Page 1 of 1
Smeermiddel op dop skouer
Posted: Thu Aug 18, 2011 3:37 pm
by Johan JvR
Dags? manne
Ek het geleer as mens doppe smeer mag daar nie smeermiddel op die dop se skouers kom nie, net op sy kante en nek.
Hoekom is dit so? Of is dit sommer wolhaar storie?
Dankie, groete
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Thu Aug 18, 2011 4:29 pm
by MJK
Try en kyk wat gebeur....
Dop afgeskryf! Skouer van dop het ingeduik. maar moenie bekommerd wees nie - een of ander tyd gaan met jou gebeur, soos ek wat noudie dag na jare dit WEEREENS gedoen het

Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Thu Aug 18, 2011 4:32 pm
by Beretta
MJK
Koop imperial sizing wax problem sorted by SO
Beretta
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Thu Aug 18, 2011 6:31 pm
by Geno
Ek lube met Spray&Cook, en het nog nooit moeilikheid gekry nie...
Groete,
Eugene
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Thu Aug 18, 2011 6:40 pm
by tripodmvr
Geno wrote:
Ek lube met Spray&Cook, en het nog nooit moeilikheid gekry nie...
Groete,
Eugene
Die olyfolie in spuitkannetjie werk ook goed. Laat nie die matryse roes nie. Moet egter hoeveelheid beperk sodat duike nie vorm nie.
Hou egter van die voorstel van grafiet. Druk dop in poeier en hervorm. Niks olie en ander gemors nie.
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Thu Aug 18, 2011 10:25 pm
by JPS
Maat van my reken ook daai grafiet werk soos 'n bom, sal moet kry en slf toets.
JP
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Fri Aug 19, 2011 8:25 am
by Johan JvR
Ek het 'n hele paar jaar terug Lyman se aerosol kannietjie case lube gekoop, gebruik dit nounog en het gelukkig nognie duike in doppe gekry nie.
Dankie - nou weet ek darem wat die storie agter die storie is.
sal maar daai Imperial wax bestel...
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Fri Aug 19, 2011 9:55 am
by MJK
Geno
Dit was hoeka met daai spay&cook! Kon dit ook nie glo nie! Ek het weg beweeg van daai taai Layman lube
Ek het summier besluit ek kry vir my 270 ook 'n Lee Collet die. geen lube dan in geheel nodig nie - slegs elke 3e keer nodig om te lube as full size

Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Fri Aug 19, 2011 7:03 pm
by Christo
Ek het nou die dag so swart potjiie grafiet poeier gekoop by S&O en al so 100 doppe gelaai met groot plesier. Ek het wel net ge"necksize" maar die expander glip behoorlik uit die dop. Ek weet nie of daar LT probleme is nie maar vir nou werk dit lekker. Hy kos so R 80 dink ek.
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Fri Aug 19, 2011 7:29 pm
by tripodmvr
Christo wrote:
Ek het nou die dag so swart potjiie grafiet poeier gekoop by S&O en al so 100 doppe gelaai met groot plesier. Ek het wel net ge"necksize" maar die expander glip behoorlik uit die dop. Ek weet nie of daar LT probleme is nie maar vir nou werk dit lekker. Hy kos so R 80 dink ek.
By die ko-operasies (Senwes) verkoop hulle grafiet in 'n houer so groot soos 'n 2 liter koeldrankbottel wat ek dink 1 of 2 kg grafiet in het. Dit word vir smering op trekkers of soortgelyk gebruik. Ek het seker 2 jaar gelede R80 vir so houer betaal.
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Fri Aug 19, 2011 7:34 pm
by Christo
tripodmvr wrote:
By die ko-operasies (Senwes) verkoop hulle grafiet in 'n houer so groot soos 'n 2 liter koeldrankbottel wat ek dink 1 of 2 kg grafiet in het. Dit word vir smering op trekkers of soortgelyk gebruik. Ek het seker 2 jaar gelede R80 vir so houer betaal.
Lank lank gelede het my pa grafiet poeier in 'n platiek druk botteltjie ( soos neussproei ) gekoop. Die goed se naam was " Just a Puff". Ek verlang nou nog na die botteltjies, slotte se baas smeer. Seker die lekkerste puff wat jy kon gebruik en geen olie of gries om stof te gaar nie.
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Sun Aug 21, 2011 12:33 pm
by henti
Daai foutjie kom my gereeld oor maar die dop is nie noodwendig afgesgryf nie ek laai die geduikte dop weer net n 0.5 gr ligter en skiet die duik weer uit sommer op die gong baan.
Groete Henti
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Sun Aug 21, 2011 12:44 pm
by Fanie Nel
Goeie dag trip
Jy se daai grafiet poeier wat ons in die planter se meganismis gebruik werk goed, het nogal gedink ek wil dit bietjie probeer. druk jy
sommer die dop binne in die poeier.
Groete Fanie Nel
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Sun Aug 21, 2011 1:35 pm
by THOMAST
Menere,
onthou net dat daar verskillende gehaltes grafiet poeier op die mark is, elk vir 'n spesifieke aanwending. Kry die fynste en suiwerste grafiet as jy dit wil gebruik om doppe deur 'n matrys wil druk.
Re: Smeermiddel op dop skouer
Posted: Tue Aug 30, 2011 12:57 pm
by Frikkie Coetzee
Dagse
As grafiet so goed werk, wat dink julle van Moly ?
EK het toe moly in die mode was n blik ingevoer. Min gebruik ( letterlik n teelepel is genoeg vir duisend punte) Veral vir daai lastige nekke aan die binnekant.
As grafiet werk, hoekom nie moly nie? Ek gebruik Hornady se was ( baie soos imperial en ek sal Imperial eerder gebruik as my bakkie eendag gedaan is). As iemand die spuitbottel of RCBS en Lee se smeermiddels wil he wat ek nog het, julle is welkom.
Frikkie