Nuwe herlaaier

Post Reply
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Nuwe herlaaier

Post by gillie »

Goeie more menere

Het so paar weke terug die wereld van herlaai betree. Het vir my 'n RCBS Rockchucker Supreme Master Kit gekoop.

Sou julle van die toerusting vervang ?

Ek verwys spesifiek na iets soos die 505 skaal en uniflow powder measure.

Ek het intussen al "range ammo" gelaai vir my 40 S&W, wat nie so akkuraat hoef te wees nie, so ek het die proses redelik onder die knie. Ek wil begin herlaai vir my 30-06 en wil weet of die bogenoemde toerusting akkuraat genoeg gaan wees?

Dankie
Johan
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Nuwe herlaaier

Post by THOMAST »

gillie,
Jy kry beter en beslis slegter toerusting. Jy hoort olraait te wees met daai apparate.
Hou jou Rockchucker se "Ram" skoon: Vee hom gereeld af wanneer jy slagdoppies verwyder - die residu  wat uitval sit op die skag vas en sal mettertyd slytasie van die veroorsaak wat tot speling op die skag sal lei, iets wat ongewens is. Gebruik goeie smeermiddel op die skag, ook om slytasie te verminder.
Ek sou voorstel dat jy vir jou 'n sg." Powder Trickler" aanskaf wat jy langs die skaal opstel om die laaste paar korreltjies mee af te meet. S? nou jy wil 52gr S365 laai, Nou stel jy die Uniflow om net onder 52gr te gooi, s? maar 51,5gr. Meet dit af in die skaal se pannetjie en plaas op die skaal. Trickle dan die laaste paar korrels in om die korrekte gewig daar te stel.
Hou jou skaal in 'n windstil omgewing. Hou jou skaaltjie stofvry tussen gebruike en hy sal ok werk.
Ek weeg maar elke lading af, net om seker te wees en sal nie die Uniflow vertrou om konstante ladings af te yk nie.
Gooi daai "lube pad" weg en kry vir jou "Imperial Sizing Wax", gemaak deur Redding wat jy met jou vingerpunte aanwend.
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Nuwe herlaaier

Post by gillie »

Dankie vir die terugvoer Thomas, sal solank bietjie herkou daaraan  :)
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Nuwe herlaaier

Post by THOMAST »

gillie, kry maar ook vir jou meetinstrumente sodat jy weet wat aangaan. 'n Vernier is baie waardevol asook 'n chronograaf. As jy nie een nou wil koop nie vra dan maar vir een van jou pelle  wat een het of jy hom kan gebruik wanneer jy met die geweerlaai begin.
Geniet en veilig laai!
Post Reply