BASA 25 MAART 2017

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

BASA 25 MAART 2017

Post by Frederik »

Volgende skietdag sal plaasvind 25 Maart op Fred Everest baan Bronkhorstspruit. Kom neem deel meer vir jouself as die kompetisie dit gaan oor hoe goed jy en jou geweer mekaar ken en kan werk onder druk toestande.

Lede R150 inskrywing
Nie lede R250 inskrywing

Ons kuier lekker almal saam na die tyd en geniet kameraadskap onder mense wat gewere lief het. Kaliber kleiner 9.3mm is welkom soos genoem dit is toets vir jouself en jou gereedskap.

Ek verdere inligting sodra ek meer besonderhede kry.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by DWB »

So wie kom nog Saterdag?

Sien al goed uit na die shoot!

Die baan bestaan blykbaar uit 13 skote vir die dag!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Frederik »

Sien Deon het my voorgespring ja 13 rondtes nodig om die bane klaar te skiet.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by spekieries »

Op die red dot draad het jy my voorgespring. Ek gaan probeer om daar uit te kom.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Frederik »




Video van die naweek op baan 2 my seun met die 6.5 x55 saam met my vriend Cornelis en sy 303.

Mag 3 in magasyn laai op fluitjie kan ky laai en skiet op leeu brein na 3 sek begin hulle storm. Maks 3 skote as jy nie al drie kon skiet nie moet jy eers magasyn leeg maak en na 2de punt beweeg. Vanaf punt 2 kon jy net 1 patroon op slag laai. Punt 2 skiet brein skoot olifant van kant af. Punt 3 skiet olifant brein frontal en 2 skote om die spine te breek. Punt 4 skiet krokodil op grond in brein tyd stop op laaste skoot op krokodil. Elke skut het sy eie RO gehad wat agter hom hardloop en sy eie tyd clock.

Baan was baie uitdagend en baie het weggeloop met telling van 0 en die gemiddeld was seker 2 uit 8 vir die baan. DWB en Gerhard het die tyd gejaag en seker die vinnigste tyd op baan gedoen. Met Gerhard op 53 sek en Deon op 1 minuut 3 sekondes. Ek.het die baan gedoen in 1 minuut en 8 sek. Gemiddelde tyd op die baan was seker by 1 minuut 30 sekondes.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by DWB »

Ja nee kyk, Gerhard het soos 'n bang man van daai leeus af weg gehardloop, en toe ons skote kyk toe kon ons sien hy het rede gehad om te hol!!!!! :laugh: :laugh: :laugh:

Was vet pret!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Wouter Roets »

Freek

Is daar nie n foto van Deon op daai baan nie? Sal graag wil sien of hy hol of rol.

Groetnis
Wout
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Frederik »

Vra vir Gerhard hy het die fotos geneem moet vir jou sé was nogal snaaks gewees toe Gerhard besluit het om spoed te vang en Deon toe ook turbo aansit.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by DWB »

Wout, jou hol :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Moenie hierdie vaatjie onderskat nie! Ek is net dik, nie kruppel!

Ek en Gerhard het saam geskiet, so daar was gelukkig nie 'n fotograaf teenwoordig!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Wouter Roets »

Deon

;D ;D ;D Jy het dit seker met goeie voorbedagte rade dit so gereel dat die fotograaf saam met jou moes skiet.

Groetnis
Wout
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by DWB »

Man, ek is blykbaar in 'n moewiese stofwolk weg waaroor die manne lekker gelag het, maar Gerhard het soos weerlig daar weggespring, ek het darem die ander RO verby gevat, so ek dink dit kon komieklik gewees het, maar ek het ook nou al geleer om te pause op die skietpunt om darem raak te probeer skiet! Maar eintlik het ek gedink Gerhard is al ou wat sou kon by bly! Toe hol hy vir my weg!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
gs23139
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Wed Mar 05, 2014 11:32 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by gs23139 »

Het iemand al die uitslae gesien?
Gerhard

Howa: 223, 243, 6.5 x 55 SM, 30-06, 375 Ruger
Savage: 300 WSM
CZ: 416 Rigby
Sabatti: 12Br
Mauser: .22
Glock: 9mm 17
Excalibur Matrix 380 Kruisboog
PCP: Daystate 5mm Classic
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Jean Marais »

Ek moet sê dit lyk na 'n baie lekker skietoefening. Gaan hom beslis nog eendag kom saamdoen.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by LoopSoosStroop »

Op 'n ligter not, na ek een van die ou videos gesien het, kan ek 'n naam verandering voorstel:

BMSA: Big Men Shooting Association

Ek is oppad na die ligter kant van 70 kg, haha, nie die regte medisyne om hierdie groot gewere vas te staan nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by DWB »

Ek het so vinnig na die shoot na die uitslae gekyk, maar dit is nog nie op die website nie.

@LSS,

Julle kleiner ouens vat baie minder punishment as ons groot ouens wat als absorbeer.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Frederik »

Top 3 skuts, top veteran, top dubbel en top vrou skut word op die dag genoem anders wag ons maar vir die resultate sal seker teen Woensdag op wees.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by DWB »

Official scores kan hier gesien word:

http://bigbore.org/members/wp-content/u ... 17.xls.pdf
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BASA 25 MAART 2017

Post by Frederik »

Geluk Deon met 4de plek as Gerhard jou nie so aangejaag het met die baan nie sou dinge seker anders gelyk hehehe
Post Reply