Page 1 of 1
Bait vir jakkals?
Posted: Sun Jun 04, 2017 10:26 pm
by dehacked
Probleem jakkals klim draad en reageer nie op die manne wat roep nie. Ek gaan nou so 'n week op die plaas spandeer en het gedink om te bait en die man in te wag. Hy blyk redelik aktief op 'n spesifieke lyn draad te wees so ek het gedink om pens so km of wat weerskante van skietplek af te sleep en daar af te gooi. Ek wil probeer wegkruip so 150-200m van waar die pens gaan le. Enige tips / advies welkom. Watter tye sal julle voorstel moet ek op die bait wees?
Re: Bait vir jakkals?
Posted: Mon Jun 05, 2017 9:37 am
by Mac
Aas vir jakkals is maar hit & miss. Party reageer dadelik, ander vat weke om te kom proe. Wat wel werk is diere wat of deur hulle of kat gedood is, skelm jakkalse kom nie naby iets wat al mens reuk aan het nie, ander sal die aas se wind werk en 'n kans gee. Maak jou maar reg vie lang koue nagte, op jou stand net na diep skemer, en as jou staan plek nie reg is nie, bly maar by die huis. Beste raad is kry sy bly plek, en doen 'n stil jag of dagroep daar.
Re: Bait vir jakkals?
Posted: Mon Jun 05, 2017 10:50 am
by Jean Marais
Soms as die vis nie lekker byt nie, gebruik ons lewende aas. Miskien moet jy dieselfde probeer. (Onthou, ek's 'n leek)
Re: Bait vir jakkals?
Posted: Mon Jun 05, 2017 11:32 am
by GVC86
Jean Marais wrote:Soms as die vis nie lekker byt nie, gebruik ons lewende aas. Miskien moet jy dieselfde probeer. (Onthou, ek's 'n leek)
Ek ken ook glad nie jakkals jag nie. Maar die maak vir my sin, weet die greenies gaan nie daarvan hou nie.
Wil graag hoor wat die kenners reken oor hierdie onderwerp van lewendige aas vir jakke.
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Re: Bait vir jakkals?
Posted: Mon Jun 05, 2017 11:35 am
by dehacked
Dankie vir almal se insette so ver. Ek sal seker 'n hoender of tarentaal kan reel in 'n vanghok as julle reken dit gaan beter werk.
Re: Bait vir jakkals?
Posted: Mon Jun 05, 2017 11:52 am
by Friedland
N skaaplam in n hok met die ma naby. Daai lam bler die heelnag
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Bait vir jakkals?
Posted: Mon Jun 05, 2017 2:26 pm
by Henrie_270
Is daar nog net in die nag op hom geroep? Indien dit die geval is sal ek n dagroep aanbeveel...
Mioiloop