GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post Reply
bullseye

GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by bullseye »

MORE MANNE

HELP ASSEBLIEF ? HOE MAAK EK MY KROON VAN LOOP SKOON NADAT EK KNALDEMPER AFGEHAAL HET?EK IS BANG EK BESKADIG DIE KROON . KRUIT OF WAT OOK AL SIT BAIE VAS EK SUKKEL OM DIT AF TE KRY.

DIE GEWEER HET UITSTEKEND GEGROEPEER 5 SKOTE IN EEN GAT OP 100M. MET KNALDEMPER NOG STEEDS GOED MAAR SKOTE SIT HORISONTAAL STYF LANGS MEKAAR, KAN DIT MIRAGES VAN KNALDEMPER WEES WAT DIT VEROORSAAK, OF MOET EK WEER NUWE LADING SOEK.

HOOR GRAAG.

GROETNIS BEN.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Johan JvR »

More Ben

Ek maak my loop en kroon met boretech Eliminator skoon.  Jy vee net die kroon met 'n nat lappie geweek met eliminator af en gaan aan met jou normale loopskoonmaak, die eliminator los die swart neerslag op en hy kom skoon sonder dat jy die kroon moet skrop. BoreTech Carbon remover sal seker nog vinniger werk, het dit nognie probeer nie.

Vind ook uit wat die knaldemper se presiese 'baffle' gate se deursnee is, bv. as jy 308 skiet en knaldemper se 'baffle' gate is arguments onthalwe 9mm, vat 'n 9mm boorpunt en draai hom met die hand in die knaldemper dat jy die koolstof wat daar opbou ook uithaal. Dit maak ook dat geweer later slegter skiet as koolstof daar opbou.

groete
Last edited by Johan JvR on Tue Aug 02, 2011 10:03 am, edited 1 time in total.
BUSH1
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Apr 21, 2010 3:58 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by BUSH1 »

Ben more  jou geweer gaan anders groepeer met die silencer en sonder die silencer ,

Werk maar nuwe lading uit , point of impact is gewoonlik ook op heel ander plek tot soveel as 6 duim ,

Om die kruit af te haal gebruik cleaning solvent van enige van die bekende " Brands"  sit op wag so 5 min en vee af , as easy as that , moet net nie met brass borsel of so iets daar gaan karring nie
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Jagtersdok »

Boretech Eliminator is koning vir die job. vee net af met die lappie soos die manne s?. Ek het al als getoets behalwe M98 nog nie, hoppes, als, dis selfs beter as die Carbon remover.

Wat die load betref, dis nie nodig om nuwe load uit te werk nie, dit kan die mirage wees en baie keer is die kondisies net bietjie anders of jy gebruik 'n ander teiken. gaan skiet eers paar keer groepe voor jy karring. Maak ook seker die carbon aanpaksels op die baffels is skoon, ek gebruik somme 1 kalber groter se harde Nylon borsel trek paarkeel heen en weer deur die kd
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
bullseye

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by bullseye »

MIDDAG MANNE

BAIE DANKIE VIR RAAD EK MOET NOU EERS GAAN SOEK WAAR EK Boretech Eliminator KAN KRY. EK GLO DIT SAL DIE LEWE BAIE MAKLIKER MAAK. EK HET N HELE PAAR GROEPERINGS GESKIET EN AL DIE SKOTE WAS SOOS N WATERPAS HORISONTAAL TEEN MEKAAR. EK GAAN EERS GOU SILENCER SKOON MAAK. EN DAN WEER KYK HOE GROEPEER GEWEER.EK WEET NIE OF EK MY VERBEEL NIE MAAR ELKE SKOOT WAT EK SKIET MET TERMINATOR SILENCER KLINK SAGTER AS VORIGE EEN. EEN VAN DIE BETER BESLUITE WAT EK AL GEMAAK HET.

GROETNIS
BEN.
BUSH1
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Apr 21, 2010 3:58 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by BUSH1 »

Ben dit kan nie carbon wees wat die verskil maak nie , iets anders moet invloed gehad het op die lyn wat jy skiet , miskien jou sit posisie  ??? weet nie maar kon dit ook beinvloed het .

Boretech kan jy deur Safari & Outdoor bestel maar enige een van die bekende name sal werk
herley

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by herley »

Stem saam met Dok op die lading uitwerk storie
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by blaser »

ek wonder wat sal gebeur as jy n kd in n ultra sonic cleaner gooi
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by JPS »

Rem,

Jou moet hom mooi droog maak na die tyd.  ;D

Ernstig, wonder self, glo hy sal mooi werk, wonder maar net oor die verwerk (powdercoat) sal hy dit nieook afhaal nie?

Groete
Jan
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by James Wilson »

jy moet maar mooi dink voordat jy n ander lading uitwerk.  jy gaan tog in die jagveld nie jou loop warm skiet soos op die baan nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
bullseye

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by bullseye »

HALLO MANNE

EK SAL GRAAG OOK WIL WEET OF IEMAND DALK AL KNALDEMPER IN ULTRA SONIC CLEANER MEE SKOON GEMAAK HET
LAAT WEET ASSEBLIEF DALK IS EK DAN IN MARK VIR ULTRA SONIC CLEANER.

GROETNIS
BEN.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Raven »

Ben,

Ek het al my silencer skoon gemaak in die Ultra, maar ek met bys? dat my silencer uitmekaar skroef en lyk so binnekant.
Dit neem gemiddeld so 6 tot 8 siklusse voor hy mooi skoon kom, olie die rubber ringe en hy is weer soos nuut.

[img width=560 height=371]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... C_5142.jpg[/img]

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Jaco Swart »

Raven.

Wie het daai Silencer gebou?
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Raven »

Jaco S

Die naam is Hausken en dit kom van Finland af.

Groete Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by James Wright »

Ek gebruik ook Boretech Eliminator en die aanpaksel voor op my kroon vee nie net af soos julle se nie.Op my Ruger 25-06 lyk dit amper of dit al in die loop ingevreet het,en gaan manure nodig he om daai uit te kry.Moet se my 22-250 se kroon kom baie makliker skoon.dalk die tipe staal?

maak julle die KD'ers net met die borseltjie skoon of gooi julle ook Coke propie vol pertol in hom en steek dit aan die brand?
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by MJK »

Ek het gisteraand na aanleiding van post gaan kyk hoe lyk my KD.  :o :o :o Ek verbaas gewees hoe die aanpaksels op die punte van die  baffles dik staan!. Ek sukkel hoeka deesdae om die 270 te laat groepeer!. Skoongemaak en sal binnekort gaan toets of meer akkuraat is

Dankie manne - weereens iets geleer op die forum!
bullseye

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by bullseye »

More Manne

Ek het toe Boretech se produkte gekry, Boreteck carbon cleaner werk soos n bom. Het nat lappie op kroon gesit vir 2 min , silwer skoon. Ek het Eliminator ook getoets maar carbon remover is beslis beter.Ek is nou nog besig om loop skoon te maak so is nog nie seker hoe goed Eliminater vir koper is nie.die lapies bly ligblou uitkom.Dit wil lyk op die staduim of Shooters choice bore cleaner beter kan wees asook Forster se bore cleaning skuim, Bedoelende vinniger werk.

Groetnis
Ben.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Johan JvR »

Dags? Ben

Mens moet maar baie tyd h? met Eliminator. Ek stoot 'n nat lappie deur loop en wag dan so 5 na 10 minute om kans te gee dat die koper oplos, stoot dan droe? lappie deur. Dan weer nat lap, 5 -10 min. wag en so hou ek aan.

Op die einde gebruik mens nie baie lappies om hom skoon te kry nie, maar dit neem lank om elke keer te wag dat die chemiese reaksie werk.

groete
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Witpietskiet »

Ek is nou nie n kenner op die gebied nie, maar n man leer maar so met tyd.

Ek het so 2 weke terug die eerste keer met Eliminator gewerk na ek baie lank Shooters Choice gebruik het. Dit het vir my gevoel of die Eliminator baie makliker en vinniger my stainless loop skoonmaak as Shooters.

Ook my .223 se kroon en skroefdraad met Eliminator skoon gemaak en dit het baie vinnig en mooi gewerk.

Ek gaan my Shooters eers bietjie b?re en met die Eliminator van nou af werk.

My 2c

Mooi loop
Last edited by Witpietskiet on Fri Aug 05, 2011 11:39 am, edited 1 time in total.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
bullseye

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by bullseye »

Halo Ludwig

Jy het my nou baie gehelp. Ek gebruik Dewey se jags wat brass behoort te wees, ek weet egter nie of daar koper in brass is nie maar ek het die toets gemaak en dit is die jag wat die lappie blou maak.

Dankbaar
Ben.
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by MJK »

Ludwig / Ben

Ek het by S&O so 'n blink (dink dit is hoeka Boretech produk) jag gekoop vir my 9.3x62mm. Het op kol ook ander kalibers s'n gesien. Bel maar en hoor of hulle in voorraad het.
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: GEWERE MET KNALDEMPERS.

Post by Ja-jagter »

Ben

Die goeie raad wat ek gekry het vir my geweer se kroon, is nadat die kroon en geweer skoongemaak is smeer net bietjie vaseline oor die kroon.  Volgende keer as jy die geweer skoonmaak hoef  jy die kroon slegs met lappie af te vee.

Ja-Jagter
Post Reply