Dag almal
My lisensie vir n Beretta A301 is die week goedgekeur. Het iemand al herlaaide patrone in n semi auto geskiet. Ek het jare terug baie patrone gelaai met n Lee load all 2. Maar het die patrone net in dubbel en enkelskoot haelgewere gebruik. Ek onthou van die herlaaide patrone was party maar effe krom en skeef, maar het nog altyd goed gewerk.
Herlaaide patrone in semi-auto
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Herlaaide patrone in semi-auto
Dit is moontlik maar baie moeite.dit kos baie doppe uitsoek en versigtig laai.na baie gesukkel het ek maar die herlaaide ammo slegs is die dubbel loop gewere gebruik.op die Lee load all gaan dit maar moeilik.jou tipe dop,die lengte en tipe wad en hoeveelheid lood dra alles by tot n bruikbare patroon.
Miskien op n dillon of beter masjiene is dit bruikbaar.
Groot geheim van herlaaide haelgeweer is om baie aandag aan doppe te gee.probeer so ver moontlik dieselfde doppe te gebruik wat skoon en nie beskadig is nie.opteldoppe by n skietdag of skietbaan is gewoonlik vuil en vetrap wat baie kopseer veroorsaak.

- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Herlaaide patrone in semi-auto
Hy sal werk met herlaaide patrone. Laai net 32gr of meer anders kry hy nie genoeg druk om die volgende patroon in jou kamer te laai nie. Dan lyk dit asof hy stoor.
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 723
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Herlaaide patrone in semi-auto
My ondervinding is weer andersom. My Browning O/U is baie gevoelig vir herlaaide patrone en maak glad nie toe op seker 90% van my herlaaide patrone nie. My Winchester SX3 is weer 'n vraat vir herlaaide ammunisie en skiet hulle van die more tot die aand sonder enige storings. Ek glo dit is omdat die semi-outo se kamertoleransies ruimer is die van ander tipes haelgewere.
Dit is patrone wat ek seker al 8 jaar gelede op 'n Lee LoadAll II gelaai het, ek het wel dieselfde doppe gebruik en gesorg dat ek 'n ordentlike crimp kry. Met 'n infrarooi lamp maak ek die doppe effens, maar net effens warm voor die krimpstadium.
Albei gewere is 20Br.
My Benelli Vinci in 12Br skiet ook herlaaide patrone, so lig as 28g, sonder enige storings.

- Konrad308
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm
Re: Herlaaide patrone in semi-auto
My semi auto het geen probleem met reloads nie. Ek laai ook met 'n lee. Me reloads lyk nie altyd mooi nie maar werk redelik mooi.
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag