Kamer dieper sny
- suid wes
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm
Kamer dieper sny
Ek stoei nog steeds met my 6.5x55 sweetse mouser.Ek het nou al gehoor en gelees van ouens wat die loop se kamer dieper sny om nader aan die lande te kom.Wie van jul kan se op die geweer hoe ver kan hy dieper gesny woord sonder dat ek my verongelik,
. 5mm sal al kan help.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
-
Gerard
Re: Kamer dieper sny
As die kamer dieper gesny word, moet die loop ook teruggesit word. 'n Kamerruimer moet gebruik word wat aangepas is om korter vryboor te gee. Die nuwe Sako 6.5x55 gewere het die aangepaste dimensies en word die 6.5x55SKAN genoem in plaas van die 6.5x55Swe. Die modifikasie kan nie op milit?re 6.5x55Swe gewere gedoen word nie want die loop kan nie genoeg teruggesit word nie.
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Kamer dieper sny
Gerard
Wat is die verskil in die dimensies? Ek het n Ruger in 6.5 x 55.
Suid Wes
Waarmee sukkel jy? Wat se verskillende greine het jy al probeer in jou geweer?
Myne het n 1:8 twist sover het ek al 120,129 en 140gr Hornady's baie lekker geskiet
Hierdie is n 4 skoot groepering met die 129gr Hornady's die skoot wat bietjie ho?r sit was die aap agter die gun gewees.
[img width=560 height=420]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 011085.jpg[/img]

.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
-
Gerard
Re: Kamer dieper sny
Rasmus,
Sako is baie traag om die dimensies te gee. Ek het twee Sako gewere gemeet en een laat meet. Die verskille wat ons sien is dat die vryboor korter is en dat die maksimum vryboor deursnee kleiner is. Vryboor deursnee van 'n Swe is 6.840mm en die SKAN is ongeveer 6.730mm. Die vryboor is moeilik om te meet maar dit is ten minste 4/5mm korter as die 14mm van die Swe. Die dimensionele verskille in die kamer is so klein dat dit gerieflik binne die normale toleransies van kamers val.

fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Kamer dieper sny
Dit gaan afhang van die demensie aan die buite kant van jou loop.daar moet genoeg metaal wees om die druk te vat.Die meeste lope kan jy die hele skroefdraad af sny en daar is nog genoeg dikte om nuwe groefdraad te sny.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
Gerard
Re: Kamer dieper sny
Die rede waarom die milit?re Sweedse Mauser nie kan teruggesny word nie is omdat mens die loop moet terugsny met ten minste die lengte van die nek van die kamer/dop. Die ring wat op die milit?re lope teen die aksie vasloop en dus die skouer vorm, is nouer as die lengte van die kamer/dop en sal dus heeltemal weggesny word. Dit laat dan geen skouer op die loop om teen die aksie vas te skroef nie.
[img width=560 height=420]http://picturearchive.gunauction.com/74 ... f01284.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://picturearchive.gunauction.com/74 ... f01284.jpg[/img]
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Kamer dieper sny
Jy kan wel n dik wasser maak in die plek van die ring,het dit al gedoen met skyfskiet lope.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kamer dieper sny
Rasmus wrote: Gerard
Wat is die verskil in die dimensies? Ek het n Ruger in 6.5 x 55.
Suid Wes
Waarmee sukkel jy? Wat se verskillende greine het jy al probeer in jou geweer?
Myne het n 1:8 twist sover het ek al 120,129 en 140gr Hornady's baie lekker geskiet
Hierdie is n 4 skoot groepering met die 129gr Hornady's die skoot wat bietjie ho?r sit was die aap agter die gun gewees.
[img width=560 height=420]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 011085.jpg[/img]
Lyk my al waarmee jy sukkel is die feit dat die geweer 'n lang vryboor het. Met die groepering wat jy hier wys kan jy dinge v?r gaan haal. Vergeet van die vryboor en herlaai tot jy die beste groep vir 'n spesifieke lkoe?lgewig kry.
Gerard het nou die dag gepraat oor die 7x64 en sy probleme met vryboor. My geweer skiet egter besonders goed en verstaan blykbaar nie van die probleme wat hy het nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- suid wes
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm
Re: Kamer dieper sny
Dankie vi jul raad sover.Het geweer ingevat dat kan se hoe of wat,,,en was toe oggend da en dis netsoos jul se.Moet tot agter skouer weg sny.Die ergste is nou dat die loop nie wil los draai nie en hul my aksie n lekke duik in gedrik het.
. Het toe ou gese sny kaamer na 06 toe(30 06) aan gesien loop byna klaar is bou ek ma my ye tiepe 25 06. Ek het soo 800 skoote trug n 100g of 95g hornady's net soo geskiet oor 200m, met selfde laading weer probeer ma nou somme 2". Het al alles op die mark hie by ons geskiet van 95g tot 140g, ma dan te staadig vir die afstand.Ek hou van die 95g v-max en sierra se 100g lekke akiraat en min ricoil en 3100 tot 3200 fps.Werk baie mooi vir kop en nek.
Ek hoop ma dit werk,kan nie regtig n ander uitweg sien.
Ek hoop ma dit werk,kan nie regtig n ander uitweg sien.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
-
Gerard
Re: Kamer dieper sny
fanie17,
Die 6.5x55 Swe se loop kan nie met 'n waster gehelp word nie. Wanneer die loop teruggesny word en die skouer weggesny is, is die deursnee te klein om 'n skouer te vorm wat teen die aksie druk. Dit is dieselfde deursnee as die skroefdraad wat in die aksie inskroef. As die gat in die waster oor die skroefdraad van die loop pas, en die oorblywende loop-deursnee is dieselfde deursnee as die draad, waarteen moet die waster dan stop? Dit sal eenvoudig afgly oor die loop want daar is geen skouer nie.
tripodmvr,
Verstaan jy nou?

Ek het geen probleem met die 7x64 gewere wat ek gebou het nie. Hulle was dimensioneel simmetries. Dit is egter nie altyd die geval met produksiegewere nie. Sommige van die gewere het asimmetriese afwykings van die kamer, slot, loop en so aan. Daarom het ek ges?: "Indien daar enige asimmetriese afwyking met die 7x64 is, sal dit 'n baie groter effek h? as met dieselfde afwyking in 'n 7x57. 'n 7x64 moet soveel meer perfek gemaak wees as 'n 7x57 en die herlaai moet ook met baie meer sorg gedoen word."Gerard het nou die dag gepraat oor die 7x64 en sy probleme met vryboor. My geweer skiet egter besonders goed en verstaan blykbaar nie van die probleme wat hy het nie.
Verstaan jy nou?
- suid wes
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm
Re: Kamer dieper sny
Gerhard sal die 06(30 06)dop op my loop dan werk, kry dam 4, 25 06 se petroon(help ma reg) in my magesuin, uit die moontlikke 5,of moet ek hom ma na 57 toe sny en ma hoop vir n verbeetering.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
-
Gerard
Re: Kamer dieper sny
Daar is nie eintlik iets wat jy met die 6.5x55Swe kan doen nie. 'n 6.5x57 kan nie gedoen word nie want die deursnee van die dop by die romp/skouer aansluiting is 10.97mm en dit is 1.10mm verder vorentoe as dieselfde punt op die 6.5x55 dop wat 11.08mm is. Die vryboor deursnee op die 6.5x55 is ook groter as die 6.5x57. Deur net na die 6.5x57 toe te sny sal daar dele van die kamer wand en vryboor wees wat nie met die ruimer raakgesny is nie. Die 6.5x57 se vryboor is nog langer as die 6.5x55 sin.
Die 25-06 sal die 6.5x55 kamer heeltemal skoon sny. Die tpl is egter 2mm meer en, tensy die wapensmid 'n 6.5x63 ruimer het, sal hy twee keer moet sny om eers die kamer en dan die nek deursnee te sny. Die vryboor sal met 2mm verminder en die vryboor deursnee is 'n berekening wat die wapensmid sal moet bepaal, gegewe dat jy 30-06 of 25-06 doppe sal moet vorm.
As die loop amper gedaan is sal ek nie soveel geld op die geweer spandeer nie. Die kans van sukses, en iets beter te kry as wat jy het, is baie klein. Die lekkerste omskakeling is 'n nuwe loop met 'n aangepaste Mauser sport profiel (sien die tekening hieronder) en 'n 260 Remington kamer. As jy dit wil doen, kry 'n loop met 'n 8" spiraal in plaas van die normale 9"spiraal wat op die meeste VSA 260 en 264 kalibers is.
[img width=560 height=420]http://www.gsgroup.co.za/gscbarrelprofile.jpg[/img]