit weer in. Trek ook sommer al die U draadtjies uit. Braai nou die bors/borug deel lekker bruin.

Haal af, sny op en geniet!!!!!!!!!

(hou net 'n lekker groot/lang skinkbord of opvou staal tafel byderhand om onder in te druk af jy die drade wat dit op die spit hou , afknip. Hy kan so sag wees dat hy sommer van die spit afval!)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply