TANDARTS
Oom Koos gaan tandarts toe en sê: "Luister ek wil twee tande laat trek en twee laat stop. Maar voor jy begin wil ek eers weet wat gaan dit kos."
Tandarts haal sy pen, boekie en sakrekenaartjie uit en werk die sommetjies uit. Tandarts: "Oom,dit sal oom R4200.00 kos."
Oom Koos: "Nee seun, dis te veel man. Maar wys my eers wat het jy alles op daardie boekie geskrywe."
Tandarts: "Oom dit is R600.00 vir die verdowings middels."
Oom:" Nee, nee, nee, ons het nie sulke goed in ons tyd gehad nie, haal dit af. Wat is daar nog?"
Tandarts: "Dis die gereedskap wat ek moet gebruik, kos so R1000.00."
Oom: "Nee wat seun, haal dit af. Ons het sommer die draadtang gebruik in ons tyd. Waar is jou draadtang? Dan kan jy dit MOS gebruik."
Tandarts: "Ja Oom, ek het 'n draadtang. Sal net moet soek."
Oom: "Dis reg, jy moet dit soek. En wat is daar nog op jou boekie?"
Tandarts: "Dis die antibiotika en ander medisyne wat die pyn en infeksie wegvat, wat ook duur is."
Oom: "Nee, haal af. Hoekom gebruik julle nie sommer die brannewyn of mampoer soos wat ons gemaak het nie? Nou op hoeveel staan ons nou op die boekie?"
Tandarts: "Dis nog so R1100 Oom."
Oom: "Dit klink beter. Sê my, wanneer kan ek die tannie inbring?"
Tandarts toe...
-
Vasbrand
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Wed Feb 10, 2016 12:29 pm
Re: Tandarts toe...
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
