Page 1 of 1
Knaldemper
Posted: Wed Oct 12, 2016 2:58 pm
by Johan7
Wat is die beste - staal of aluminium knaldempers? Ek wil nie stainless vir my 243 opsit nie, dit gaan nie goed lyk op my geweer nie. My wapensmit verkoop net aluminium, want staal is "onprakties". Ek wil egter die staal roete gaan. Is ek reg om so te dink? Ek het 'n staal knaldemper op my 308. Effe swaar, maar ek kom dit nie eens agter nie. Ek weet aluminium raak nie so warm nie, wat goed is as jy 'n paar skote na mekaar skiet. Maar dan het dit ook nie veel van 'n kap nodig om uit alignment te raak nie. Ek lees aluminium knaldempers se lewe is ook nie so lank nie. Wat stel julle manne voor?
Re: Knaldemper
Posted: Wed Oct 12, 2016 3:14 pm
by FCLoretz
Silent hunter se knal dempers. Hy is ook 'n lid hier, hy is van Bloemfontein.
Re: Knaldemper
Posted: Wed Oct 12, 2016 3:36 pm
by Boesman10
Ek het 'n staal knaldemper wat op my Remington .308 was wat ek afgehaal het en 'n AimZonic opgesit het. Jy is welkom om hom oor te neem vir R800.
Re: Knaldemper
Posted: Wed Oct 12, 2016 3:38 pm
by Viking
Johan7,
Knaldempers raak 'n BAIE emosionele onderwerp op die forum...
Koop plaaslik...naby jou blyplek sodat die ouens wat opsit ook jou pyne kan aanspreek.
In die Kaap koop ek ERC knaldemper
Re: Knaldemper
Posted: Wed Oct 12, 2016 3:48 pm
by Johan7
Boesman 10, ek soek 'n knaldemper vir my 243. Ek het 'n knaldemper vir my 308. Kan 'n mens die 308 s'n op die 243 skroef? Sal hy werk?
Re: Knaldemper
Posted: Wed Oct 12, 2016 6:59 pm
by alecjohnson
Johan7 wrote:Boesman 10, ek soek 'n knaldemper vir my 243. Ek het 'n knaldemper vir my 308. Kan 'n mens die 308 s'n op die 243 skroef? Sal hy werk?
Ja jy kan
Sent from my Titan6575-SA using Tapatalk
Re: Knaldemper
Posted: Wed Oct 12, 2016 9:04 pm
by Viking
Sit n 243 demper op n 308....dan soek jy hom na die skoot en eis vir jou n 308 demper by die versekeraars
Re: Knaldemper
Posted: Thu Oct 13, 2016 7:59 am
by Sangoma (IAN)
HOG Silencers werk ook bitter goed.
Re: Knaldemper
Posted: Thu Oct 13, 2016 3:44 pm
by Boesman10
@johan7 - jy hy sal werk. Waar in die land is jy?
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Knaldemper
Posted: Fri Oct 14, 2016 8:19 am
by Johan7
Ek het by Henk Viljoen vir my 'n Silent Hunter gekoop. Wat is julle manne se ondervinding met die ding? 180mm met 10 kamers.
Re: Knaldemper
Posted: Fri Oct 14, 2016 8:27 am
by andre007
Johan7 wrote:Ek het by Henk Viljoen vir my 'n Silent Hunter gekoop. Wat is julle manne se ondervinding met die ding? 180mm met 10 kamers.
Hy loop soos stroop
Re: Knaldemper
Posted: Fri Oct 14, 2016 8:57 am
by JOHAN VAN VUUREN
Julle kan gerus ook Numenor se suppressors bekyk. Ek het op my .375, .308 en AR en die gehalte beindruk my.