Merkel dubbel gewere.

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Merkel dubbel gewere.

Post by Smitstertjies »

Enige iemand wat ondervinding het in die Merkel dubbels, spesifiek die 140 model?

Maak nie saak of dit 470NE of 500NE is nie. Wil graag meer oor die gewere uitvind.

Enige info oor afwerking, recoil, ejectors ens sal waardeer word.

Baie dankie.

Martin
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by DWB »

Martin, skiet nou eers die goed dood met jou 416 man ;p ;p ;p

Daar is heelwat manne wat baie gelukkig is met hulle.

Gaan tel hom op en voel eers hoe pas hy!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by kopskoot »

Martin

Bly weg! Vriend van ons het een gekoop, 500 NE.Die geweer het n fabrieksfout, van dag een af. Sy kamers is gebuldge ( as daar so woord is). Die kamers is nie rond nie, maar soos blommetjies geshape, wat beteken as jy die patoon reload, pas hy nie weer in die kamer in, tensy dit dieselfde kamer is en presies op dieselfde angle ingesit word, nie. ( m.a.w as die 5 van 500 op die dop, op 12 uur was, moet hy weer daar wees, ander gaan hy nie in nie)

Die fabriek is toe gekontak,met die gunsmith report, en hulle reply was. "Hulle bou nie gewere vir reloads nie" en thats the end of it!

Verder weet ek van seker 5 wat veskeie probleme gehad het met hul snellers, en dan terug gestuur of omgeruil moes word.

Oom Nick van Zyl het twee gehad met issues en het later sy geld terug gevra en toe n VC gekoop.

Enige vervaardiger kan seker van tyd tot tyd n dud hê, maar die gebeur darem net te veel vir toeval, en boonop is dit onverskoonbaar, as n vervaardiger met daai bullshit van reloads, homself distansieer van sy kliënt.

Dog ek noem dit maar!
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Smitstertjies »

Dankie Ronald. Eerlike opinies word opreg waardeer.

Daai VC's van jou is natuurlik die ultimate,maar dit sal nog n jaar of wat se spaar beteken. Ander opsie is dat Ralph een bou, maar hy sit klaar met 2 jaar waglys.

Ek dink my gat juk nou onnodig.Miskien moet ek maar soos Deon se eers die goed met die 416 doodskiet!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by kopskoot »

Jy moet jou nie te veel steur aan wat Deon sê nie! Luister eerder na mense wat "sense" praat!. As jy 16 skote op daai buffel van jou gehad het, sou hy ook dood gewees het :confused:

Jy sal egter nie verkeerd gaan met VC of Heym nie!

As Krieghoff betroubare agente in SA gehad het, sou dit ook n opsie gewees het!
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Giepie »

Vriend van my het een in 450/400NE. Hy het ook probleme met syne se sneller. Hy het dit al 'n slag teruggevat, maar hulle sê hulle kry nie fout nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by DWB »

Dit was net 12 Ronnie ;p
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Johan van Wyk »

Ek sal Merkel nie eers koue water in die winter gee nie.

Die goed is op 20-boor haelgeweer aksies gemaak, wat beteken dat hulle vinnig los skiet. Tweedens,is die ontwerp van so aard dat as die aksie tot op `n sekere punt los geskiet is mens hom nie meer kan "rejoint" nie. Dan het jy `n baie duur ornament want hy is daarna net goed genoeg om teen die muur gahang te word.

Ek weet van ses verskillende Merkel dubbels in .470 en .500 wat almal diverse probleme gee. Dit wissel van ribs wat losgekom het, double discharges, veiligheidsknippe wat vanself af spring, ens, ens.

Kom ek stel dit anders: as jy dalk van mening is dat jy nie genoeg probleme in jou lewe het nie is `n Merkel swaarkaliber dubbel net die ding vir jou!

Koop `n Heym of VC as jy nie `n mooi vintage dubbel kan/wil koop nie.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Smitstertjies »

Dankie vir die info Johan.

Ek het juis gister jou artikel oor die Heym Martini Express in die African Outfitter gelees. Lieflike geweer. Ek onthou jy het ook in die artikel genoem dat n man maar moet verby hou by die entry level dubbels vir verskeie redes.

Sou jy die Heym PH weergawe ook in daardie kategorie plaas?Ek weet hulle kom sonder extractors/ejectors uit. Hoe belangrik is extractors/ejectors in n dubbel?My vorige buffel jag het nie so lekker afgeloop nie, en ek sal myself graag volgende keer die grootste kans wil gee om lewendig ander kant uit te kom. n Vintage dubbel is natuurlik elke man se droom. Weet net nie of ek 350k op n geweer kan regverdig wat ek as n jag tool gaan gebruik nie.

Groete

Martin
Last edited by Smitstertjies on Sat Dec 24, 2016 3:28 pm, edited 1 time in total.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Pappabeer »

My gevoel jeens die Merkel is dieselfde as Ronald en Johan sin.

As jy nuut koop sal ek ook die Heym of Verney roete gaan, veral as jy baie met die geweer gaan skiet.
Die bou opsie sal ek nie eers oorweeg nie, nie mits jy n fore end wat soos n Donkie fallus lyk op n geweer aantreklik vind nie.

As jy egter n geweer soek wat sy waarde gaan hou, en waarmee jy n paar keer n jaar gaan jag en n paar skote op die baan skiet elke jaar, koop n nice vintage Engelse Boxlock.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by DWB »

Martin, oefen oefen oefen, jy kan enige tyd met jou slot aksie baie naby aan die spoed van ñ dubbel kom. Ek en jy het ongelukkig die skewe kant van buffel jag ervaar.

Ñ ander geweer gaan nie die odds vebeter.

I'd rather be the guy with just one gun that shot 10 buffaloes than the guy with ten guns who shot just one buffalo!

Ongelukkig vang die adrenalien kant van dinge jou ook en ek dink dis waar ek aangejaag het
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Smitstertjies »

DWB wrote:Martin, oefen oefen oefen, jy kan enige tyd met jou slot aksie baie naby aan die spoed van ñ dubbel kom. Ek en jy het ongelukkig die skewe kant van buffel jag ervaar.

Ñ ander geweer gaan nie die odds vebeter.

I'd rather be the guy with just one gun that shot 10 buffaloes than the guy with ten guns who shot just one buffalo!

Ongelukkig vang die adrenalien kant van dinge jou ook en ek dink dis waar ek aangejaag het
Ek hoor jou!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Johan van Wyk »

Smitstertjies wrote:Dankie vir die info Johan.

Ek het juis gister jou artikel oor die Heym Martini Express in die African Outfitter gelees. Lieflike geweer. Ek onthou jy het ook in die artikel genoem dat n man maar moet verby hou by die entry level dubbels vir verskeie redes.

Sou jy die Heym PH weergawe ook in daardie kategorie plaas?Ek weet hulle kom sonder extractors uit. Hoe belangrik is extractors in n dubbel?My vorige buffel jag het nie so lekker afgeloop nie, en ek sal myself graag volgende keer die grootste kans wil gee om lewendig ander kant uit te kom. n Vintage dubbel is natuurlik elke man se droom. Weet net nie of ek 350k op n geweer kan regverdig wat ek as n jag tool gaan gebruik nie.

Groete

Martin
Die Heym PH is meganies dieselfde geweer as enige ander 88B so dis bepaald nie "entry level" nie. Die hout van die PH modelle se kolwe het effens minder figuur en hulle het nie ejectors - alles om kostes te bespaar. Thomas Wolkmann en Chris Sells se idee was juis om `n meer bekostigbare dubbel geweer wat harde werk kan doen as dit moet op die mark te sit vir diegene wat `n behoefte aan so iets het. Uit `n suiwer persoonlike oogpunt krap ek bietjie kop oor die prysverskil tussen die PH model en die volgende model in die reeks wat basies maar net ejectors by het (ek weet wat ejectors as `n opsionele ekstra by die fabriek kos), maar dis gelukkig nie my werk om koste-strukture hier plaaslik uit te werk nie.

Jy kan gerus na die nuwe 89B ook kyk. Dis ontwerp om baie soos `n Engelse Webley long-bar te lyk, wat een van die legendariese dubbel aksies van alle tye was en van 1882 tot 1939 in produksie was. Hulle kom in drie modelle en jy kan jou eie kolf dimensies, loop lengte, ens spesifiseer en dis vir my `n vreeslike elegante geweer. Ek het dielaaste tyd `n helepaar mooi foto's van hulle gekry by Thomas en ek sal glad nie omgee om een te besit nie. Jerome by VC sal uiteraard ook net te bly wees om dieselfde vir jou `n geweer volgens jou eie spesifikasies te bou so daar het jy nog `n opsie.

Ek was nog nooit baie gepla oor ejectors op dubbels nie. Dis `n "nice to have" maar die druk is so laag dat die doppe uitval as jy die geweer tiep. Bietjie oefen en jy is huistoe. Maar weereens, dis my opinie.

Vintage dubbels is uiteraard nie vir almal nie maar benewens die plesier om met iets moois en klassiek te jag is daar ook die beleggingsoogpunt om in gedagte te hou. Koop reg uit die staanspoor en dis maklik om na `n paar jaar `n baie skaflike winsie te maak. Ongelukkig is geen nuwe geweer regtig `n belegging nie. Solank as wat iemand anders na die fabriek toe kan gaan en `n soortgelyke een bestel gaan die waarde altyd tot `n mate staties bly.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Smitstertjies »

Wat prys so Heym 89B? Ek kry nie veel info oor pryse nie?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Johan van Wyk »

Jy gaan via die plaaslike agente moet navraag doen. Dit hang ook af van die opsionele ekstras wat jy kies.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Smitstertjies »

Dankie vir al die inligting. Ek dink ek moet nou maar eerder die jaar klaarkry en vroeg volgende jaar weer aandag gee aan die gejukkery. Dalk is dit dan weg.

Geseende kersfees vir julle manne.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Geno »

kopskoot wrote:, as n vervaardiger met daai bullshit van reloads, homself distansieer van sy kliënt.
Sako het dit gedoen toe 'n TRG opgeblaas het in Namibië. ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by DWB »

Martin, sit ñ vet deposito neer en sixpay die res af ;D

Op ñ Heym!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Diesel Dog »

Geno wrote:
kopskoot wrote:, as n vervaardiger met daai bullshit van reloads, homself distansieer van sy kliënt.
Sako het dit gedoen toe 'n TRG ,opgeblaas het in Namibië. ;)

Was seker 338lm en nie 300wm nie, sal interessant wees om te weet hoeveel TRG gewere hul lope gebars het suid van die ewenaar op die donker kontinent .

DD
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by kopskoot »

Net een ekstra dingetjie ( waarvan ek met my geleerde vriend verskil)

n Dubbel sonder ejectors is soos n boomerang wat nie terug kom nie ( n f...n stok)

n Dubbel MOET ejectors hê. Daars baie ander dinge waarvoor jy konsentrasie nodig het, doppe uitgooi/uittrek, is deffenetief nie nodig nie.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by joe rocket »

kopskoot wrote:Net een ekstra dingetjie ( waarvan ek met my geleerde vriend verskil)

n Dubbel sonder ejectors is soos n boomerang wat nie terug kom nie ( n f...n stok)

n Dubbel MOET ejectors hê. Daars baie ander dinge waarvoor jy konsentrasie nodig het, doppe uitgooi/uittrek, is deffenetief nie nodig nie.

Daai is baie waar as n buffel storm is daar min tyd.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by DWB »

Correct me if I am wrong...

Die Big Bore Association se vinnigste skut skiet met ñ 500NE NON-ejector.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by kopskoot »

Ja, dis waar!

Daars egter n helse verskil tussen n teiken en ding wat se hartklop en met bloederige skuim in sy mond op jou afstorm en jou wil vernietig.

Ja, Stuart se ingeoefende instink sal hom seker deurtrek, maar vir die res? Wel ek weet nie

Dieselfde argument geld vir koeël en kaliber keuse. Ja n 243 met sagtepunt pmp sal dalk ook n buffel doodkry, maar sal jy, as jy die keuse het, hom kies??? Nou hoekom sal jy n non-ejector dubbel koop
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Ralph Badenhorst »

Pappabeer wrote:My gevoel jeens die Merkel is dieselfde as Ronald en Johan sin.

As jy nuut koop sal ek ook die Heym of Verney roete gaan, veral as jy baie met die geweer gaan skiet.
Die bou opsie sal ek nie eers oorweeg nie, nie mits jy n fore end wat soos n Donkie fallus lyk op n geweer aantreklik vind nie.

As jy egter n geweer soek wat sy waarde gaan hou, en waarmee jy n paar keer n jaar gaan jag en n paar skote op die baan skiet elke jaar, koop n nice vintage Engelse Boxlock.
en nogsteeds het ons meer bestellings as al die bo-genoemde fabrikate ;)
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Pappabeer »

Ralph Badenhorst wrote:
Pappabeer wrote:My gevoel jeens die Merkel is dieselfde as Ronald en Johan sin.

As jy nuut koop sal ek ook die Heym of Verney roete gaan, veral as jy baie met die geweer gaan skiet.
Die bou opsie sal ek nie eers oorweeg nie, nie mits jy n fore end wat soos n Donkie fallus lyk op n geweer aantreklik vind nie.

As jy egter n geweer soek wat sy waarde gaan hou, en waarmee jy n paar keer n jaar gaan jag en n paar skote op die baan skiet elke jaar, koop n nice vintage Engelse Boxlock.
en nogsteeds het ons meer bestellings as al die bo-genoemde fabrikate ;)

Natuurlik so...

Lifeboy seep, Autumn Harvest Crackling en Choice government-issue kondome is ook in groter aanvraag as meeste fabrikate van soortgelykte produkte saam...

Geseënde Kersfees
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Post Reply