n Vriend wat saam met my werk wil graag sy seun vat vir n jag, hy self het ook nog nie n bok geskiet nie en besit nie n geweer nie. Hy wil eers kyk of sy seun van jag hou voor hy n geweer aanskaf (hulle is Engels, maar hy praat goeie Afrikaans
Hy het gevra of ek nie weet van n plaas/outfitter wat hulle kan kontak nie:
Hy wil nie in USD betaal nie, maar is bereid om geld te spandeer.
Hy pekel en berook sy eie vleis en wil vir die pot skiet. n Paar springbokke/blesbokke of soortgelyk.
Hy is van die Kaap, maar wil n vakansie daarvan maak en is bereid om te ry: Wes-; Oos-; Noord Kaap. Verblyf kan baie basies wees.
Weet enige iemand van n plek of twee wat hy kan kontak?
Groete,
Albert


