Page 1 of 1

Howa .223 Swaarloop Groef Draai?

Posted: Thu Jun 15, 2017 2:30 pm
by LoopSoosStroop
Ek was altyd onder die indruk dat dit 1 in 12" was, en dis wat Die Kooperasie my ook vertel het.

Ek sien op Legacy Sports se webtuiste al die nuwes is 1 in 9". Het iemand al een van hierdies?

Re: Howa .223 Swaarloop Groef Draai?

Posted: Thu Jun 15, 2017 2:49 pm
by musgrave270
Hulle is veronderstel om die 9twist lope te hê. Daar is 'n batch dunloop 223 Howas wat ook met die 9twist lope uitgekom het.

Re: Howa .223 Swaarloop Groef Draai?

Posted: Thu Jun 15, 2017 3:01 pm
by nols
Ek het 'n standaard 22'' dun loop howa wat 'n 12 twist loop het en ek het
so 2 jaar terug 'n 24'' varminter gekoop en hy het 'n 9 twist loop.
Ek geniet altwee baie . Die dun loop se kolf het ek korter gemaak vir
die kinders en my vroutjie, toe moes ek opgradeer na die varminter. ;D ;D

Re: Howa .223 Swaarloop Groef Draai?

Posted: Thu Jun 15, 2017 3:04 pm
by LoopSoosStroop
Dankie ouens.

Sal die 24" Varminter met 'n 1 in 9" twist 'n 69 gr NCC of 70 gr RDF mooi skiet? Of skiet mens maar 'n 60 gr V-max?

Re: Howa .223 Swaarloop Groef Draai?

Posted: Thu Jun 15, 2017 3:29 pm
by Alwin
LoopSoosStroop wrote:Dankie ouens.

Sal die 24" Varminter met 'n 1 in 9" twist 'n 69 gr NCC of 70 gr RDF mooi skiet? Of skiet mens maar 'n 60 gr V-max?
Ek weet nie hoe hy die 60 V-max gaan skiet nie, maar die 1:9 Howa 223's hou nie baie van ligter konvensionele koeëls nie. Hier van 63 gn af begin hulle beter werk. Die 69 gn NCC en SMK werk puik. Weet nie wat die 75-77 gn koeëls gaan maak nie, maar op die hoëveld behoort hulle te werk.

Re: Howa .223 Swaarloop Groef Draai?

Posted: Thu Jun 15, 2017 3:52 pm
by LoopSoosStroop
Alwin wrote:Die 69 gn NCC en SMK werk puik.
Daai is die 6 woordjies wat ek wil hoor, dankie!