Blesbok Skootplasing

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Blesbok Skootplasing

Post by BLOK »

Ek het die seisoen nou al verskeie blesbokke vinnig gesien val met skote wat te ver agter en te hoog geskiet is soos op die foto illustreer. Nou my vraag, nadat ek nou gesien het hoe vinnig hulle val met so skoot en met die min vleis skade wat die skoot gee, (elkekeer net ribbe ingangs en uitgangs wonde) is dit nie n beter skoot as die normale hard en long skote wat ons aan gewoond is nie. Beter nie in die sig van beter doodmaak nie maar ook in ag geneem die min vleisskade.

Blok
[img width=560 height=370]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... ure1-1.gif[/img]
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Blesbok Skootplasing

Post by martinf »

Blok

Ek het self 'n blesbok bietjie regs onder jou kol geskiet en die blesbok het ook vinnig 'n nose dive gemaak. Bitter min vleis skade. Seker nie waar mens moet skiet soos jy stel nie.

Maar dit het vir my ook gewerk.
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by erx »

Hi Blok en martinf

Mis jy die pens as jy daar skiet?

Groete
erx
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by Ponkie »

BLOK

Ek het self verlede naweek 3 koedoes hoog en ver agter die blad geskiet. As ek kyk na jou skootplasing sal ek se een van my skote was selfs nog bo die groen kol. Ek het die bo-punt van die long getref. Die Nosler Bat Tips het BAIE min vleisskade gemaak. Gaatjie weerskant deur die ribbes.

Seker volgens die kundiges nie die perfekte skootplasing nie, maar ek mis steeds die pens en die vleisskade is min.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by tripodmvr »

Tref heelwaarskynlik die lewer wat 'n baie groot skok effek het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by BLOK »

Erx

nie een van die wat by my geskiet was het pens geslaan nie, en die skade aan die longe was baie groot wat my laat wonder het le n blesbok se longe nie ook soos sommige katspesies verder terug as die norm nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Blesbok Skootplasing

Post by martinf »

@ erx

Ek het nie op my skoot pens getref nie. Maar die skoot kan nie tever van dit af wees nie.
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by erx »

Dit maak sin blok, kan ook heel moontlik wees soos tripod se

Groete
erx
Danie Lombard .243

Re: Blesbok Skootplasing

Post by Danie Lombard .243 »

My vrou Yolandi het paar winters terug 'n swartwildebees ook so geskiet, ek sal se haar skoot was dalk 'n knerts hooger as die groen kol. Daai swartwildebees het op die plek morsdood neer geslaan, ek het nog nooit 'n bok so sien neerslaan met 'n lyfskoot soos daai swartwildebees nie. Ook min vleis skade.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by DawieKotze »

Dis soos tripod s? - lewerskoot maak so, maar as die bok effe meer dwars staan, skiet jy die maag ook raak. So wees maar versigtig!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by BLOK »

So

Almal stem saam, as n blesbok mooi plankdwars staan en te ver is vir kopskoot sal dit n goeie skoot wees met min vleisskade. Soos Ponkie se net ingangs en uitgangs wond by die ribbes.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by gideon »

Blok

Daardie groen kol wys die vertikale lyn om voor te gaan bietjie bo en onder maak nie saak nie hy sal val. Net solank jy agter dai voorbeen inkom en groot bene mis.

Op blesbok bly ek net weg van die nek af.

net my 2 sent
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by Cobus(Cobb) »

gideon wrote: Op blesbok bly ek net weg van die nek af.

net my 2 sent
Gideon, s? gou vir my hoekom.....rede vir my vraag is my blesbok..nek skoot(laag), seker 2 minute gel?, toe op, hol so 20m, bollemakiesie, weer gel?, weer op en weggestap...agter linker oor was die coup de grace
Waar hy eerste keer geval het was BAIE bloed...ek het al baie oor daai skoot gewonder

Dalk sal jy hom nou vir my kan antwoord
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Blesbok Skootplasing

Post by Piet Breedt »

Ek dink daardie skoot sal die milt ook tref, en die lewer wat n vinnige briek is. Bietjie laer en jy het moeilikheid. In die pens in.
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by gideon »

Cobb.

Weet nie of ek die antwoord het nie, net my opinie.

Blesbok dra nogal baie vleis in sy nek, so dit is baie moontlik om net  vleis raak te skiet en die vital goed te mis." Werwels en slagaar". het baie manne gesien wat vir die nek gaan en dieselfde resultaaut as wat jy beskryf kry. Die ander probleem wat ek met die nek het is dat as jy werwels slaan is daar redelik baie skade. En  juis omdat daar baie vleis in sy nek is verloor jy ook baie vleis. My ondervinding met belsbokke is dat hulle ook meer gehard is as wat die meeste manne erken, jy moet hom " raaksiet" anders hardloop hy heeldag.

Op blesbok verkies ek kop, maar as ek vir die blad moet gaan, probeer ek net agter die voorbeen inkom. Met twee gaatjies deur die ribbes kan ek saamleef. Die hoek waarteen jy hierdie skoot maak speel 'n groot rol. 
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by DawieKotze »

gideon wrote: Cobb.

My ondervinding met belsbokke is dat hulle ook meer gehard is as wat die meeste manne erken, jy moet hom " raaksiet" anders hardloop hy heeldag.
My ondervinding met belsbokke is dat die goed ewig wil baklei met my en nie wil stilstaan nie!! ;D ;D

Sorry Gideon - natuurlik weet ek wat jy probeer tik het!!

Bly ook weg van 'n gemsbok se nek af - ek het dure les geleer op my heel 1ste een so 35 jaar terug.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Blesbok Skootplasing

Post by Janjak »

Ek self sal op daai skoot bang wees vir die pens, gewoonlik stel ek voor net agter die blaaie deur die ribbetjies. Min vleis skade en hy gaan redelik vinnig af.
Vir die nuwe jagters beter op die skouer.
Baie ouens is lief vir die kop skoot op die blesbok - as jy kan, gooi hom - maar hou net in gedagte hy is meer kakebeen as enige iets anders en dan hardloop hy gewoonlik heel voor, heel dag.
Post Reply