Page 1 of 1
T V Braai gesoek
Posted: Fri Dec 02, 2016 7:35 pm
by andre007
Manne ek's erg opsoek na 1 van die braaikies, voor ek vir die kansvatters van Oom Google aanvat wil ek net hoor of hier die iemand op die forum is wat van 1 wil ontslae raak nie. Laatweet gerus.
Re: T V Braai gesoek
Posted: Fri Dec 02, 2016 8:47 pm
by Heinds
Sjoe, goeie memories. As jy meer as een kry laat weet!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: T V Braai gesoek
Posted: Fri Dec 02, 2016 9:48 pm
by Cobus(Cobb)
My Ma gebruik nog hare daagliks.
Cheers
Re: T V Braai gesoek
Posted: Fri Dec 02, 2016 10:36 pm
by tripodmvr
Vroulief vertel my nou dat die' geskenk van my en haar ma baie vir haar beteken. Ek onthou goed hoe die skaaptjoppies van die halwe skaap geproe het (R12 vir 'n halwe skaap in die 70's)
Re: T V Braai gesoek
Posted: Sat Dec 03, 2016 7:02 am
by Predator
Heinds wrote:Sjoe, goeie memories. As jy meer as een kry laat weet!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Soos jy se "fond memories"
Die koms van TV in die 1970's het mense se sosiale gewoontes baie verander en het ons lewens om die TV begin sentreer. Vir die van ons wat aanvanklik nie n TV gehad het nie, was op die PAL stelsel - jy het maar n pal gaan TV kyk.
Die ou eenoog was die oorsaak van baie nuwe gewoontes en het n mark geskep vir nuwe produkte wat aan die TV gekoppel was.
Daar was TV skinkborde wat jy op jy skoot kom hou met plek v n bord en n glas, opvouTV tafeltjies met n skinbord wat bo-op gepas het, TV stoele - lazyboys wat kon uitskop om jou TV ervaring meer te geniet, TV kabinette, en selfs hierdie TV braaiertjies. Nie dat hy enigiets met n TV te doen het nie. Hy is maar net wat hy is - n braaiertjie - die naam is net aan die TV gekoppel om hom beter te laat verkoop.
My ma het ook so een gehad.My pa het egter die sykante en agterkant met stukke asbessement toegemaak vir isolasie - baie goed gewerk. Ek het hom ge-erf en vir baie jare gebruik totdat hy heeltemaal opgepak het. Teen daardie tyd het hy al ver oor die 30 jaar diens gehad. Was altyd handig om gou n ou braaibroodjie te maak of n bacontjie of worsie te braai.
Sterkte met jou soeke.
Re: T V Braai gesoek
Posted: Sat Dec 03, 2016 9:05 am
by Apie
Ons het ook een gehad!
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: T V Braai gesoek
Posted: Sun Dec 04, 2016 10:27 am
by ruaanb
sunbeam het nou die moderne weergawe beskikbaar wat met krag en water werk. my oupa van 96 sit en braai sy tjoppies so.
https://www.makro.co.za/appliances/sunb ... l-225079EA
Re: T V Braai gesoek
Posted: Tue Dec 06, 2016 11:35 am
by Fanta300
Re: T V Braai gesoek
Posted: Tue Dec 06, 2016 11:45 am
by dehacked
My braaiertjie word nog ingespan.
Re: T V Braai gesoek
Posted: Tue Dec 06, 2016 11:52 am
by andre007
Dankie Fanta. Nou gebel. Hulle gaan die 2de week in Jan' 2017 vooraad hê. Die dame wat geantwoord het sê mens kan sommer by hulle 'warehouse' in Rodepoort gaan koop. Hulle het heelwat goed in die lyn van 'catering'
Re: T V Braai gesoek
Posted: Tue Dec 06, 2016 7:19 pm
by Nickvn
Ek en my vrou het ook daai braaiertjie baie gebruik toe ons begin huis opsit het. Lekker vir n vinnige choppie braai en toast maak. Ons het nog ons sn.
Re: T V Braai gesoek
Posted: Wed Dec 07, 2016 9:17 am
by Plaashaas
tripodmvr wrote:Vroulief vertel my nou dat die' geskenk van my en haar ma baie vir haar beteken. Ek onthou goed hoe die skaaptjoppies van die halwe skaap geproe het (R12 vir 'n halwe skaap in die 70's)
Nou kan jy n 160g tjoppie kry vir R12
Re: T V Braai gesoek
Posted: Wed Dec 07, 2016 10:15 am
by Predator
Plaashaas wrote:tripodmvr wrote:Vroulief vertel my nou dat die' geskenk van my en haar ma baie vir haar beteken. Ek onthou goed hoe die skaaptjoppies van die halwe skaap geproe het (R12 vir 'n halwe skaap in die 70's)
Nou kan jy n 160g tjoppie kry vir R12
Inflasie is nie n nuwe ding nie.
Een keer n maand daar in die mid 1960's het ek saam met my pa daar in Pietersburg waar ek grootgeword het, na Springbok slaghuis gegaan - hy was daar onder in die dorp net langs die Oase supermark van ouds. Die halwe skape het daar in die venster gehang en dan het hy een uitgesoek wat so by die R 5.00 gekos het. Hy was nogal ontsteld die dag toe die pryse hier na R 6 - R 7 n halwe skaap gestyg het. Altyd gese hy wil nie die dag beleef wat n halwe skaap R 10 gaan kos nie.