Dagse manne. Ek het 2 hans kallers wat omtrent 1 maand oud is. Vriend het vir my raad gegee om Meadow se kalf pille as voedding toe te dien. En as hul tenminste 1kg 'n dag elk kan in kry, hoort jy hul nie met melk aan te vul nie. En dit voorkom ook dan tot 'n mate skittery.
Ek het wel opgelet dat die 1 kalf se mis redelik slap is en naby aan skittery is. As dit vererger. Wat kan mens vir die kalf gee om dit reg te kry? Die mis is darm nog 'n ligte groen van kleur.
Dankie
Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Kallers skittery
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Kallers skittery
Houtskoolpille werk vir mense 
Kanse is baie goed dat hulle lintwurm het. Dus eers Lintex ; as dit nie werk nie kaolien en geaktiveerde houtskool.
As daar bloed in die mis is is dit die maagwand wat skade het.
Kanse is baie goed dat hulle lintwurm het. Dus eers Lintex ; as dit nie werk nie kaolien en geaktiveerde houtskool.
As daar bloed in die mis is is dit die maagwand wat skade het.
Last edited by Ds J on Tue Mar 21, 2017 10:47 am, edited 1 time in total.
- cobus s
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Wed Sep 02, 2015 11:57 am
Re: Kallers skittery
My Pa meng gewoonlik so eetlepel custert poeier saam 2 liter melk
- dorsland
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am
Re: Kallers skittery
Kan coccidiose wees. Spuit so 10ml Maxisulf of Sulfazine binnespiers vir 3 dae. Doseer Vecoxan voorkomend.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
-
stoffel pantoffel
- Jr. Member

- Posts: 57
- Joined: Sun Mar 24, 2013 11:31 am
Re: Kallers skittery
Baie dankie. Vir raad. sal so maak.
Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Sent from my SM-A310F using Tapatalk
