"Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post Reply
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

"Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Vosman »

Middag manne!
Ek het 'n portugese mauser waarvan die oop brug toegemaak is en die slot handvatsel terug geskuif is om die soos 'n konvensionele aksie te laat werk.
Om die meer akkuraat te kry het ek my geweer na ARMS toe gevat om die volgende te doen.
Die loop te free-float
'n thor sneller op te sit.
Die visiere af te haal(Beter Harmonika)
Die band swivel aan die kolf vas te sit.
Die kroon oor te doen.
Die aksie te "true" so bes moontlik, blykbaar is die aksies moeilik om mee te werk.
Ek het ook 'n knaldemper laat maak.

Gee my asb opinies oor of ek op die regte pad is om die geweer meer akkuraat te kry, anders aanbevelings?

Groete
Last edited by Vosman on Thu Aug 11, 2011 4:07 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: "Accurising" 308

Post by Vosman »

Ek probeer om 'n foto kleiner te maak om op te sit.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by 222 »

Vosman

Ek het 'n programmetjie van die internet afgelaai met die naam PHOTOMATIX. Werk regtig baie lekker jy maak hom sommer met die program kleiner
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Monrique (SJ) »

Vosman

Vertel ons bietjie hoe die roer uitgekom het en hoe skiet sy nou????


Groetnis
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Vosman »

SJ,
Man daai geweer loop nou sommer bakgat.
Thor het toe nie 'n sneller gehad wat werk op die aksie nie, so daar is 'n timney op.
Die geweer is vir my persoonlik baie mooi oorgedoen, en skiet sommer 'n barshou.
Met die knaldemper op skiet ek konstant  duim groeperings op 200m. Dit het my verwagting oortref aangesien dit 'n ou aksie en geweer is.
Die gebruik van die geweer gaan vir die bosveld wees so ek het dodelike akkuraatheid vir bosveld jag. Het die geweer ge-zero op 100m en skiet klawers daar.

As jy my kan help sal ek vir jou 'n paar fotos mail dan kan jy dit oplaai?
Ek kom glad nie reg met die photobucket nie, en het dit ook stap vir stap probeer volg soos gese op die forum.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Monrique (SJ) »

Vosman

Jy kan maar aanstuur.

Groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Monrique (SJ) »

Vosman

Hier is jou foto's.  Jou geweer lyk sommer "grend".  Jy kan maar vertel hierso.

Geniet haar.

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... bb2001.jpg[/img]'

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... bb2002.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... bb2004.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... bb2003.jpg[/img]


Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Geno »

Vossie,
Daai gun lyk sommer bakgat man!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Vosman »

SJ, dankie vir die hulp!
Die is die geweer waarmee ek my eerste bok geskiet het, 20 jaar terug in 1991. My pa het hom by my oupa gekry in 1968, en my oupa het hom in die vroee vyftigs geruil vir een van sy .22 hornets waarvan hy 2 gehad het.
Ek het die geweer laat mooi en akkuraat maak, maar net tot hier toe. Ek wil die geweer maar so oorspronklik as wat ek kan hou vir die sentimentele waarde.Sal graag by die versamelaars ens wil hoor wat hulle dink van die aksie, en die veranderinge wat gedoen is soos gewys in die fotos.
Soos ek se skiet die vlamspies nou mooi!
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Vosman »

Geno
dankie man, as ek die geweer bekyk, vashou, en skiet kry ek sommer 'n traan in my linker oog, dis my emosionele kant en dan pla die trane nie die teleskoop oog nie! ;D ;D ;D
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Monrique (SJ) »

Plesier ou maat en laat die skote klap.


Groetnis
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by 243Songdaug »

Dit lyk sommer baie netjies!

Werklik iets waarop 'n man kan trots wees. Geniet die spies.

Groete
Songdaug
Dont tell me, show me......
Trigger Mike

Re: "Accurising" 308 Portuguese Mauser

Post by Trigger Mike »

Vossie vir meer akuraatheid kan jy aan die kopspasie tussen die skut se ore werk, of hou jou gewrig styf op die follow through wanneer jy cast met daai Peri Peri .308 ;D Voc? me inteder bem?

EK terg net manne ken vir Vosman al lank en moet se die geweer het baie mooi gekom.

Obrigado Chiao (Al portuguese wat ek nog kan onthou is half peri chicken en chips)
Post Reply