In afwagting vir 'n nuwe ou geweer, het ek solank begin eksperimenteer met Rustoleum op 'n ou 303 magasyn. Ek wil dit 'n effens matte afwerking gee, so "satin" gekies, maar dit is nog bietjie te blink na my sin. My groot probleem is die taaierigheid van die afwerking na drie dae. Volgens die blikkie is dit binne 24 uur volledig hard, maar dit is, veral nadat ek dit in die son gesit het, weer effens taaierig en het "vasgesit" op die oppervlakte waarop dit gelê het. Wanneer dit koud was in die oggend was dit nie taaierig nie.
Is dit nog nie klaar ge"cure" nie? Ek het dun lagies gegee, 30min uit mekaar.
Rustoleum
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Rustoleum
Giepie,
Ek het Rust Oleum se cammo reeks gebruik om my kolf te spuit. Ek het n heater gebruik om die verf so bietjie te bak vir droog tydperk. Ek het alles saam 3 dik lae op en hy het mooi gekom.
Groete
Ek het Rust Oleum se cammo reeks gebruik om my kolf te spuit. Ek het n heater gebruik om die verf so bietjie te bak vir droog tydperk. Ek het alles saam 3 dik lae op en hy het mooi gekom.
Groete
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: Rustoleum
Giepie, gebruik die Rustoleum Flat Black Primer. Werk 100%
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Rustoleum
Baie dankie. Dirk, is die primer as primer met die ander bo-oor, of gebruik jy die primer as die finale laag?
Ek het weer op die kannetjie gekyk, op plastiek sê hulle finale sterkte 4-7 dae. Sal maar nog so bietjie wag en kyk. (On)gelukkig is die geweer nog nie by my nie, so ek kan nog so bietjie eksperimenteer. Behalwe dat dit te blink is na my sin het dit eintlik nogal mooi uitgekom. Dit op my LE gepas en daar was gelikkig nie vreeslike krapmerke nie.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: Rustoleum
Ek het die primer net so gebruik op my .308, so drie lae as ek reg onthou, en die "wear" was bitter goed.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Rustoleum
Spuit dun lae, en vir beste resultate los hom so 7 dae buite waar dit droog is en waar hy verkieslik 'n bietjie son kry.
As jy hom binne 'n dag of twee op iets/koerant neersit gaan hy vas sit.
As jy hom binne 'n dag of twee op iets/koerant neersit gaan hy vas sit.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering