Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Jes manne, ek wil begin herlaai en het net gewonder wat is julle erfaring met loodvrye(koper)
punte. Ek het al bietjie rond gekyk en wonder maar wat is die beste, ek het n 243 met n 1:10 twist.
En het al gehoor van die punte is te lank en stabiliseer nie so lekker nie.
Lyk my die koper punte penetasie is nogal goed(Barnes tipped tsx ens.)
Die koper koe?ls werk gewoonlik as hulle 85gr of ligter is. Die 90greiners is te lank en word onstabiel.
Ek jag uitsluitlik met koper omdat ek soos my kar groener wil wees en nie breinskade van loodvergiftiging opdoen nie. Die meeste koper projektiele sal tot op 200m deur die borskas van die meeste groot bokke penetreer.
Ek het ook die eerste tree op die loodvrye pad gegee. Het afgelope week 80gr Barnes TTSX probeer en is heel gelukkig. Van die verskeindenheid skote wat ek geskiet het, het ek een ribbok in die kuiltjie geskiet en die punt onder die vel 10cm van die lies uitgehaal om te kyk wat die punte op die lyfskote maak. Hy was mooi omgeklink (sonder een "blaar") en ek reken hy het goeie gewig retensie van 92%. Vleis is mooi skoon..... ek sien dus waarvan ek hou.
Daar is heelwat koeels wat loodvrye punte het. Die monometaal koeels het natuurlik almal loodvrye punte maar so ook het die Winchester XP3 reeks. Die Winchester XP3 reeks was voorheen die Winchester Fail Safe en die Combined Technologies Fail Safe.