Moet dankie se aan G&G Varminting, Geno wat my gehelp het met 'n barrelled action en mooi pepper laminated Boyds stock.
http://www.howa.co.za/wp-content/uploads/2016/04/howa_varmint_pepper_bl_hb.png
Gaan die lisensie aansoek ingee in die nuwe jaar want dit gaan dalk net wegraak of net in die DFO se kantoor sit tot dan. Kon vir my lekker Nikon Monach scope optel 4-16 x 42 van ander lid op Jaracal en terwyl ek wag vir die lisensie gaan hy gebed en suppressor kry.
Kon al die volgende bymekaar maak.
Harris Bipod 6-9" (Cash Converters glo dit of nie vir 'n bargain)
Lee Collet Die set
32gr VMax kooels
So kort nog net basisse vir die scope, scope kom saam Warne ringe, doppe en natuurlik die lisensie.
Dit gaan my speel/kopskoot geweer wees en natuurlik gaan ek prober gonge skiet by krokodilspruit en die manne met die 338 lapuas wys hoe om dit te doen.
Ek sien Impala draai nou match koeels ook nie vir jag bedoel 30gr lyk baie gaaf gaan hulle ook prober teen R150 vir 50 sien ek nie fout nie maar dink ook teen 3600-3800fps behoort hulle seer te maak ook op kleiner goed en sal seker mooi werk vir gonge weet nie of die soliede koeel verskil gaan maak om die gong dalk meer te beweeg nie.
Sal maar so post soos wat dinge vorder en hoop die lisensie kom spoedig het darem ook my Endorsment gekry voor BASA se kantore toegemaak het en dit help ook darem baie.
