Middag almal ek wil graag n nuwe sneller vir my 6mm insit wat op n lee enfield gebou is. Watter kry n mens als en wat sal julle aanbeveel.
Groete
Jacques
Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
- WSM
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am
Re: Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
Middag Jacques
Ek sou 'n Thor aanbeveel het.
Hy is verstelbaar, het geen voortrek nie en redelik eenvoudig om te installeer.
Mooi bly
Ek sou 'n Thor aanbeveel het.
Hy is verstelbaar, het geen voortrek nie en redelik eenvoudig om te installeer.
Mooi bly
RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
Jacques, ek het 'n Lee Enfield No4Mk2 303 waar ek 'n Thor sneller in gesit het. Ek kyk nie 'n oomblik terug nie. Geen voortrek nie en verstelbaar, breek mooi skoon. Ek het die sneller by Thor self gekoop maar by 'n ander wapensmid laat insit, maar kan ongelukkig nie onthou wat die koste was nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nuwe sneller vir Lee Enfield wat befeel julle aan.
Die installasie van die Thor sneller is nogal belangrik. Soek 'n wapensmid wat dit al voorheen reggekry het. Afhangende van die model geweer, moet daar metaal verwyder word en gate geboor word. Die "half cock notch" gaan ook nie meer werk nie, wees maar versigtig as jy die gewoonte het om dit as veiligheids-knip te gebruik. As hy reg ingesit is, gaan jy die Thor sneller baie geniet.