Page 1 of 1

Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 6:48 am
by sako 30-06
Ek is uitegenooi om die naweek op die plaas te jag.

Het iemand dalk al van die plaas gehoor of daar gejag?

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:10 am
by PWV
Kyk, Sako, as ek genooi word om op 'n plaas te gaan jag, vra ek nie vrae nie! Se net dankie en gaan!

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:15 am
by Jean Marais
Maar PWV, daar is mos nou absoluut niks daarmee fout om uit te vra oor die plaas nie. Ek sou dit ook doen vir my eie voorbereiding.

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:40 am
by sako 30-06
PWV wrote:Kyk, Sako, as ek genooi word om op 'n plaas te gaan jag, vra ek nie vrae nie! Se net dankie en gaan!
Goeie more Oom, ek gaan verseker gaan. Ek mis eintlik my vrou se verjaarsdag om te gaan
:):
Gelukkig verstaan sy ek kan nie nee se vir so n geleentheid nie want alle kostes is gedek, ek betaal net vir wat ek skiet.

My jag begin al n paar weke voor die tyd as ek begin beplan en lekker opgewonde raak. ;D

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 7:54 am
by PWV
sako 30-06 wrote:

Jammer, Sako, ek het dit nie negatief bedoel nie!! Is maar net jaloers op so 'n groot present!

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 8:42 am
by sako 30-06
PWV wrote:

Glad nie as negatief oorgekom nie, wou Oom net nog so bietjie meer jaloers maak. ;D

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 9:32 am
by NicoSmit
Jy is geseend om so vrou te hê wat so alles verstaan om op haar verjaarsdag te kan jag my vrou sou net haar kop laat sak het en so onder deur daardie wimper geloer het dan weet ek Pappie se k@#$% is geboek vir die volgende jaar. Geniet dit

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 9:54 am
by sako 30-06
NicoSmit wrote:Jy is geseend om so vrou te hê wat so alles verstaan om op haar verjaarsdag te kan jag my vrou sou net haar kop laat sak het en so onder deur daardie wimper geloer het dan weet ek Pappie se k@#$% is geboek vir die volgende jaar. Geniet dit
Ja, ek is verseker baie geseend met so wonderlike vrou.

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 10:15 am
by OosKaapJagter
Geniet jou jagtog, MAAR...............

As jou vrou sê "DIS REG, GENIET DIT!!!", dan moet jou nekhare rys. So jagtog kos baie meer as net die betaal vir wat geskiet word. So uiteet voor die tyd, een na die tyd en 'n bos blomme wat afgelewer word op daardie verjaarsdag kan dalk help met skadebeheer.

;)

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 10:20 am
by PWV
Sako, smaak my die meeste ouens wat hier kommentaar lewer het die verkeerde vrou getrou? >:+ ::)

Re: Wagenpadspruit Wildsplaas

Posted: Mon Jun 12, 2017 11:54 am
by vossie1
PWV wrote:Sako, smaak my die meeste ouens wat hier kommentaar lewer het die verkeerde vrou getrou? >:+ ::)
Ja nee wragtig Oom dit wil so voorkom, my ou vroutjie gun my al die lekker dinge in die lewe ;D ;) , gaan haar sommer vanaand weer waardeur :laugh: Lekker jag Sako.