Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post Reply
Thinus Human
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Oct 09, 2014 1:15 pm

Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by Thinus Human »

Goeie more menere

Ek het hulp nodig asb. Kan iemand my riglyne gee oor n motivering vir n 410 single shot haelgeweer. Ek het hom gesien by die gunshop in die week en toe n baie goeie prys gekry en toe hom sommer gekoop ook sonder om te dink. Julle weet mos hoe kan n mens sommer net so op die ingewing van die oomblik koop...

Nou ja, nou moet ek die regte pad stap en begin kyk na hoe ek die motivering moet skryf vir die wapen sodat die :police: aan my skoon kant te hou.

As iemand vir my asb riglyne kan gee sal ek vreeslik bly wees

Dankie
Thinus Human
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by alecjohnson »

As jy nie weet hoe om hom self te motiveer nie, kontak vir Kobus van jagtersreg.

http://www.firearmsa.co.za/contact/
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by Ratel »

Daai sou ek motiveer vir die skiet van slange en kleiner probleem diere. Iets in die lyn van om 'n 12 boor vir die doel aan te wend sou nie veilig wees nie veral as jy reeds 'n 12 boor het. Sou ook noem dat ek die 410 met minder terugskop wil gebruik om my vrou met 'n haelgeweer te laat oefen.
Maak 'n verskil
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by wlm »

Waar bly jy, dorp of plaas?
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by Frederik »

Thinus, is jy 'n toegewyde jagter? As jy is kan jy dit maklik motiveer om rooi en blou duiker te jag. Of jy nou ooit dit gaan doen is nie hulle probleem nie maar dit sal perfek werk vir die job. Ander gewere sal die arme klein goed uit mekaar skiet.
Thinus Human
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Oct 09, 2014 1:15 pm

Re: Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by Thinus Human »

Hi julle

Dankie vir die hulp. Ek is nie n toegewyde jagter nie. Eksal al die raad probeer
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by Ds J »

Bou jou motivering rondom 'n sentrale idee. Bv: doel: om my kinders te leer skiet. Bespreek die wapen, minder skop as 'n 12br, goedkoper ammunisie, makliker om saam te dra. Dan toepassing - kinders leer skiet = muise en meerkatte in die veld, en makliker om te dra. Laastens langtermynbeplanning : later TSS (toegewyde sport status) kry en 'n regte haelgeweer aanskaf.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Motivering hulp vir n 410 single shot ASB!

Post by Ratel »

Maak net seker dat jou kwota van wapens wat hulle toelaat om te besit sonder toegewyde status nie reeds vol is nie. Indien wel kan dit die proses bemoeilik.
Maak 'n verskil
Post Reply