185gr Hornady GMX in die .338 Winchester Magnum (3000fps)

Post Reply
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

185gr Hornady GMX in die .338 Winchester Magnum (3000fps)

Post by Max Rossle »

Goeiedag Lede

Vertrou dit gaan goed.

Ek het nou 'n spog lading ontwikkel in my .338 Winchester Magnum met die 185gr Hornady GMX koel teen 3000fps (groepering bied 0.5MOA op 'n konstante basis) en is heelwat ligter op die skouer as die 250gr teen 2730fps.

Het enige iemand al met die koel in die kaliber gejag met 3000fps snellheid?

Ek vermoed dit sal goeie hydrostatic skokgolwe veroorsaak en "vleisskade", al is dit 'n monolithic koel... Surface hemorrhaging en soft tissue hemorrhaging lyk dit my is meer te doen met impaksnellheid (bo 2800fps)...

Die koel hoort ook om aanvaarbare penetrasie te bied (al is dit nie die 250gr koel wat diep dryf nie).

Die trajek met die 185gr uit die 338 uit is dieselfde as my 243 sn (90gr teen 3150fps).

Hoor graag by julle wat al ervaring het met die koel in die veld (performance van koel - al is dit met 'n ander kaliber).

Groete
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
Post Reply