Page 1 of 2

Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018) >>>UITSLAG!<<<

Posted: Tue Jan 17, 2017 4:48 pm
by FHM
Dagse manne,
ek het toestemming van Heinrich om die kaartjies hier op die werf te verkoop as iemand belangstel

Tsumeb Gimnasium Privaat Skool verkoop jag-pakket kaartjies vir 5 jag-pakette wat op 1 September 2017 getrek sal word, en die pakkette is geldig / beskikbaar tot Augustus 2018. Die geld wat gemaak word is ten bate van die skool self en vir verbeterings wat aangebring sal word.

Al 5 jagpakette is saam op 1 kaartjie.
Die kaartjies kos R 100 (N$ 100) elk

Indien jy n kaartjie of meer as een wil he, kontak my gerus op transport@rubiconsecdotcom of pm my.
Ek sal jou naam, tel nommer en e-pos nodig he sodat jy verwittig kan word indien jy n trek-wenner is van een van die pryse.
Die geld vir die kaartjie(s) word in my rekening ge deponeer (eft) en sodra ek betalingsbewys het, scan en e-pos ek jou kaartjie vir jou.

Die pryse is as volg:
Prys 1
7 dae jag - Gemsbok - Blou Wildebees - Kameelperd - Rooibok - Berg Zebra

Prys 2
7 dae jag - Gemsbok - Blou Wildebees - Kameelperd - Eland

Prys 3
5 dae jag - Gemsbok - Blou Wildebees - Hartebees - Rooibok

Prys 4
5 dae jag - Gemsbok - Blou Wildebees - "Antelope" (nie gespesifiseer wat) - Rooibok

Prys 5
7 dae Jag en visvang - Gemsbok - Blou Wildebees - Rooibok - Tiervis te Kavango

TERME EN KONDISSIES)
Ingesluit by die pakket:
*** 7 of 5 dae se akomodasie, etes, koeldrank, en wasgoed (dis vir 1 jagter)
*** Elke jag sluit in die begeleiding van n gelisensieerde professionele jag gids.
*** Die vleis van enige 2 diere op jou pakket
*** Indien jy meer persone sou wou saambring op die jagtrip kan jy, maar hulle sal volprys betaal waar die jag en verblyf plaasvind - besonderhede hiervan kan mettertyd by die betrokke plaas / plase waar gejag gaan word uitgevind word.
Uitgesluit by die pakket:
***Taxidermi en enige transport na en van die lughawe
*** Addissionele trofees
NOTE: The raffled trophies cannot be exchanged.

Dis wat op die kaartjies staan, enige verdere navrae en duidelikheid omtrent die Terme en Kondissies kan met die organiseerders self opgeneem word - ek sal n kontak persoon en nommer / e-pos adres kry wat verdere vra kan antwoord / duidelikheid gee. Die Hunting Outfitters wat die sponsors is van die jagpakket-pryse - is ook gelys op die kaartjies met hulle web-werwe se adresse.

Ek het huidiglik net 10 kaartjies op my, indien nodig is ek seker ek sal nog kan kry aangesien dit gister eers uitgegee is aan die kinders en dus is daar maar weinig kaartjies verkoop tot en met hede.

Stuur my n boodskap per pm of e-pos as jy belangstel.
Dit gaan woes by my met die werk so gee n dag kans vir terugvoer van my kant af, asb manne.
Jagkaartjies - Tsumeb Gimnasium.JPG
*****************************************

Kaartjies geneem:

(1) Gillie x 10
(2) Petrie x 2
(3) honda2 x 1
(4) Spanner x 1
(5) JacquesT(Stompe) x 2
(6) Thunderhead x 2
(7) Henna308 x 2
(8) Fanta300 x 2
(9) Chevvy SS x 2
(10) Dennis Smith x 1
(11) skollie x 5
(12) Cecil Greeff x 2
(13) PierrieT en pa x 15
(14) Malan 123 x 1
(15) junglejulian x 4
(16) Friedland x 2
(17) Kallie404 x 5
(18) Gawie(13mm) x 2
(19) Jaco Wolmarans x 5
(20) Marius van Tonder x 3
(21) DWsmit x 1

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia

Posted: Tue Jan 17, 2017 6:25 pm
by Kallie404
Hi FHM,
Is dit dieselfde kompetisie wat laas jaar ook kaartjies verkoop het by Huntex?

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia

Posted: Wed Jan 18, 2017 7:20 am
by FHM
Ek twyfel of Tsumeb Gimnasium Privaat Skool by Huntex in RSA sal kaartjies verkoop, maar ek kan dit nie bevestig nie - my dogter is die jaar eers in die skool hierso so ek het geen kennis van vorige kaartjie verkope nie.
Die is n skool-kompetisie/raffel en die kaartjies is net aan die leerlinge plaaslik uitgereik volgens my kennis en die info van die skoolhoof.

Ek plaas n prent van die kaartjies dan kan julle dalk bevestig.

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia

Posted: Wed Jan 18, 2017 11:42 am
by Kallie404
FHM, ek vra net vir interesantheid. Daar was laas jaar ook moerse lekker pryse vir jag in Namibie op Huntex . Nou dat ek mooi onthou was dit ek dink vir NG Kerk van Henties gewees. Ek PM jou vir kaartjies.

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia

Posted: Wed Jul 05, 2017 12:29 pm
by FHM
Manne ek "bump" net weer die kaartjie-geleenthede vir jagte in Namibia in 2018, aangesien die jaar se jag-seisoen nou begin einde se kant toe staan en daar so bietjie minder as 2 maande oor is voor die sluitingsdatum vir inskrywings.

Sover is al 14 kaartjies geneem deur 4 manne, (dankie julle 4) ek het nog n klomp kaartjies oor.
Die sluitingsdatum is Maandag 28 Augustus '17 en die trek van die kaartjies is op Vrydag 01 September '17

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Wed Jul 05, 2017 3:06 pm
by Chevvy SS
Die vleis van enig 2 diere op jou pakket. Beteken dit dat ek slegs 2 van die 5 diere wat ek gewen het om te jag se vleis kry?

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Wed Jul 05, 2017 4:51 pm
by FHM
Chevvy SS wrote:Die vleis van enig 2 diere op jou pakket. Beteken dit dat ek slegs 2 van die 5 diere wat ek gewen het om te jag se vleis kry?
Dis ongelukkig die reels van die organiseerders Chev, daaraan kan ek sweetie doen. :'(
Dink jy nie n Eland en Kameelperd sal genoeg biltong vir jou wees vir n paar maande nie...? :P

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Wed Jul 05, 2017 5:03 pm
by Chevvy SS
Ek lees nooit die fynskrif nie, selfs nie as ek wen nie... :laugh:

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Thu Jul 06, 2017 11:51 am
by FHM
Dankie Jacques en Pieter vir julle ondersteuning!

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Thu Jul 06, 2017 12:02 pm
by junglejulian
Ek is net oppad jagveld toe.sal maandag met jou regmaak

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Thu Jul 06, 2017 12:07 pm
by FHM
[quote="junglejulian"]Ek is net oppad jagveld toe.sal maandag met jou regmaak[/quot

Voorspoed maat!
Mooiloop

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Jul 07, 2017 7:06 am
by Gawie(13mm)
Ek het jou 'n PM gestuur.

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Jul 07, 2017 9:38 am
by Chevvy SS
Ook.

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Jul 07, 2017 11:26 am
by FHM
Dankie vir die manne se ondersteuning sover - waardeer dit regtig!
Gawie / Chev - julle het PM's.

Henna308 en Fanta300 is in die kaartjie pot ;)

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Wed Aug 02, 2017 1:31 pm
by FHM
Ek het 32 kaartjies verkoop sover - baie dankie aan die manne wat n kans gevat het! ;)
Daar is nou minder as n maand oor voor sluiting (28ste Aug) en trekking 01 Sept.

As daar nog manne is wat n kans wil vat - ek het nog 18 kaartjies beskikbaar.
PM my as jy belangstel ;)

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Wed Aug 09, 2017 4:25 pm
by FHM
Manne baie dankie aan die ondersteuning sover - word opreg wardeer.
Net n herinnering dat daar slegs 19 dae oor is voordat die jag-kans in Namibia se inskrywings sluit.
Ek sal by die skool die wenners se name en nommers kry en dit hier plaas na die trekkingsdatum.

Daar is nog redelik baie kaartjies oor as daar nog mane is wat n kans wil vat hierop.

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Wed Aug 09, 2017 7:08 pm
by Malan123
Oom, sttur asb vir my pm met Oom se besonderhede. Ek sal 1 neem

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Wed Aug 16, 2017 1:34 pm
by FHM
Reminder vir die agterosse ;)
Daar is slegs 6 dae oor voordat die kaartjie verkope op die 5 pakette stop.
Ek kan slegs tot Dinsdag die 22ste kaartjie verkoop om kans te gee vir EFT's om deur te gaan.
Donderdag die 24ste moet ek die geld oorbetaal skool toe.

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Aug 18, 2017 11:16 am
by FHM
More manne, ek het nog net 4 kaartjies oor...wie is eerste... ;)

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Aug 18, 2017 11:39 am
by mariusvt
Ek sal 2 neem. Stuur asb pm met details.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Aug 18, 2017 11:40 am
by FHM
mariusvt wrote:Ek sal 2 neem. Stuur asb pm met details.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Maak so Marius - dankie

2 kaartjie oor !

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Aug 18, 2017 11:44 am
by FHM
Dankie manne - 1 kaartjie oor!

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018)

Posted: Fri Aug 18, 2017 11:52 am
by mariusvt
Ek sal hom ook neem. Ek vat dus 3


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018) - UITVERKOOP!

Posted: Fri Aug 18, 2017 12:07 pm
by FHM
Manne die jagkaartjies is nou almal uitverkoop.

Ek wil besonderse dank rig aan Heinrich vir die vrymoedigheid wat hy my gegee het om die kaartjies hier "onder die boom" te smous.

'N groot dankie aan julle bere ook wat hand oopgemaak het en kaartjies gekoop het - dit sal ons skooltjie vreeslik baie help met die planne wat ons het. Ek alleen het 10 boekies verkoop (100 kaartjies) - dis R 10 K wat ek ingesamel het. Hoop net die flippen ander ouers was ook so fluks ;)

Ek moet julle dit se, 70 van die 100 kaartjies wat ek verkoop het is deur julle hier op die werf gekoop - wardeer manne!
Ek hou regtig hard duime vas dat ten minste een van die pryse deur n Jaracal-lid gewen gaan word - anders kan hulle volgende jaar hulle eie verdomde kaartjies verkoop!!! ++>:

Ek sal 01 of 02 Sept die lys van wenners by die skool kry en dit hier kom plaas.

Weereens baie dankie!

Re: Jagkaartjies: 5 Jag-pakette Namibia (2018) >>>UITVERKOOP

Posted: Fri Aug 18, 2017 12:23 pm
by Gawie(13mm)
Nee wat maat. Dan koop ons maar dubbel die hoeveelheid. >:D