Goeie dag manne,ek het so paar vrae:
1.Waar begin 'n man as jy wil herlaai?
2.Wat kos die toerusting?
3.Hoe werk ek my eie lading/s uit?
Ek wag in spanning vir julle herlaai ghoeroes
Waar om te begin met herlaai?
-
Kokkie
- Newbie

- Posts: 31
- Joined: Mon Jun 20, 2011 4:00 pm
Waar om te begin met herlaai?
Push to test....Release to detonate
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Waar om te begin met herlaai?
Hi
Hier is nogal 'n nice post van vroeer. http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5
Met pryse en ladings sal die ander manne moet help. Weet die RCBS se kit is nie te duur by Safari and outdoor nie. Dink dis onder R4000.
Groete

Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: Waar om te begin met herlaai?
Kokkie
Kry die DVD :The sum of all parts.Hierdie DVD is gemaak deur Mauritz Coetzee en is by Safari and Outdoor.
Ek het hom vandag gekyk.Baie goed vir beginners.
Groete
Flip
Die DVD:The sum of all parts,practical reloading for rifle cartridge reloader.

Last edited by Flip Fouche on Mon Aug 15, 2011 4:26 pm, edited 1 time in total.
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
-
ablm468
Re: Waar om te begin met herlaai?
Kokkie
Ek gaan jou probeer antwoord, ek is nie 'n spesialis nie maar herlaai al 20 jaar. Ek het al baie op die forum geleer en besef ek het nog baie om by die kenners te leer.
Wel die eerste ding wat jy gaan nodig h? is 'n press. Daar is verskeie make om van te kies, waarvan Lee maak die mees bekostigbaarste is. Dit is raadsaam om 'van die begin af 'n 'O' press te koop, hulle hou langer en het nie speling op nie, daar kan jy kyk na Lyman , RCBs en ander, dan moet jy matryse, "dies", kry vir die kaliber wat jy wil herlaai, 'n elektronies skaaltjie of goeie kwaliteit balkskaaltjie is nodig om jou ladings mee akkuraat af te weeg. Indien jy die taak wil vergemaklik kry vir jou 'n "powder measure", dit is 'n stuk toerusting wat die ladings naastenby korrek afweeg, en verhoed dat jy elke keer die tydsame proses moet herhaal om elke individuele lading af te weeg. Saam met die powder measure gebruik mens 'n "trickler" om die laaste paar grein by te voeg en dan elke lading presies dieselfde te kry. Koop ook 'n powder funnel om te verhoed dat die poeier mors as jy die dop vul.
Jy gaan ook 'n trimming kit benodig aangesien die doppe verrek tydens die vuur proses en jy moet hulle dan weer terugsny na die oorspronklike spesifikasies. , ek is nie voorstaander van die Lee trimming tool nie hulle is nie so akkuraat nie gebruik eerder die Lyman of forster case trimmers gee baie meer akkuraat, hulle is duurder as die Lee maar jy gaan hom eenkeer koop en hy hou vir altyd. Saam met 'n trimming tool benodig jy 'n goeie kwailteit "vernier" om akkuraat te bepaal of die doppe almal dieselfde lengte gesny is. Dit is belangrik om nie hier geld te wil spaar nie, aangesien die korrekte lentes van jou doppe van kardinale belang is vir akkuraatheid.
Dan benodig mens ook 'n paar items vir die voorbereiding van die dop voordat jy hom herlaai.
"n Chamfer tool is nodig om die skerp kante van die dop weer af te werk binne en buite sodat die nuwe punt wat jy wil indruk makliker in die dop ingly. Jy benodig ook 'n primer pocket cleaner om die slapdop se gaatjie skoon te maak van enige roet wat daar aanpak.
Om die nuwe primer weer in te druk het die meeste presse wat beskikbaar is 'n seating tool wat jou kan help met die funksie, ek gebruik egter 'n priming tool, dan kan mens 'n groot aantal doppe op dieselfde tyd prime, dit maak net die taak makliker. Dan benodig jy ook resize lube om te help met die resize proses, dit verhoed dat die dop in die "sizing die" vassteek. Om die dop skoon te maak kan jy of van 'n case tumbler gebruik maak of lyman se "case cleaner" wat 'n chemiese proses is om doppe skoon te maak.
Ek skat om te begin gaan so om en by R3500 tot R5000 kos afhangende van die kwaliteit toerusting wat jy koop, mens kan sekerlik baie meer spandeer maar ek ken nie jou begroting nie, as mens baie fondse beskikbaar het kan jy die beste toerusting van die begin af koop meeste mense wil egter die basiese toerusting koop sonder om 'n plaas se prys te betaal.
Met herlaai is dit soos met rekenaars, jy koop die duurste wat jy kan bekostig.
Hier is 'n lys van benodighede:
1. Press
2. Dies
3. Skaal
4. Powder measure
5. Powder trickler
6. Case trimmer
7. Chamfering tool
8. Primer pocket tool
9. Resize lube
10. Case tumbler/ Case cleaner
11. Primer seating tool
12. Powder funnel
13. Elektroniese Vernier
Baie van die vervaardigers verkoop "start up kits" wat reeds baie van die items genoem bevat, kyk gerus na so 'n "kit", jy kan dalk geld spaar.
Ek is seker hier is 'n paar manne wat aan nog items kan dink om by te sit, ek dink dit is die basics, as jy later meer vertroud raak met die herlaai proses, kan jy nog beter en meer toerusting koop. Bel? in 'n goeie herlaai boek of soos van die vorige sprekers genoem het 'n dvd, dit sal jou 'n goeie agtergrond gee oor die herlaai proses.
My filosofie oor herlaai is eerstens om beter rondtes te vervaardig as wat mens in die winkels kan koop, en tweedens indien ek kan, om geld te spaar versus om klaar gemaakte ammo te koop.
Dit hang met ander woorde af van wat jou filosofie is wat gaan bepaal hoe jy die herlaai storie benader.
Hoop jy kom reg en welkom by ons op die forum, hier is 'n klomp kenners bymekaar wat nie skaam is om hulle ondervinding met 'n nuweling te deel nie.
Hansman