Page 1 of 1
Nuwe Lid
Posted: Thu Jul 13, 2017 10:06 pm
by BSniperEM
Naand almal,
Melville hier van PE, alhoewel ek min tuis is. Forums soos die en forums oor my ander passies hou my aan die gang as ek lank weg is van my mense en baie tyd op my hande het.
Ek hou van: (in no particular order... soos hulle se) Toyotas, Gewere, Jack Russels, skerp messe, Vliegtuie, Stap-en-Jag, Kampvure, 4x4, Bos-karavane.
Ek hou NIKS van: Ford's, Boesman-ketties, Huiskatte, stomp messe, Gyrokopters, Bakkie "jag", charcoal, platkarre, Gypsy-Karavane
My oudste roer word vlg jaar 70 en is nog 99% (kort n loop). Remington 722 - .223 Rem "Mandevu"
My jongste is skaars n jaar oud en moet homself nog bewys. Weatherby Mark V Accumark - .270 Win "Reaper"
Die middel kinders is...
Glock 19 Gen4 "HK"
Savage Mark II FV-SR - .22LR "Kitty"
Remington 700 SPS Stainless - .300WinMag "Ntwadumela"
Ek leer baie hier...dankie en lekker aand.
Re: Nuwe Lid
Posted: Thu Jul 13, 2017 10:09 pm
by tripodmvr
Welkom. Baie interessante voorstelling. Hoop jy gaan nog baie praat.
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 6:38 am
by Heinz Petersen
Welkom Melville. Ek hou van jou "hou van en nie hou van". Dit is net die 270

Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 7:36 am
by BSniperEM
More en dankie.
Jawat Heinz... ek wag maar vir die 270 comments dis reg...

Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 7:37 am
by joe rocket
Welkom Melville. Alles was nou mooi gedoen en ek het lekker gelees en toe praat jy nou van n "wannebee" 7mm.

Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 8:42 am
by BSniperEM
Dankie Joe Rocket... jy laat my lekker lag.
As ek n 7.2mm (.284") om tegnies te wees, wou gehad het, sou ek een gekoop het... maar ek weet presies hoekom ek my 7mm (.277") gekoop het
Toemaar ek ken die verskil tussen "kaliber" name en afmetings.
En hoekom sal ek nou 2 poeier honger magnums wil he?
Ek hoop jy is net so lief vir jou 300 soos ek vir myne?
Lekker dag.
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 8:51 am
by Supacow
Waar en hoe het Ntwadumela sy naam gekry?
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 8:51 am
by joe rocket
Netso daai 300 is mik en druk en alles val dood, mors dood.
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 9:55 am
by Vlakvark Soldaat
Dagse gesiggie. Jyt my verloor by die naam Melville! Daars reeds een op die forum, en hys n f#&&%n handvol!
Ons is hier om te help, en ons leer die nuwelinge (op die forum) graag oor jag en skiet... Ek neem aan dat jy al jare lank jag saam jou neef, maar die feit dat jy n 270 gekoop het, wil vir my se jy weet nie veel van die sport nie hahahahahahaha!
Sorry dude, ek hap jou net, want Mellies het gese ek moet!
Maar regtig waar, hoekom n 270? Het iemand jou vertel dis n platskieter?
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 10:18 am
by BSniperEM
Superkoei... hy is vernoem na een van die Leeu broers in "Eternal Enemies" die jonger aggressiewe een. My .223 is na die ander broer, Mandevu vernoem. Hulle was my eerste twee jag roere.
Vlakvark troep... ja jong daai neef is n handvol... mens moet hom net nie ernstig vat en niks glo wat hy jou vertel van roere... dis hoekom ek nou met n .270 sit en grief kry.... sy skuld!!
Op n meer tegniese ernstige noot.... my 270 en 300 se bullet drop is identies soos ek hulle laai... so met Swaro Z3 BRH op albei, gezero op 100m... hoef ek net een stel afmikmerkies te onthou.
Ek like dinge eenvoudig... genoeg wiskunde/nommers om te onthou as ek job elke dag.
Die term "platskietgeweer" is n harekloof stelling waar dit nie n verskil maak met meeste mense se skietvermoe en jagafstande onder 300m nie

Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 1:40 pm
by FHM
Dagse "Mel" en welkom hier.
Sien uit na jou deelname.
Tip: Moenie te veel uitbrei op jou gevoel omtrent bakkie jag nie....

Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 1:51 pm
by Vlakvark Soldaat
FHM wrote:Dagse "Mel" en welkom hier.
Sien uit na jou deelname.
Tip: Moenie te veel uitbrei op jou gevoel omtrent bakkie jag nie....

Ja, en die Fords te sleg se nie...
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 1:58 pm
by honda2
.... maar as jy nou die dag besluit om met jou 270 in n Ford bakkiejag te doen... neem ten minste fotos om te deel.
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 2:00 pm
by Steyr270
Viva .270 viva!
Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 2:09 pm
by FHM
BSniperEM wrote:Superkoei... hy is vernoem na een van die Leeu broers in "Eternal Enemies" die jonger aggressiewe een.
"Ntwadumela" = 'HE WHO GREETS WITH FIRE"

Re: Nuwe Lid
Posted: Fri Jul 14, 2017 9:01 pm
by BSniperEM
Netso FHM... dis hoekom hy daai naam het.
En dankie vir die tip... maar iets sleg se, en noem waarvan jy nie hou nie is twee verskillende dinge

... ten minste kla niemand sover dat ek Jack Russells bo huiskatte verkies
So het elke mens maar sy likes/dislikes... maar eks seker ons almal deel een passie... om n bok plat te skiet... al is dit nou maar met n ou .270 Win. (dankie vir jou ondersteuning Carel

)
Julle manne moet n lekker naweek he en lekker jag as julle so gelukkig is.
Chorts