Vry van die rook verslawing!!!

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
velti.botha
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Sat Jan 09, 2016 12:14 pm

Vry van die rook verslawing!!!

Post by velti.botha »

Ek het sopas my laaste sigaret gerook en ek is bitter trots daarop! Die van jul wat vas gevang is in die nikotien verslawing hoort te weet wat ek bedoel. Eks 31 jaar oud en rook al (het gerook)vir die beter van 14 jaar. Ek het ñ jaar terug vir 3 maande opgehou en toe weer begin. Na dit het ek begin sukkel met bloedruk probleme, angs, maag kwale ens. Kan nie glo ek was so simpel om weer te begin nie! Ek het so goed gevoel daai 3 maande. Vry van die verslawing. Vry van die vrees!

Ek kan nou weer daai gevoel terug kry. Kani wag vir elke dag wat voorlê. Als wat ek kan aanpak sonder ñ vieslike sigaret in my mond.

Wou maar net met iemand deel.

Groetnis

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by joe rocket »

Mooi so velti kyk of jy nou langer as 3maande kan uithou.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 695
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Jaco vdW »

Puik besluit!
Sterkte, en goeie gesondheid!

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by PWV »

Laat weet as jy weer begin! >:+
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Heinz Petersen »

Jurgen Visser het ook nou opgehou rook. Byt vas
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by KalahariKlong »

Ek die post so lees raak ek sommer lus vir rook.
Sterkte, dis nie n maklike pad nie.

KK
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Ashley »

Mooi.
Byt net vas, en vermy alkohol!
Ek sukkel nog bietjie met die demoon....maar binnekort
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Jurgen Visser »

Ek rook al seker 35 jaar , het 25 jaar terug opgehou vir 4 jaar en toe weer begin , toe rook ek manne , ek praat nie str@$nt nie so 2 na 3 pakkies styvesant per dag , as jy opgehou het , moet nie dink jy kan een of twee per geleentheid rook nie , jy is 'n verslaafde , ek gaan nou die ding deurdruk en klaar
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Philip J »

:-\ Sterkte julle manne. Ek sal seker ook maar op n stadium daai paadjie moet loop :-[
Groetnis
Philip
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by ANDRIES »

Ek het 11 Mei verlede jaar opgehou rook.Dit was reletief maklik omdat ek net al my roetines verander het.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Klein Chris »

Byt vas julle.
Spandeer nou baie tyd in die kanker saal by Die Nurse wat nou self behandeling ontvang. Sien en hoor vieslike goed
Skiet bly maar lekker
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Ds J »

Vasbyt! Onthou om elke dag of week jou sigaretgeld in 'n blikkie te bêre. Gaan op 'n wegbreeknaweek daarmee.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by ruaanb »

Is nou amper 18 jaar sedert ek opgehou het. Vas byt manne!
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by 6mmMusgrave »

Ek het nou al 5 jaar terug opgehou dit is nie. Maklik nie glo my veral as ek n bier drink raak ek nou nog lus vir n twakkie
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Klein Chris »

Ds J wrote:Vasbyt! Onthou om elke dag of week jou sigaretgeld in 'n blikkie te bêre. Gaan op 'n wegbreeknaweek daarmee.
Skerp O0
Skiet bly maar lekker
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Lourens Potgieter »

26 Sept 2015 my laaste sigaret gerook. Af en toe as ek 'n sigaar ruik wil ek trane afvee maar verder is ek fine!Ek het Zayban gebruik, beslis gehelp. Champix se newe effekte was net te erg(konstante naarheid).

Dit het my seker 10 keer se probeer ophou sonder meds gevat voor ek besef het my verslawing is sterker as wat ek gedink het. Gebruik die tegnologie, dit gaan jou beslis help!!!
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Viking »

Ai Velti jy het my nou BAIE ver laat terugdink - ek het soos die meeste op 14 begin "eksperimenteer" met rook. Vir die grootste deel van my hoërskooljare het ek "skelm" gerook, dit was 'n uitdaging om die prefekte, die onnies en jou ouers uit te oorlê - en toe kom die army!!

Nou MOES jy rook om te wys jy is een van die manne!! Wat moes jy dan nou anders doen in die "smoke breaks"?? Onthou dat ons ook wys gemaak is die ouens wat rook en fiks raak is BAIE fikser as die nie-rokers...al sulke twak!

Daarna volg die swottings...en nou rook jy om sosiaal te wees! Die finansies knyp so jy hou elke 2e week op....dis nou ophou koop!!

Dis hier wat ek besluit het genoeg is genoeg! Ek kan nie ander ouens se verslawing help finansier nie en my meisie het geweier om 'n asbak te soen!!

Dit was die grootste motivering om op te hou - vry was lekkerder!!!

Jare later het ek my kinders gewaarsku dis nie meer "in" om te rook nie en jy sal baie meer sosiaal kan kuier en fliek as jy jou rookgeld daarvoor aanwend.

Om vandag te rook maak jou die "odd one out" - jy moet steeds skelm wegglip na 'n stukkie oop aarde wat uitgesit is vir die rokers om jou drange en luste te bevredig. Terug in die kantoor vermy mense jou want jy ruik nie so vars soos jy dink nie!!

Nee wat ek dank die Vader ek kon die gewoonte breek 37 jaar gelede, maar dit kos jou elke dag opstaan en 'n wilsbesluit neem!

Sterkte aan elke roker wat sy laaste sigaret rook!!!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Geno »

Ek is 2 jaar en 4 maande skoon.
Ek kry elke week lus vir 'n twak, so dit raak nooit makliker nie! Ek het wel 15kg opgetel vandat ek ophou rook het, so dis al newe effek.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by andre007 »

Ek het 18 jaar terug ophou rook, mens sal verbaas wees hoeveel meer asem jy het om daai steil bultjies aan te pak na jy so rukkie opgehou het. Rook pla my nie meer nie en ek mis nie die asbakkie reuk nie. Ek vat so nou en dan nog soos teug aan n bq rum en maple as ek aan my oorl'e Pa dink en of n goeie sigaar maar dis waar dit bly!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Ratel »

Het na 12 jaar se rook opgehou. Rook sedert 1998 niks. Een dag nog 30 gerook volgende dag niks. Byt vas "it is all in the mind"

Toe ek opgehou rook het het 30 Chesterfield R7.50 gekos. ++>:
Maak 'n verskil
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Boersonderroer »

Ek het in 2003 op gehou rook. Beste besluit wat ek nog ooit gemaak het. Sal so een keer 'n jaar by my skoonsister 'n trek vat en dan dadelik my tande gaan borsel om van daai smaak ontslae te raak. Pakkie Benson & Hedges het toe R12 gekos. Moet se jy spaar nie rerig geld nie, jy spandeer maar net dit op ander goed.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by OupaZA »

Aiih ek moet dit ook nog doen! wil rerig die jaar ophou...
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Witpietskiet »

Geno wrote:Ek is 2 jaar en 4 maande skoon.
Ek kry elke week lus vir 'n twak, so dit raak nooit makliker nie! Ek het wel 15kg opgetel vandat ek ophou rook het, so dis al newe effek.
Bly om te hoor ek is nie die enigste een wat so gewig op getel het nie, maar 2 jaar sonder twak en ek byt ook nog vas.

Sterkte kerels
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Apie »

Hulle sê dit vat 'n laaitie om te begin.
Maar dit vat 'n man om op te hou!
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 448
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Post by Basjan123 »

Sterkte aan al die manne wat probeer en opgehou het. Ek het net een vraag en jammer as ek die draad hi-jack hoe kan ek my van my soet tand genees?? Dit is bitter moeilik vir my..... :confused:
Post Reply